Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Cadillac Sun het so paar happe kom maak en kak gepraat

$
0
0

Cadillac Sun is tans ‘n relatief onbekende rock band in Suid-Afrika, maar hulle het met hulle debut album, Rock ‘n Roll, een van die beste produced albums uitgebring wat ons tot dusver in 2016 te luister gekry het. Die ouens het kakhard gewerk oor ‘n tydperk van min of meer ‘n jaar om iets moerse slick en energiek uit te bring. Rolbees het so twee maande terug ‘n review oor die album gedoen in case jy dit gemis het. Al die links is daar om dit op iTunes te koop as jy dit so erg like soos wat ons gedoen het, so support jou local rock ‘n roll kerk en gooi ‘n geldjie in daai kollektemandjie.
cadillac sun liveOns vermoed dat hierdie ouens vanaf die Vaaldriehoek (en Fochville, jirre!) net-net te laat was om op Oppikoppi se radar te verskyn en dit sal befok wees om hulle maybe volgende jaar op ‘n befokte groot stage te sien. Kyk uit vir hulle – ons voorspel dat hulle binnekort een van Suid-Afrika se grootse rock bands gaan word. Check Cadillac Sun se Facbook page uit  om te sien of jy hulle iewers live kan gaan kyk. Hulle is ook alreeds besig om aan hulle volgende album te werk en ons sal hulle weer nader sleep vir updates op een of ander stadium. Hopelik surprise hulle ons op dieselfde wyse as wat Van Coke Kartel met elk van hulle opvolgalbums gedoen het. Die hart, die energie en die gees is daar. Jirre, maybe moet ons sommer self weer ‘n tipe van Watkykjy mini-festival party gooi en hierdie ouens op die bill sit. Wat skiem julle?

Rolbees het so bietjie met die ouens gesels, maar check eers gou hierdie video uit vir een van hulle tunes, Broken Bones wat ons gefilm het. Lekker rof en rou.

Die ouens was veronderstel om een Saterdag vroegmiddag net vinnig vir so uur oor te kom vir die interview. Toe ons weer sien was dit al donker en ons almal was aan die kuier en kakpraat gewees. Ons het die video interview verkort na net so oor die elf minute, maar jy is welkom om na die hele interview van sowat 25 minute lank op Soundcloud te luister hieronder.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127