Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Die Sharks en ‘n Snotkop experience of note!

$
0
0

So vind ek my Saterdag onverwags by ‘n Snotkop-show in Swellendam.
#SulkeSletbaieSkaam
Inteendeel, dit was dalk een van die skaamste oomblike van my lewe, maar ek het baie geleer. Die main act was Early B en tot my verbasing was sy show ‘n moerse groot teleurstelling in vergelykking met SnotPop wat vir hom geopen het. Die skaamte bly erg, daar was gelukkig ‘n cash bar en goeie tjommas soos Petri, Elzie en Coena in die omtrek. Buiten die songs wat mens van die manne oor die radio of in ‘n kroeg sal hoor, het die res van hul performances my aan ‘n nineties karaoke jol laat dink. Pump Up the Jam backtrack met either ‘n SnotBol rympie of ‘n oppervlakige stukkie rap deur Early C.

My oortjies bloei nou nog.

Maar ek moes net probeer verstaan waarom derduisende mense wat Afrikaans praat so uitfreak oor die backtrack boytjies soos SnotNeus en Early D. Kyk, ou SnotKol gooi ‘n energetic show; dis soos Bierber of wat ook al. Jong meisies lag en gil. Dis pro-sound, pro-beligting en dit  (saam met die gebruik van woordjies soos brannas, bokkie, boerepompie and the likes) skep ‘n vibe wat baie mense wat nog nooit regtig aan alternatiewe Afrikaans voorgestel is nie, heavy like. Dit is soos deel van hulle Huisgenoot DNA. Die manne se songs gaan hoofsaaklik oor hard suip, spyker en die ligter en snaakse goedjies waaroor die lewe gaan. Daar is geen diepte nie. Fokol. Wat die hele ding scary maak, is dat ouens skiem om albums van dié spul te koop,  veilig vir hulle kinders is. Ek sukkel om te slaap.

My bra, as jy gedink die resessie is ‘n probleem? Dit is niks as jy dit met die massa-brainwashing van mense wat Afrikaans praat, vergelyk nie. En sure, gun elke persoon die geleendheid om te luister na wat hy wil want smaak verskil. Die punt is, niks van hierdie Afrikaans is Groot tos is regtig deel van enige kultuur nie. Dit is ‘n invention deur ‘n bra wat net sowel Hitler so broer kon gewees het.

Maar my fok, sorry, hierdie is nie ‘n geskiedenisklas nie en ek is actually skaam en moes net iewers vent omdat ek uit my comfort zone beweeg het. Ons praat hier oor rugby. Ons praat ook nie oor Afrikaanse fokkers soos Dom Dawie van Danville wat sukkel om te besluit of hy meer daarvan hou om vrouens te bliksem of bejaardes se geldjies te steel nie. Nee, hier praat ons rappie en die Sharks was weereens fokken awesome! In my vorige predictions het ons op Makazole Mapimpi gefokus en vandag is dit Lukhanyo Am se beurt.

Befokte original drawing “Look Haai Yo!” deur AJ Van Niekerk:
http://behance.net/Kitchendutch
https://twitter.com/KitchenDutchArt

Skiet my as jy wil, maar sedert die departure van Jacque Fourie was ons met tye maar bietjie lig in die buitesenterdepartment. Ons sou probably nie die World Cup gewen het as Kriel nie ‘n besering opgetel het nie. Am (Look the Haai, Yo!) neem uitstekende besluite. Hy is solid op beide die voor- en agtervoet en hy lees actually die game. Hy speel die situasie soos – wait for it – Danie Gerber dit altyd gedoen het. Hy is nou amptelik my favourite rappieman. Vir nou at least.
Wat laasweek se games aanbetref, reken ek die Highlanders en Stormers was ook onlangs by ‘n SnotKomplot show. Hulle het my betting game heeltemal opgefok!

Vir die volgende twee weke se games gaan ek my Randellas as volg spandeer:

Vrydag 6 Maart
Sunwolves v Brumbies (05:45)
Maklik, Brumbies met so 28.

Crusaders v Reds (08:05)
Rooineusdag gebeur nie meer nie.
Crusaders met 23

Waratahs v Chiefs (10:15)
Laasweek het die Waratahs ‘n paashaas uit die mou getrek. Hulle behoort bietjie momentum te bou.
Ek gaan hulle met so 8 punte back.

Saterdag 7 Maart
Hurricanes v Blues (08:05)
Sedert daardie verloor vaaib teen die Stormers het die Canes lippe teen die klippe begin sit. Die Blues mag dalk bietjie jetlag vang nadat hulle die Stormers gestamp het.
Canes met so 14.

Rebels v Lions (10:15)
Hierdie is die een, boys! Gaan pomp ‘n ding hard en sorg dat Willem Alberts finally ‘n wen onder die belt kan kry. Steek hom, boys!
Lions met 12.

Sharks v Jaguares (15:05)
Hierdie gaan ‘n belangrike een wees in terme van conference standings and the likes. Die odds hier behoort in die besoekers se guns te wees. Daar is egter iets special aan die Haaie en op tuisbodem moet hulle gatskop.
Close een – Sharks met 4.

Bulls v Highlanders (17:15)
Die Bulls gaan die game wen. No jokes! Dit gaan die eerste keer hierdie seisoen wees wat hulle iets wen.
Bulls met 12 (ek kry hulle al amper jammer).

Vrydag 13 Maart Round 7
Chiefs v Hurricanes (08:05)
Classic game en ek sal actually opstaan vir dié een. Ek gaan die Hurricanes back. Dit voel reg.
Met so 6 vir die wen.

Saterdag 14 Maart
Blues v Lions (05:25)
Die highlights behoort genoeg te wees vir hierdie een.
Sorry Lions, maar Blues met 12.

Sunwolves v Crusaders (07:35)
Serious pakslae wat gaan brand vir dae.
Crusaders met 56.

Reds v Bulls (10:15)
Twee sukkelspanne wat ‘n punt moet bewys. Mag dalk morsig raak.
Hier gaan ek ‘n vet kans vat en weer die Bulls back, met so 5.

Sharks v Stormers (15:05)
Classic, alweer. Begin lyk na ‘n lekker rappie naweek. Sit maar my geldjies op die Sharks alweer.
Sharks met so 6.

Jaguares v Highlanders (23:40)
Ek’s bang die highlanders skrik wakker, maar dis altyd moeiliker on the road.
Die home team met so 15, reken ek is orraait?

Sondag 15 Maart
Brumbies v Waratahs (07:05)
Home game Brumbies-wen.
Dit behoort een van die beter Aussie derbies te wees, maar ek gaan eerder bands kyk (nie SnotPiel en kie nie).

Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games, kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling . 

Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127