Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Hoogs aanbeveel: kyk An Act Of Defiance hierdie naweek en leer bietjie iets oor ons land!

$
0
0

An Act Of Defiance is ‘n SAFTA-benoemde film wat die verhaal van Bram Fischer vertel: ‘n bekende prokureur, simpatiek teenoor die land se versetbeweging tydens apartheid. Hy plaas sy vryheid en loopbaan op die spel terwyl hy ‘n groepie politieke aktiviste, vernaam Nelson Mandela, probeer verdedig. Hierdie ouens staar moontlik doodsvonnis in die gesig as gevolg van aanklagte wat spruit uit sameswering om sabotasie te pleeg nadat hulle in hegtenis geneem is tydens ‘n klopjag op die plaas Lilliesleaf in Rivonia. Dit was in die somer van 1963 en dis die tydperk waarin die movie ook vanselfsprekend afspeel.

Jy gaan nou doodeerlik met jouself moet wees en erken dat jy glad nie nie storie van Bram Fischer ken nie. Hierdie movie help ons om alles mooi in te kleur – ons ontmoet Bram Fischer se familie en vriende, maar ons kry ook baie realisties te doen met die dialoog en die verkeie persoonlikhede van daardie tydperk se anti-apartheid movement – al die whities wat betrokke was, al die defendants en beskuldigdes, die aanklaers en die legal counsel. Ons leer ook meer van die Afrikaner-veiligheidsmagte van die gevreesde apartheidstaat en hoe hulle destyds hul uiterste bes gedoen het om ‘n groep mense wat hulle met soveel haat beskou het, voor die gereg te probeer bring. Ons kry ‘n duideliker prentjie van die besonderhede van die verhoor en ons leer ook so bietjie iets en kry iets om oor na te dink…
Die Nederlandse director, Jean van de Velde het ‘n fantastiese job met die movie gedoen en dit het boonop 8 awards en 2 nominations ingepalm, waarvan een van hierdie awards aan Antoinette Louw gegaan het vir best actress by die Cape Town & Winelands International Film Festival, vir haar rol as Bram Fischer se vrou, Molly Fischer. Die ander akteurs het ook briljante werk gedoen en ek was gelukkig genoeg om dit eersthands te ervaar, omdat ekself ‘n klein rol as ‘n extra in die movie gekry het. So, vir agt naweke in ‘n ry, kon ek vir myself sien hoe hierdie hele movie-besigheid werk en reg voor my lewe kry. Jy gaan die movie self moet kyk om te sien of jy kan uitfigure waar ek myself ingewurm het. Die akteurs wat veral vir my uitgestaan het tydens die verfilming op stel sowel as in die film self, was:  José Domingos as Percy Yutar, Sello Motloung as Nelson Mandela, Hannes Brummer as Bob Hepple, John-Henry Opperman as Denis Goldberg, Greg Viljoenas Lionel ‘Rusty’ Bernstein en natuurlik Peter Paul Muller as Bram Fischer. Wat ook baie verfrissend was, was om vir Wille Esterhuizen (probably vir die eerste keer ooit) in die rol van a bad motherfucker te sien – ‘n apartheids cop. Ons is so gewoond daaraan om hom in stupid rolle te sien in fodder soos Mollie en Wors, Poena is Koning en daai klas van movies. Daai toiletafrikaans kak. Bêre daai poepkussing eers. Ons kan later weer grappies maak. Willie is seriously ‘n fokken goeie akteur!
Die film het die tydperk van die sestigs in Suid-Afrika bykans foutloos vasgevang – van die klere, die props, die ou karre met die ou Transvaal nommerplate tot die colour grading en behandeling van die eindproduk self. Die verhoor is ook in die actual Palace of Justice in Pretoria verfilm, kompleet met die ou vlag en alles. Daar is soveel aandag aan intricate detail gegee en absoluut niks is oorgesien nie! Even die dokumentasie en hofstukke wat as props gedien het – dis nie noodwendig iets wat deur die kameras opgetel is nie, maar dit was afskrifte en dokumente van die actual Rivonia trial. Tot die tekeninge van gebouplanne en die sketse van bomme en handgranate wat deel uitgemaak het van die destydese komplot. Ek het daai props met my eie hande vasgehou en was dik impressed en kind of horrifed ook.

Natuurlik was die make-up en kleredrag ook legit. Continuity was kakbelangrik en tussen scene changes is daar hordes fotos op etlike iPads geneem om seker te maak alles is nog oud en in hulle plek. Ek het op ‘n stadium ook een van daai ou 60s blou SAPS polisie-uniforms aangehad en ek het soos ‘n proper poes gelyk en gevoel. Dit was aan die heel begin van die Pretoria scenes en genadiglik is ek ‘n ander rol gegee. Fuck da police!

Op stel het ek tussen takes en breaks gestaan en kyk hoe die editors deur die footage gaan van die vorige dag en weke en toe ek vir die eerste keer die scenes met die ou karre sien wat by die Lilliesleaf plaas inry, het ek baie excited geraak, want ek het besef dat daar iets moerse slick en polished op pad was. Ek wou nog altyd net for the fuck of it deel wees van ‘n legit feature film en ek het destyds met Disrtict 9 uitgemis om prawn nommer 231 te wees, maar hierdie movie het vir my meer betekenis en significance. Ek is bly ek kon ‘n klein deel wees van iets moerse.

Hier is vir jou so paar interessanthede rondom An Act Of Defiance

  • Tydens vervilming en produksie, was die film se naam bloot “Rivonia” gewees. Dis was so op al die call sheets en scripts ook aangedui.
  • Peter Paul Muller, wat die hoofrol van Bram Fischer vertolk, is ‘n briljante akteur maar ek het tydens verfilming reeds geworry oor sy Afrikaanse uitspraak. Hy kon net nie daai Hollandse twang skud nie en sy Afrilkaanse uitspraak het fokken hond geklink. Nederlands klink mos maar soos dronk Afrikaans. Dis nie ‘n biggie vir non-Afrikaanssprekendes nie, want hulle sal dit in elk geval nie agterkom met die international release nie, maar as jy (as Afrikaanse Suid-Afrikaner) die original kyk, gaan iets jou ballas begin krap. Suid-Afrika release, het die producers dankgod besluit om sy stem te dub met dié van actor en director Andre Odendaal. Omdat ek gewoond is aan die Nederlander se stem op stel, pla dit my nou weer. Dis egter fokken 100 keer beter as Baasspeurder Faber en Derrick gedoen, so trust my, jy sal totes fine wees: die woorde pas by die lippe, so dit lyk nie soos ‘n 70s karate-movie fokop nie.
  • Sello Motloung wat die rol van Nelson Mandela speel in hierdie movie, het ook toevallig die rol van Mandela se dokter in Invictus (2009)  vertolk. Dis bietjie weird, huh? Dis amper soos om ‘n hoenderboudjie in ‘n eierdegie te braai en dan te maak asof alles okay is? Maar seriously nou – Sello is ‘n baie beter Nelson Mandela as Morgan Freeman.
  • In een scene in die movie word Hilda Bernstein uitgekak om meer versigtig te wees oor wat sy vir haar kinders lees en meer spesifiek Black Beauty deur Anna Sewell. Vir die wat nie weet nie – Black Beauty is ‘n touching storie oor ‘n swart perd se avonture in 19de eeuse England maar die boek was deur die apartheidsregering verban, bloot omdat die woorde “black” en”beauty” in die fokken titel verskyn. I fucking shit you not!
  • An Act of Defiance se budget was geraam op $3m, alhoewel ek gehoor het dat dit nader aan R11m was, maar kom ons gaan maar met die meer impressive Amerikaanse nommers – dis baie fokken laag in Hollywood-standaarde. The Full Monty en Lost in Translation is min of meer vir daai tipe van zak gemaak.
  • Die production het min of meer ‘n crew van 250 gehad wat akteurs ingesluit het en min of meer dubbel soveel ekstra’s employ. Dit het dus gesorg vir direkte werkskepping vir meer as 500 mense oor ‘n tydperk van ‘n kompie maande en hierdie porjek het probably indirek werk geskep vir meer as 3000 mense!

Kyk gerus An Act Of Defiance hierdie naweek. Dis ‘n moerse belangrike stuk van Suid-Afrika se geskiednis waarop daar lig gewerp word en dit word myns insiens, baie akuraat gedoen. Waar dit normaalweg die teendeel is, het hierdie film eintlik daarin geslaag om die storielyn buitengewoon realisties te maak deur die gebruik van Afrikaans. Bram Fischer was merkwaardige en heldhaftige Afrikaner. Weereens, kyk gerus hierdie film as jy meer wil leer oor wat regtig in Suid-Afrika aangegaan het tydens ons land se donker geskiedenis. Dit is drie minute skraps onder twee ure se trotse local is lekker!

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander stuff ook om deur te werk! In fact, daar is iets soos 33 movies op Showmax wat vir die Oscars genomineer is of gewen het! Kappitflou!


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127