Zefshop het so ietwat van ‘n revamp gekry nadat ons dit in die son, wind en weer gelos het soos ‘n rooikopsttiefkind vir die afgelope paar jaar. Ons moet nou ook bietjie skoonmaak, so die stock wat oor is en op die oomblik plek opneem en in al die laaie en kaste lê, se pryse is gedrop na 2009 tipe pryse. En ons gaan nie weer dieselfde reekse laat maak nie. Tyd vir iets nuuts. Die idee is om bietjie zak in te kry om nuwe stock aan te koop, maar ook om bietjie in ‘n ander rigting in te slaan en bietjie ‘n wyer range van cool en vreemde produkte uit te sit. Ons het ‘n kakhuis vol kief stuff oor die laaste twee jaar aangekoop wat ons weekliks in stock gaan sit en baie van dit gaan dalk once-off items wees: vintage boeke, speelgoed, comics, board games, tapes, CDs, PC games en vinyl. Stuff wat jy nie sommer gou weer in winkels sal sien nie.
Ons gaan probeer om elke Maandag nuwe items te laai, so hou jou ogies oop!
Hierdie week is daar byvoorbeeld drie befokte refurbished Lenonvo laptops teen bang-for-your-buck pryse!
Check die specs van die Lenovo T420s:
120 gb SSD hard drive
Core i5 2.50GHz processor
8gb RAM, Integrated webcam, BlueTooth, Wifi, removable DVD writer, SD card reader, anti-glare 14.1 inch screen, 1600 x 900 resolution, USB 2.0, VGA, LAN, displayPort, headphone/microphone combo jack, powered USB 2.0, USB 3.0,
Gelaai met 100% legal Windows 10 Professional
Klein en kompak – weeg 1,5kg
Battery life van ongeveer 90 min.
Hierdie outjies is moerse workhorses en dié van julle wat in IT werk sal hom reeds ken. Hulle het oorspronklik met 4GB RAM en 340gb hard drives uitgekom met Windows 7. Dié wat in Zefshop in stock is, het 8gb RAM en kom met ‘n 120gb SSD drive en Windows 10 Pro wat hom kakvinnig maak. Ons het dit met Photoshop getoets en dit maak oop in onder 4 sekondes. Fokol wielietjie wat draai en wag en koffie maak nie. Ideal vir ‘n admin laptop vir jou graft. Hierdie outjie behoort nog vir jou goeie werk te lewer vir die volgende 5 tot 7 jaar na sy upgrade en shoe-shine wat hy by ons Certified Microsoft Refurbishers gekry het.
Shipping is R99 vir Postnet to Postnet, of delivery as jy binne ‘n billike afstand in Pretoria bly en surroundings bly.