Wah Gwaan Duppy Conquerers an’ Ruggamuffins? Wich paaat di paaty deh? (Ok, ek sal ophou.) So, mi like dis reggae ting. So what, mon? (Ok, daar hou ek nou op).
Ek weet nie hoe goed reggaemusiek (histories) in SA verkoop het nie, maar ek wonder wel soms hoeveel mense van verskillende kulture in ons land almal reggae gesluister het in die late seventies en eighties? In die townships, op die grens en in wit woonbuurte? Jy hoor die stories, maar meeste Suid-Afrikaners het nou nie juis notes compare met mekaar daai tyd nie. Vir julle filmmakers is dit dalk nog ‘n onderwerp vir ‘n eg Suid-Afrikaanse dokumentêr?
Ek wonder ook soms hoe die armer mense die oorsese musiek in die hande gekry het? Obviously radio, TV en platemaatskappye. Maar daar moet stories agter die obvious kort antwoorde wees. Ek onthou Bob Marley se hit song, Buffalo Soldier het in die vroeë tagtigs op die radio gespeel want my nefie het dit heeltyd gesing om my te irriteer. Nòg ons, nòg die sensuurraad het verstaan waaroor die lirieke gaan. Eddy Grant se Gimme Hope Johanna was verban op radio maar almal het dit nog steeds geluister en niemand is gearresteer nie.
Ek onthou UB40 se musiek was ook vrylik beskikbaar by die OK Bazaar, Hyperama en Pick ‘n Pay. Oyaba se video, Tomorrow Nation was op SAUK TV-kanale. Koos Kombuis en Bernoldus Niemand het elkeen ‘n reggae song record in die Voëlvrydae. Rastaman soek sy lip ice en Reggae vibes is cool! Anton Goosen het Danzer saam met Lucky Dube opgeneem. Baie jare later het Tidal Waves die fakkel oorgeneem. O ja, en moenie die kulturele beweging wat Tings ‘n Times in Pretoria was vergeet nie! # Dis about hoe ver my kennis strek. Fok weet wat van reggae die afgelope dekade geword het?
#IfYouCanRememberTingsNeverEverForget!
However, ek het die afgelope jaar weer ‘n paar SA reggae, ska en ragga dancehall bands online en live gesien. Dit het my laat wonder of die musiek nog lewe en wie die fakkel vorentoe gaan dra? Hier is so paar kandidate:
Daaf Vapor se Babylon Bong is ‘n pret, humoristiese ragga dancehall song:
Calling Kingston se Live studio version van Once Again is energieke ragga-rap-dance hall vibes:
Zionruts Family se mindblowing performance verlede jaar op die Distilled Sessions bly nog een van my gunstelinge. Een van die mense op Youtube het selfs ge-comment en gevra of dit for realzies in SA verfilm is?
Hierdie band het nie veel content op die interwebs nie, maar ek kan ‘n kief reggae sound hoor, selfs al is die video se kwaliteit kak. Meesh Mash, wat ‘n awesome cover van Lucky Dube se ‘Prisoner’!
Mmmm, en waarmee is Tidal Waves nou besig?
Al wat ek kan sê is:
Stuur nog hierdie kant toe en maak asseblief nog ‘n kakhuis vol reggae vibes! Die somer is aan die kom en ons makeer ‘n moerse reggae beweging hier in Mzansi!
Inna di morrows, brotheren en sisteren!