Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

So wat maak bands nou wat nie kan gig nie? Music videos?

$
0
0

Kyk, die coronavirus het die entertainment industry fokken hard gepoes. Ek kan actually nie onthou wanneer laas ek ‘n band live gekyk het nie. O wag, ek kan. Dit was die Springloaded Festival op die plaas by Tweefontein Melkery, 25 September verlede jaar. Net meer as 4 maande gelede. Dis ‘n kwart van ‘n fokken jaar, gone! Dit was fokken lekker maar daar was net 50 mense toegelaat want dis wat government gesê het mag gebeur. Sulke vibes is glad nie sustainable vir die music, restaurant of entertainment industry nie.

Ek is eerlikwaar steeds huiwerig om in ‘n kuierplek tussen ‘n klomp mense te gaan sit. Ek was aan die begin van Januariee in Crawdaddy’s saam met 3 mense vir ‘n birthday en alhoewel die restaurant betreklik leeg was, het dit gevoel asof die Grim Reaper staan en kyk hoe ek my pisgeel Savanna suikerwater met 0% alhochol met ‘n struggle klaarmaak. So vergeet van die risiko-faktor van die poes virus – as dit nie eers meer lekker is is om uit te gaan nie, wat is die fokken punt? Dis soos om draad te trek met facial scrub. Dis net 4% lekker.

Die klein odd, dranklose gigs ploeter voort hier en daar. ‘n Groot groep musikante gaan aan met live streaming op Facebook en die oorgrote section daarvan is maar ‘n redelike gemors. Terwyl ek het hierdie artikel begin tik het, het ek live streams aangesit in die agtergrond. Ek trek nou al by die sesde video soos ek deur die stuff  skip. Die eerste ou het kak beligting gehad. Die tweede ou begin sommer dadelik deur te apologize oor die klank en begin covers jol. Persoon nommer 3 het so baie sponsors op die screen geplak dat ek nie kon sien wie die country tunes sing nie. Die vierde ou se intro was harde musiek en ‘n poster vir 3 minute lank – ek dink dit was 3 minute lank want ek het nie langer as dit uitgehou nie. By nommer 5 was die artist live vir 90 minute lank en dit was net ‘n gepratery met guests oor die kak waarin die industry hulleself tans bevind. Nul musiek. Nommer 6 was ‘n bekenderige musiektannie wat ook net kakpraat met onbekende gaste. Ek dink iemand het gehoor Joe Rogan maak poesbaie zak met tospraatjies en nou word al die muso’s skielik podcasters? As ek nie eers na Joe Rogan luister nie, gaan ek nie vir jou inskakel nie.

Dit maak my moeg om van live Facebook stream na live Facebook live stream toe swem vir iets decent. Meeste artists maak dieselfde  foute oor en oor – kak beligting, klank, idees, te langstatic intros van hulle gear voor karige krismisliggies, boring angles en voorspelbare verskonings. Dit voel soos om na ‘n venue toe te ry en te wag vir ‘n band wat laat begin om dan agter te kom die band is nie lekker nie, die sound is tos en dan die volgende jol te soek.

Ek weet genuine nie wat die regte antwoord of oplossing is vir hierdie fokop nie, maar kwaliteit is ‘n moerse goeie plek om by af te skop. Maybe is ek  vol fiemies en weet nie regtig wat ek soek nie, maar soos baie mense weet ek wat nie wil hê nie. Poef. As jy ‘n koek gaan bak met poef, gaan jy ‘n poefkoek kry. It is as simple as that.

Is music videos, nuwe tunes en nuwe albums maybe die oplossing? Fuck knows. Ten minste  sluit dit ‘n taamlike gedeelte van verskonings uit, want artists kan sit en werk en skaaf aan projekte tot hulle happy is met die quality voor hulle dit daarbutie release. Plus ‘n music video het ‘n begin en ‘n einde. Dis makliker om dit klaar te kyk  in 4 minute as  opposed to ‘n live stream wat voel asof dit langer as 2020 is. Kom ons gebruik Oooth, ‘n Joburg-based rockband as voorbeeld. Hulle het gister ‘n nuwe music video release vir ‘n nuwe tune, Your Lies, en blykbaar kom daar more ‘n splinternuwe album ook uit:

Is Ooth my gunsteling Suid-Afrikaanse rock band? Geensins nie – hulle moet in ‘n fokken lang ry gaan aantree. Ek is self nie noodwendig ‘n moerse fan van hulle musiek of lyrics nie maar ek het wel respek vir musikante wat hulle gatte af werk om iets polished daarbuite te sit. Muso’s wat hulle bands en musiek soos ‘n besigheid bedryf en innoverend bly, is die ouens wat op die ou einde gaan survive. Jason Oosthuizen is Oooth se frontman en dit lyk my hy is so tipe ou. Hy was altyd Van Coke Kartel se dronkgat drummer gewees saam met Francois en die manne en het intussen die dop gelos en ge-upgrade na sy eie entertainment besigheid. Hy is besig. In fact dit lyk asof hy besig is met wat lyk na te veel dinge: hy maak sy eie range drum kits, run ‘n online shop, verkoop koffie, verkoop wyn (jy wil dalk hier jou ore spits as jy gatvol is vir pynappelbier) en is kakbesig met musiekkonsepte en beplanning  vir oprtredes van die oggend tot die aand.

So wat maak bands nou wat nie kan gig nie? Music videos?
Dit lyk my daar is meer as een manier op ‘n kat te slag.

Check Oooth se website uit:
https://ooothmusic.com/

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127