Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Punk in plakkies – Die lament van ‘n lui anargis

$
0
0

Hannes Brümmer is die punk in plakkies. Die lui anargis. ‘n Versigtige aktivis. Die bra se eerste volwaardige stand-up one-man show beloof om insig te gee tot sy unieke lewenssiening en ‘n wye verskeidenheid onderwerpe word ge-tackle. Met skreeusnaakse gevolge praat hy (amper) kaalvoet die waarheid oor die uitdagings betrokke by rewolusies vanuit ‘n couch. Dis moerse exiting dat so iets dit finally tot op ‘n stage maak en ons gaan vir-fokken-seker daar uitslaan. Lekker melk-by-die-neusgate-uit vibes.

Sy materiaal is ‘n sameflansing van ‘n tien jaar lange stand-up loopbaan met ou onderwerpe wat nuwe lewe vind in heroorweging en nuwe waarnemings wat vrug vind in vertoning. Jirre, daai was nou ‘n mooi Afrikaanse sin, huh? Dan is daar die netelige sakie van ‘n onlangse toevoeging tot die gesin wat alle vorige filosofieë handomkeer verander het. Dis mos fokken lekker om pienkvoete te kry. Om sy dekade in die comedy wêreld te celebrate bied Hannes Brümmer almal die eksklusiewe geleentheid om dié eenmanvertoning eerste te sien, met ‘n vertoning van Punk in plakkies – Die lament van ‘n lui anargis.

Dit vind hierdie Donderdag, 12 November plaas by die Asbos Teater (Lynnwood Road in Pretoria)  en Woensdag, 18 November by die Centurion teater (123 Amkor road). In beide gevalle 20:00 die aand. Los maar die kindertjies by die huis. Daar gaan geswets word, ou pellie.

Tickets is slegs R100:
Asbos teater
Centurion teater

Watkykjy gee ook twee dubbelkaartjies weg vir die Centurion show.
Al wat jy hoef die doen is om op die event se FB page te gaan comment en te tune hoekom jy die kaartjies soek.

Volg Hanes sommer op Twatters ook. @Maaskaas
hannes-brummer-punk-in-plakkies


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127