Hier is so bietjie goeie nuus vir dié van julle wat dalk julle DStv decoders met klippe toegepak het so paar jaar terug maar nog steeds heavy verlang na goeie Afrikaanse TV: Showmax is tans besig om live streaming so bietjie te toets op hulle platform en jy kan nou kykNET 24/7 kokkenodge met splinternuwe reekse soos Afgrond, 4 Mure en Slot asook die goue ou staatmakers soos Binnelanders wat nou al by seisoen 16 trek, Boer Soek ‘n Vrou (S13), Die Boekklub (S3) en Anzel In Die Boland (S2).
Showmax het hierdie besluit geneem omdat ons weer soos stout kinders by die huis moet bly en op ons gatte moet sit na ons Prez se nuutste corona-speech toe hy al ons koendrank weggevat het:
“During last year’s lockdown, we gave subscribers access to live news channels. Now, following this month’s Presidential address, South Africans will continue to spend more time at home, and so, once again, we’d like to make sure our customers have something extra.”
Terloops, Mzanzi Magic is ook daar as jy hom ‘n traai wil gee. Gaan check sommer nou www.showmax.com of op die app as jy hom het – scroll af en jy sal check hulle sit daar onder “Live channels”. Dis nogal ‘n lekker bonussie wat fokol ekstra kos nie en dit lyk of hulle dit daar gaan hou tot at least die einde van Maart.
Hier is vir jou nog ‘n tip en ek het dit eers vandag uitgefigure:
As jy gewoonlik net op jou tablet of smart phone stream en nie regtig zak het vir Showmax of Netflix nie (R99 per maand elk), kan jy Showmax Mobile kry vir R49 per maand. Ek het nie eers geweet dit bestaan nie. Die enigste verskil tussen gewone Showmax en Showmax Mobile is dat jy op Mobile net een device op ‘n slag kan stream (met gewone Showmax kan jy 2 devices gelyktydig stream) en op Mobile is jou resolution SD waar dit op normale Showmax in HD is. Jou dataverbruik is dus minder as 100mb per uur waar dit normaalweg hier by 700mb per uur sou wees.
Op ‘n foon of ‘n tablet gaan jy vir ‘n fok nie die verskil agterkom nie. Hoe weet ek dit? Ek moes oor die afgelope naweek my iPad gebruik om te stream deur my iPhone se hotspot (my iPad het nie interweb nie) omdat my fokken hond ons fokken fiber opgevreet het vir die TWEEDE keer in twee weke. Omdat ek heilig is oor mobile data het ek my gewone Showmax ge-downscale na SD en ek sweer ek kom nie die verskil sien nie. Op ‘n TV is dit natuurlik ‘n ander saak.
Anyway, gaan fok gerus bietjie rond met kykNet en Mzanzi Magic se live channels op Showmax. Ek sit dit nou aan in die agtergrond terwyl ek graft want die fok weet, ek is moeg vir CNN wat net heeltyd Trump se terries wys wat by Capitol Hill inbreek en alles opgfok.