Vanaf 25 November 2016
REGISSEUR: David Yates
ROLVERDELING: Eddie Redmayne, Katherine Waterston, Dan Fogler, Colin Farrell, Samantha Morton, John Voight
As jy weet wat ‘n muggle is, jy kan AvadaKedavra met jou stokkie en jou stokkie het hom verbeel jou fugly varsity squeeze is Hermione, gaan jy ‘n oepsie in jou broekie kry van lekkerkry oor die nuwe JK Rowling franchise, “Fantastic Beasts and Where to Find them”.
Die fliek vat jou na ‘n nuwe era van J.K. Rowling se Wizarding World, dekades voor Harry Potter, na ‘n land that shall not be named AKA Trumpville. Dis donker tye in die Wizarding wêreld van 1926 New York. Iets geheimsinnig donner die strate van New York behoorlik op, en dreig om die wizarding community te ontbloot aan die No-Majs (Yank vir Muggles). Onbewus van die dreigende gevaar, daag pommie Newt Scamander (Eddie Redmayne) in New York op, wat die laaste bestemming van sy wêreld reis is waar hy magical kreatiertjies red en bestudeer vanuit sy leer aktetas.
Pandemonium breek los wanneer van die wesens ontsnap in die strate van New York, en dit terwyl alles reeds poespasserig is as gevolg van die broeiende oorlog tussen goed en sleg. Tesame met sy nuwe makkers, No-maj Jacob ( Dan Fogler), potensiële shag Tina (Katherine Waterston) en Tina se sister, Queenie (Alison Sudol) moet hulle die kreature bymekaarmaak voordat hulle hulself ontbloot en in gevaar stel. Maar die spel is hoër as wat die vier ooit kon raai, wanneer hul missie hulle op ‘n collision course laat beland met die donker magte wat die wizarding- en No-maj wêreld dreig.
Mens wil amper dink dat die karakter Newt Scamander geskryf is vir Oscar wenner Eddie Redmayne (“The Theory of Everything,” “The Danish Girl”) wat die kak uit die rol uit speel. Die ginger is hot property in Hollywood op die oomblik, en met sy quirky aantreklikheid en die moeitelose manier waarop hy in ‘n rol glip is dit maklik om te sien hoekom. Alhoewel die rolverdeling meestal spot on is, is Jon Voight se casting as Henry Shaw Senior, US senator Henry Shaw se pa, effens bisarre vir twee redes. Eerstens is dit art imitating life dat sy rol basies net van hom vereis om ‘n asshole van ‘n pa te wees? (onthou Angelina mos). Dan is hy ook ‘n uitgesproke Trump skoothondjie wat homself bevind in ‘n film wat volgelaai is met anti- nasionalistiese allegoriee.
Die fliek is ‘n fees vir die ogies, en jy kan gerus ekstra zak spandeer om dit in 3D te kyk. Dis duidelik dat die fliek verfilm is met die intensie om dit 3D vriendelik te maak, en voel nie geforseer as ‘n nagedagte wat mens gereeld in 3D films sien nie. Met al die gediertetjies en ander elemente wat rondvlieg en val en zoem gaan jy jouself net moet inhou om nie soos ‘n nool jou handjies rond te swaai om fokol te probeer gryp nie. Die animasie en special effects is spectacular – dink Harry Potter op steroids en dit dra by daartoe dat jy die flouerige storielyn kan vergewe.
Die draaiboek wat ook geskryf is deur JK Rowling, is geinspireer deur die Hogwarts teksboek Fantastic Beasts and Where to Find Them, geskryf deur die karakter Newt Scaman, wat jy sal onthou as jy mooi opgelet het in die klas. Hierdie fliek is ‘n heerlike fantasie fix om jou in die bui te kry vir die seisoen waar mense kersfeesliggiebefok raak, en gaan jou vir ‘n paar ure op ‘n Potter high van ouds hou.
Pippiepunt – 8/10
Kyk die trailer hier: