Times are tough. Die pryse van (basies) alles styg al hoe meer elke dag. Eskom mag dalk net ineenstort. Global warming en aardsbesoedeling was toe nie net ‘n foppery nie, nê? Werk is skaars en likwidasies volop. Die regering wil hulle vuil vingers in jou retirement piggy bank forseer. Moenie worry nie, want die wêreldekonomie gaan anyway voor dit alles inmekaartuimel.
Of so sê hulle. Al weer. NHI? Eerder in a pig’s eye. Wie gaan wen terwyl alles om ons in duie stort? Sjina of die VSA? Who cares? Trade wars are upon you whether you would risk it or not. Dankie, ou Oranje Trompetjie. Dankie, Tolkien. Wag net tot daai Boris stooge met Brittanje klaar is en daarna Europa ook. Ja, mense trou weer vir liefde en nie meer vir geld en sekuriteit nie. As alles kak en ons maak oorlog oor water en eet pampoensade en blikkieskos elke dag, hoop ek net ons het darem nog musiek oor. En ‘n bietjie humor.
So, in plaas van die nuus om agt, kyk eerder so paar musiekvideos om jou gemoedsbekakkings te verminder. Vir die diepdenkende, arty-farty en sosiaalbewuste musiekliefhebbers bied ons aan: Somerfaan se Would you let me in?
Lyk my hulle het al lankal besef daar is kak in die land van Kanaän. Oorlog, onsedelikheid, ontydige dood, mense wat te apaties is en mense wat in vrees lewe. Dagga wat verban is. Moenie worry nie, daggakoppies. Dit lyk darem of die internasionale tendens is om giggelgras stadigaan wettig te maak. Ja nee, ek weet daar is te veel vrae oor goed en kwaad. Eksistensiële krisis, much? Spiritualiteit vs godsdiens? Wat de fok maak ons almal hier? Ek weet ook nie.
As jy nie te veel wil dink of analiseer nie maar eerder meer wil voel (ten spyte van al die bad blood wat die wêreld veroorsaak) try ‘n meer nostalgiese klank. Check bietjie Hollowbody se video Bad Blood (Live in Studio) uit.
Tomas Taljaard en Dirk Jordaan het eers classic rock gemaak maar hulle wou dieper in Americana delf met hierdie projek. Dis ou traditional blues, vintage folk, bluegrass en swampy tunes. Dink Howlin’ Wolf, Son House, Leadbelly, Doc Watson, Bob Dylan, John Hiatt, Ry Cooder en Tom Waits. Outentieke klanke hierdie, hoor. Jirre, daai vocals. What a vibe. Hy loop mooi!
As jy iets meer vlak en cheesy soek gaan soek op ‘n ander plek. The Catharina se Feed On (Live in Studio) het my baie aan Livingston se laaste donker album laat dink. Dalk die bass en kitaar se tone? Dalk die struktuur wat boeiend is maar terselfde tyd ook eenvoudig? Die vocals het lekker draaie en die production klink minder gepoleerd as honderde studio takes wat aanmekaar geplak is. So dit gee ‘n live club gevoel. Lekker donker love tune. As ek my amateur producer hoedjie opsit hoor ek dalk net ‘n geleentheid om bietjie meer prominente en moderne keys in te gooi. Net om ‘n paar spasies te vul. Daar is magic daar in elk geval.
Moenie te veel stress nie. Sit julle headphones aan en fok die res.