1) Pssst. Sukkel jy met linkerbaldisleksie? Pssst. Is jou hakke skurwer as ‘n roomyskombi-oom se gedagtes? Pssst. Kruip daai toonnael dieper onder jou vel in as Baby Tjoklits destyds? Moenie worry nie! Daar’s ‘n kerk in Limpopo waar Profeet Lethebo Rabalago sommer met ‘n spuitkannetjie Doom van al jou kwale en skete ontslae kan raak. Pssst… Kyk, mens wil nou nie preek vir die mees gulliblestes onder ons nie, maar as jy so ‘n lekeprediker se spuitpoep opvreet vir soetkoek, wel dan my maat was al daai Pssts hierbo vir jou.
2) Bra Hlaudi beweer die vorige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, is rassisties. Hoe anders verklaar jy die feit dat sy nooit enige witmense vervolg het nie? Aldus Ou Rooi-oog. En dan volg hy dit op met hierdie juweeltjie: “Ek is hier om Suid-Afrika te lei of hulle nou daarvan hou of nie.” Iemand se varkies is duidelik nie almal op hok nie. Bid jou aan… ‘n verkiesing waarin Suid-Afrika moet kies tussen Hlaudi en Steve Hofmeyr. Ek gorrel eerder perdypis.
3) Faf du Plessis, kaptein van Suid-Afrika se kriekettoetsspan, is in die tweede toets teen Australië in Hobart, Tasmanië, op kamera verfilm terwyl hy die met die bal gepeuter het. Dubbel standaarde!!! Daar word niks gemaak van die hele Springbokspan wat glad nie met die bal gepeuter het in hul nederlaag teen Italië nie! Boonop word Faf toe skuldig bevind en beboet omdat hy spoeg aan die bal gesmeer het. Bal peuter? Sit die NG-Kerk hieragter?
4) Inwoners van ‘n woonstelblok in Pretoria poef almal tans by vriende nadat ‘n moerse giftige kobra in een van die woonstelle se toilette gevind is. Maar in ‘n poging om die politikus… ekskuus, slang, uit die toilet te verwyder het hy net teruggeseil in die pype in en hy klou blykbaar soos kak aan ‘n wolkombers. Die inwoners pik almal nou verward want die SABC-hoof… ekskuus, slang, kan enige tyd weer sy opwagting maak en daarom word almal gewaarsku om mooi na die troon te kyk aangesien die president… ekskuus, slang, dalk nog lank gaan vasklou aan sy lekker posisie.
5) Dis Black Friday. Daarom gee watkykjy jou nou 20% afslag op hierdie weeklikse tirade. VAT VIER in plaas van VAT VYF. Naais van ons né? O ja, en onthou om ons vir more se befokte rock show te join.