Ek was nog nooit ‘n moerse Parlotones fan nie. Ek erken Kahn en kie doen goed in Azania en hulle is die ambassadeurs van SA Indy poprock oorsee. It’s all good. But it’s just not for me. So ek moet bieg, ek was bevooroordeeld toe ek sien Glen Hodgson is die een helfte van die Lost and Found duo. Maar my vooroordeel het soos ‘n stukkende horlosie se wyser in die middel bly vashaak toe ek bietjie gaan rondsnuffel het oor die band. Jason Oosthuizen van Van Coke Cartel, Fokofpolisiekar, Black Cat Bones en One Day Remains faam is die ander helfte van die Lost and Found duo.
“Interesting” het die Rolbees gedink. Maar selfs voor ek die musiek gehoor het is ek nader getrek deur die opregte positiwiteit van dié offering. En wie kan nou nee sê vir positiwiteit? Op die buitenste cover pronk ‘n foto van Slash. Nee, nie Guns and Roses se kitaarslaner nie. Jason se cool brakkie met sulke kief sonbrille op. Op die binneste cover van die CD staan daar lekker groot geskryf: “ENJOY!” Eenvoudig en kragtig. Die album skop af met ‘n hele aantal upbeat tunes met positiewe earworm lirieke. Lost and Found, She Takes Over en Clocks. Jirre, dankie tog vir nog ‘n band wat dit goedvind om hulle lirieke vir ons in die CD boekie te openbaar. In die nineties, het jy dié tipe musiek gereeld op die radio gehoor. Daai slightly meer positiewe Britpop alternative vibes. Die nineties kon maar depressing wees as jy, soos ek, te veel Nirvana, Metallica, the Cure en Nine Inch Nails geluister het. Maar jy kon nie in ‘n kak bui klas toe gaan as Boo Radleys se Wake up Boo of The La’s se There She Goes begin speel het nie. Selfs met ‘n hangover.
Die eerste drie tunes op Lost and Found is daai tipe vibes. The soundtrack to your student life. Dis ‘n reminder om jou jong dae te geniet voor jy moet begin om rekeninge en belasting en kak te betaal. Jissus, who can like to adult these days? Maar jy hoef nie ‘n student te wees om die musiek te geniet nie. Dié van ons wat altyd jonk van gees sal bly behoort dit stukkend te smaak. Back in the day sou hierdie songs baie airplay gekry het op studenteradiostasies. Weet nie van nou nie. Radio Tuks, julle suig!
Anyway, dan raak die mood van die album bietjie meer ernstiger. Learning How to Lie begin met ‘n rofgat Fokofpolisiekar riff en die musiek raak meer rocking. Die lirieke swaai ook so bietjie in ‘n ander rigting in. Wel, hier is solank ‘n hint oor die tema van die album:
Here I am drinking all this booze
Locked up in my hotel room
I stopped checking for demons
Once I realized they live inside of me
And I’m learning how to lie
Everyday of my life
New Song, When I Die en Faceless Man is steeds alternatiewe pop rock maar bietjie donkerder en die songs het, soos Learning How To Lie, ook lirieke wat meer introspektief en melankolies oorgedra word. Dis duidelik dat persoonlike struweling en heelwat betekenis belê is in die kreatiewe proses van hierdie liedjies. Die rede? Glen Hodgson het besluit om sy lewe te verander en om soberheid te probeer. Ja, what was he thinking, right? Maar dis seker ook hoekom ek in my onderbewussyn ook aanklank vind by die album. Ek het self bietjie die sous begin afskaal.
Go Back Again, Don’t Remind Me en Turn Back Time het dieselfde mood maar is uit-en-uit liefdesliedjies. Rustig, akoesties en melodieus – ‘n trilogie van nostalgie, spyt en tweede kanse. Don’t Remind Me is my gunsteling song op die album. Genuine fokken beautiful.
Die album as ‘n geheel gaan oor vernuwing, wat dit beteken om ‘n nuwe rigting in te slaan, fokus op dinge wat in die verlede skeef geloop het en beklemtoon die voordele en belonings van ‘n nuwe positiewe lewenstyl. Dit sal nie op my long-term everyday listening tunes stash opeindig nie maar ek like die album kwaai. Ek gaan dit vir ‘n hele ruk lank nog luister en geniet! Check dit uit of jy nou verlore of gevind is! Drie horings!