Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all 3127 articles
Browse latest View live

Elizabeth Hurley – Woensdag se warm bokkie

$
0
0

Elizabeth Hurley is 53 jaar oud maar dit lyk asof sy net mooier word met ouderdom. Sy het in so paar Britse en Europese TV reeks ge-act maar haar eerste Hollywood deurbraak was in Pazzenger 57 met Wesley Snipes. Sy het ook daai idiot, Hugh Grant ge-date. Hy het haar verneuk met ‘n prostituut. In ‘n kar wat in die straat ge-park was. Dom poes.

Tit-bits:
In haar jonger jare was sy punk=befok gewees met pienk hare en ‘n neusring. Sy moes haar image verander om haar eerste rolle te kry.
Sy was in ‘n punk band genaams Vestel Virgins.



Place your ad here


Calling Kingston is ‘n fokken fun band!

$
0
0

Calling Kingston is een van die 22 bands wat by die Boutique Farm Festival gaan jol. Onthou om jou tickets te koop voor 15 Desember as jy die kans wil staan om ‘n befokte telecaster guitar te wen. Daai seafoam green is befok mooi!

Calling Kingston was reeds in 2007 op die been gebring en is ‘n lekker blend van reggae, hip hop, net genoeg rock ‘n roll en ‘n kakhuis vol vet pret! Back in the day het Billa Pansegrouw (die bra wat deesdae Bohobo run in Dullstroom asook die befokste backpackers op aarde) en Mat Metcalf die band gestig saam met Garth de Meillon op Bass, Friso Woudstra (Radio Kalahari Orkes) op guitar en Stav Yiannakis wat ge-DJ het en samples gegooi het.

Hulle het die Suid-AFrikaanse circiut nogal hard geklap vir 2 jaar lank destyds maar die band was vir die afgelope 10 jaar so stil soos ‘n oorlogskip. Also, life happened. Maar by STRAB vroër hierdie jaar het Friso en Mat weer in mekaar vasgeloop en die shit ge-shoot oor die ou dae en besluit om Calling Kingston weer lewe in te blaas. Hulle het besluit om weg te beweeg van die electronic sound af en meer van ‘n live ding aan die gang te kry en het die Georgiades-tweeling inge-rope op tromme en bass.

In sy huidige setup het Calling Kingston nou vir Mat Metcalf -op vocals, Friso Woudstra op guitar, Jonathan Georgiades op bass en David Georgiades op drums. Hulle feature op Distilled sessions se episode wat verlede Donderdag uitgekom het. Net Dave is missing, maar as jy wonder hoe hy lyk – hy lyk fokken presies soos Jonno, net agter ‘n drum kit…


Somerfaan en Zombie. Hierdie is fokken kuns, pappie!

$
0
0

Somerfaan feat Lanimybru – Donker dae
Howzit! Rolbees hier. Ek skryf gewoonlik oor vollengte albums en EPs en nie baie oor enkele songs of videos nie, maar ons het vandag besluit om twee uiteenlopende videos, wat beide ek en Griffin gelike het te feature. So vandag gaan Griffin bietjie van sy kommentaar lewer so tussen deur myne. Die eerste een is ‘n video van Somerfaan (At Nel), featuring Lanimybru (Lani Pieters) op vocals. Somerfaan bely en Lanimybru onderstreep sy belydenis. Octavia Roodt het die illustrasies gedoen en die tune is deur Roar records uitgereik.

Somerfaan gebruik die metafoor van ‘n gekweste wildehond om verlore liefde uit te beeld en Octavia Roodt se illustrasies neem jou op ‘n kort reis op pad na donker dae. As jy al verlies ervaar het, weet jy wat bedoel word met ‘donker dae’. Daar is onder andere ‘n vrou wat soos ‘n engel lyk, gerookte oë, diamante, pyle en skeleton kakebene van gediertes wat alles en almal rondsweef op die maat van die spookagtige elektroniese trippy tunes.  Die wilde hond duck and dive ‘n klomp pyle maar word getref en beswyk uiteindelik in ‘n poel van sy eie bloed. Binne die obvious temas van verlore liefde en hartseer kan die hele kunswerk op verskillende maniere interpreteer word, en julle kan self julle eie diepere interpretasies daarvan gee. Dit maak die hele konsep baie interessant en entertaining vir my. Ek het die video oor en oor gekyk en elke keer kry ek ‘n slightly ander perspektief. Dis so basic en tog so complicated. Checkit uit!

Donker dae feat Lanimybru:

Zombies Ate My Girlfriend – The worst is yet to come
Ek gaan vir seker nog Zombies ate my Girlfriend se nuwe album review en behoorlik fokus op hulle nuwe tunes. Probably die eerste metal band waar ek die t-shirt gekoop het voor ek nog hulle musiek gehoor het. Sulke poser maar net ‘n uur of so daarna het ek het hulle live ge-check vir die eerste keer by die laaste Witchfest, en ja hulle performance was mindblowing. Daar is net so baie albums op my to do list op die oomblik en hierdie jaar het sy gat gesien. Never fear. I’ll get there. Maar as Zombies ate my Girlfriend se album so befok is soos die konsep van hierdie video kan ek nie wag om dit ten volle te absorbeer nie. My vinnige impressions voor ek die mikrofoon vir Griffin gee om sy views te gee: dis die video wat ek nog altyd wou maak maar net nie aan gedink het nie. Ons almal is gatvol vir die nuus en die manier hoe politici alles opfok waarvoor ons gewone homo sapiens probeer werk. Panel: no consensus. Fokken briljant! Of praat ek kak, Griffin?
Thanks, Rolbees! Hierdie is die fokken heel beste local music video wat in 2018 uitegkom het. Wat ‘n befokte cool konsep, right? Dis presies wat mens met ‘n metal music met doen en kanse is dat ek so video sou maak, sou my metal band nog op die scene gewees het of relevant gewees het. Ek het nog altyd secretly gehoop een van my ou favourite metal bands of all time, Korn, so so iets uitbring. Net die idee om metal te skree terwyl jy nuus lees in ‘n Riaan Cruywagen suit, maar jou shit bymekaarhou terwyl jy dit doen is befok verby. Dis amper soos daai een keer by Oppikoppi, ek dink ses jaar gelede (toe Oppikoppi actually nog cool was) toe ek poesvinnig op metal gewals het met iemand se goose in die stof. Daai twee konsepte wat gald nie by mekaar pas nie, maak vir die beste entertainment. Dis soos om ‘n porno te edit waar die chick charismatic bybelverse en doem verkondig in plaas van om “yes-yes!” en “fuck me harder, daddy!” te skree.

Hierdie fokken kuns uit die boonste rakke. Al hou jy nie van metal nie, moet jy hierdie net envoudig kyk. Hierdie video verdien op poeswyd versprei te word.
*slow clap*
Well done, julle fokken naaiers. Well done…


Counterpart is ‘n sci fi spy reeks wat jy absoluut moet kyk!

$
0
0

Jy kan J.K. Simmons sien as ‘n meer gesofistikeerde krimpie weergawe van Bruce Willis, alhoewel die ouens slegs drie maande van mekaar verskil in ouderdom. Het enige van hierdie ouens ooit hare gehad? Who knows? Seker as babas, ja. Maar die kaalkoppe is hulle Hollywood trademark. En waar Bruce Willis 119 acting credits onder die belt het, spog oom J.K. met 188. Bruce is die vuil vest Die Hard aksieman en J.K. is die Law En Order suit en tie bra, nooit regtig in ‘n leading rol nie. Toe kom Counterpart uit en sit hom in ‘n heeltemal ander klas. Hy het ‘n ver pad gestap van sy werk as die stem van die geel peanut M&M in hulle iconic commercial in die ninteties, tot sy dubbele komplekse rol as Howard Silk. Dit help ook baie dat hy vlot in Duits is vir hierdie besonderse rol.

Baie van ons het as klein kinders – toe ons begin selfbewus word sowel as bewus begin word het van ons omgewing en hoe dinge werk – soms ‘n stemmetiie iewers in ons koppe gehad “Is ek regtig ek? Wat as ek ‘n robot is? Is daar net een van my? As daar twee van my was, wat sal ek doen as ek in myself vasloop eendag? Sal die ander ek ‘n lekker ou of ‘n doos wees? En soos jy ouer word het die vrae dalk steeds by jou gespook maar miskien ‘n meer folosofiese wending geneem: “Wat sou anders wees as ‘n mens in ‘n alternatiewe wêreld gelyktydig kon bestaan?”
Dis min of meer die basis van Counterpart en Howard Silk (gespeel deur J.K. Simmons), ‘n low-level agent wie se vervelige loopbaan by ‘n Berlynse UN spy agency vervaal, leer onbewus die antwoord. Jy sou dink dat ‘n job by ‘n spy agency een van die befokste grafts op aarde is, maar Howard weet self nie eers waddefok hy daar doen nie. Hy doen papierwerk en die tipe inligting wat hy raaklees of waartoe hy toegang het, moet hy liaseer en dit lees amper soos halwe kinderboeke. Dis ‘n full on boring desk job. Yawn fest.

Maar dan ontdek Howard dat sy organisasie donker geheime wegsteek vir die wêreld – ‘n poort na ‘n parallelle dimensie en die arme man word gedompel in ‘n geheimsinnige wêreld van spioenasie, intrige en sameswerings deur regerings wat die faktap Gupta’s se kak soos ‘n Gereformeerde Kerk se basaar laat lyk. Nou, voor ons jou hierso verloor – dis nie Stargate-spring-deur-‘n-helder blou-bright-plasmasirkel-met-Nerf-guns-wat-lasers-uitskiet en ou curly telefoondraad comms in jou oor met Britney Spears headsets nie. Hierdie shit is fokken classy gedoen! Hierdie parallel dimensie is anders. Dit het ‘n tipe van passport control wat fokken streng beheer word en jy gaan na die anderkant toe deur ‘n gewone deur. Geen fancy flashes of weird geluide nie. Net koud, soos Berlyn – dis in ‘n koue oorloog met ons eie dimensie en dis ‘n wêreld wat weggesteek is onder die oppervlak van ons alledaagse bestaan. Jy kry gewone aarde, Aplha Earth, en Prime Earth en die oorlog word stadig opgewarm deur spioene van beide kante. Die enigste persoon wat Howard kan vertrou, is Prime, sy identiese eweknie van ‘n uiteenlopende werklikheid wat aan die die ander kant ‘n top spioen is.
Dis noir sci-fi fantasy op sy beste! Die twee wêrelde is moerse geloofwaardig – dit speel af in vandag se tyd maar daar is ‘n mix van settings en megafters en tech tussen  twee tye wat voorkom as die hede en die 1970s. Dit voel by tye nogal complicated – die storie gaan nie oor die verlede nie, dit speel af in die hede maar tussen die twee reeds genoemde parallelle wêrelde wat deur ‘n geheime deuropening en gang verbind word. Soos wat die kontraste in die storielyn vermeng, meng die omgewing ook. Dis full on dystopian, sonder om in your face te wees. Die set design is fokken briljant! In een van die scenes is die twee kante wat in die kouer oorlog gewikkel is, om ‘n tafel besig om te onderhadel oor die oorhandiging van ‘n agent. Iemand se selfoon lui. Die brasse van Prime Earth aan die ander kant van die tafel is duidelik ge-irriteerd, want hulle het nog nie daai tipe tegnologie nie. Dis space race vibes.

Counterpart ondersoek onder andere temas van identiteit, lot en verlore liefde en stel ook die ewige vraag: “Wat as ons lewens anders kon wees?” J.K. Simmons is absoluut fokken uitsonderlik in sy rol. Scratch that, sy TWEE rolle – die subtiele verandering in sy persoonlikheid, klein nuances en byvoorbeeld net hoe hy sy stem effens wysig. Dis “dieselfde” mens maar J.K. gee hulle twee persoonlikhede.

Oom J.K. verduidelik sy twee uiteenlopende karakters as volg:

“I viewed this from Howard Earth’s position, because he is the main guy. Then I started with the Prime and his perspective and it became a very mano-a-mano rivalry for the two.”

The problem for Howard 1 and Howard 2 is that their worlds are diverging… but they’re still linked. Howard Prime often crosses over into Howard Alpha’s homeworld for his missions. Prime works for Section 2, a secret group within the UN agency that Alpha works for but that Alpha Howard is totally unaware of.

J.K Simmons

Soos reeds genoem is die setting en agtergrond waarteen Counterpart afspeel fantasties, intelligent uitgewerk en deeglik beplan. Dis verfrissend om Berlyn as backdrop te gebruik om hierdie storielyn te versterk. Die werklik inernasionale cast van akteurs is ook ‘n welkome afwyking van die Hollywood-fodder wat so gereeld op ons forseer word, al is ons nie altyd bewus daarvan nie.

Jy gaan Counterpart nie sommer kan binge nie. Wel, jy kan probeer, maar dit verg nogal konsentrasie en daar is baie om in te neem. Die skop-skiet-en-donner dele is volop en al die sekstonele word werklik classy aangebied. Daar is ‘n lekker steamy scene met Sara Serraiocco – tot sy haar top uittrek en jy skiem “jirre, wat gaan aan met haar nipples?” Maybe it is your thing? Gaan kyk en laat weet my wat jy dink. Van die reeks en natuurlik van Sara Serraiocco se nipples.

Sluit sommer nou aan by Showmax se free 14 dae trial. Dit sal jou genoeg tyd gee om Counterpart sowel as ander tonne topklas vermaak te kyk. Daar is genuine fokken baie shows en movies om jou besig te hou. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou. Daar is kakbaie nuwe reekse wat verlede week releasse is waaroor ons nog kan

 

Fritz Gun skiet ‘n draai by Distilled

$
0
0

Verlede week was nogal ‘n hectic week met Guns ‘n Roses en allerhande ander private parties en verpligtinge, so dinge was stil soos ‘n oorlogskip hier op Watkykjy. Stiefkind vibes. Ons het weereens ge-manage om een van Distilled se epsides te mis en daar kom vandag later juis weer ‘n nuwe een uit, so gaan join daai Facebook page. Ons sal een of ander tyd catch-up speel.

Laasweek se guest muso was Fritz Gun gewees, ‘n moerse talentvolle knaap met ‘n lekker individuele styl van blues en rock, maar wat dit gedurig aanpas en saam met ander musos ook jol om sy klanke en styles aan te vul. Hy gaan ook by die Boutique Farm Festival jol wat tussen 25-27 Januarie plaasvind by Tweefontein Melkery. Onthou om jou tickets te koop voor 15 Desember as jy die kans wil staan om ‘n befokte telecaster guitar te wen. Daai seafoam green is poesmooi! Daar is net 9 dae oor vir hierdie deal en omdat ticket sales moerse traag is hierdie tyd van die jaar, is jou kans baie fokken beter om hierdie kitaar te wen.

Ons gaan nie sê hoe goed nie, so kom ons stick net by “blêrrie goed”

Anyway, hierso is Fritz Gun se vibes:


Guns ‘n Roses – Die goed, die sleg en die lêlêk!

$
0
0

Ons Vereeniging kokkelolle luister al na die Gunners van ons standerd vyf is (dit was 1988) en skateboard probeer ry het en road signs gesteel het en sulke tipe crim kak. Grootgeraak met die band en het ‘n intense liefde en nostalgie vir seker die beste rock band van die laaste 40 jaar.

So natuurlik moes ek opvlieg uit die Kaap vir hulle one-night only show in Joburg. Sulke pilgrimage. Sulke eer betoon. Sulke nostalgie.

So hier is my moerse subjective en verskriklik akkurate review van die aand.
Die Goed
Omtrent alles, om eerlik te wees. Dit was drie en ‘n half ure van rock en roll hemel. Iets soos 30 songs wat al die hits maar ook fan favourites en deep cuts ingesluit het. Tracks soos “Coma”, “Rocket Queen”, “I used to love her”, “Attitude” en ander.

Om Slash, Duff en Axl op dieselfde verhoog te sien vir die eerste keer was fokken special. Om my ou skoolvriend Theo raak te loop in die Golden Circle en saam te jam was special. (Ou griff was natuurlik ook daar, maar in die cheap seats, so ons het saam gespat geraak voor en na die tyd maar nie “Back in the ring” nie.)

Die Sleg
Nie GNR se fout nie en ek erken ek is oud maar jirre, stadium gigs kan ‘n fokken las wees. Rye vir manstoilette, een tipe bier (overpriced Heineken) om te koop, doosmense wat stamp en storm wanneer dit genuine nie nodig is nie en net die las van vroeg ry, wag, met duisende mense deal, wag, in verkeer sit. Dis tos, no two ways about it.

Wat ook nie great afgegaan het nie, was die “Chinese Democracy” tunes. Ek was bereid om die nommers ‘n kans te gee maar die energy drop duidelik as daai songs opkom. Dit het net nie dieselfde impak en effek nie. Mens kan selfs sien hoe Slash en Duff na die kante van die verhoog smelt as daai tracks opkom. I don’t blame you guys.

En waar de FOK is Izzy ouens? Nee man. Ons soek vir Izzy!

Die lelik
Kyk, Axl was nog altyd ‘n fokken marabs, so daar was nie rêrig ‘n kans dat hy sou verbeter met ouderdom nie. Vir dié wat belangstel, Axl verdwyn nog steeds na omtrent elke vyfde song van die verhoog af vir ‘n wardrobe change. Heeltemal onnodig, moet ek bysê. Want elke keer kom hy met ‘n kakker styl terug. ‘n Jean pant met omtrent 200 skeure in (soos die tieners hom like), snake skin cowboy boots met kettings om, baie t-shirts met sulke blokkieprint op die bors (daai goedkopes gewoonlik) en ‘n bandana en cowboy hoed op dieselfde tyd byvoorbeeld.

Dank God die cornrows en blou sonbrille is gone, I guess.

Bygesê, sy vocals was befok vir die meerderheid van die songs. Hy kan nog, hoor! Genuine. Hulle “Blackhole Sun” cover byvoorbeeld, was amper beter as die oorspronklike maar dan weer was sy stem op die Velvet Revolver track “Slither” nie naaaaby Scott Weiland se delivery nie.

All in all, ALLES waarvoor ek gehoop het. Dit was BEFOK!
Hier is die hele setlist wat Guns ‘n Roses by FNB ge-jol het in case jy bietjie jou memory wil verfris en die goeie tye weer in jou kop wil beleef:

1. It’s So Easy
2. Mr. Brownstone
3. Chinese Democracy
4. Welcome to the Jungle
5. Double Talkin’ Jive
6. Better
7. Estranged
8. Live and Let Die (Wings cover)
9. Slither (Velvet Revolver cover)
10. Rocket Queen
11. Shadow of Your Love
12. You Could Be Mine
13. Attitude (Misfits cover)
14. Civil War
15. Coma (hier het hy die band introduce aan die crowd)
16. Slash Guitar Solo – Speak Softly Love (Love Theme van The Godfather)
17. Sweet Child O’ Mine
18. Wichita Lineman (Jimmy Webb cover)
19. Used to Love Her
20. Wish You Were Here (Pink Floyd cover)
21. November Rain (“Layla” intro met Axl op die grand piano)
22. Black Hole Sun (Soundgarden cover)
23. Knockin’ on Heaven’s Door (Bob Dylan cover)
24. Nightrain

Encore:
25. Patience (“Melissa” intro)
26. Don’t Cry
27. The Seeker (The Who cover)
28. Paradise City


Wat is die die beste hangover TV om te kyk? Menskatte en regte katte?

$
0
0

Dis Desember. Jy is gatvol en wag om leave te vat en te fokof by die werk, maar vir sommige van julle is dit nog twee weke weg. Of as jy baie unlucky is, werk jy dalk regdeur die vakansie. Either way, gryp ‘n klomp van julle die bottel. Literally can’t deal! Gevolglik is daar vieslike hangovers regoor Suid-Afrika, veral gedurende hierdie tyd van die jaar. ‘n Grootmens manier om met hangovers te deal is om vrotpiel voor die TV te lê en sterf. So wat is die beste hangover TV om te kyk?

Voor jy die antwoord uitskree (daar is ‘n 99% kans dat jy gaan reg wees met jou antwoord en op mekaar golflengtes is), hou jouself eers bietjie in. Ons vat ‘n ander benadering, maar ons kom by jou antwoord ook uit. Ons probeer bietjie iets anders hierdie naweek along the lines of kykgenoet – hangover TV. Kom ons verbeel onsself dis ‘n genre, want dit moet eintlik een wees. Die tipe TV wat jy raadpleeg wanneer jy uit jou bracket uit fucked is van die vorige aand se gefuif. Die tipe hard kuier waar jy die volgende oggend steeds soos 10 jaar tronkstraf ruik indien hulle jou nou in ‘n road block sou aftrek. Die tipe hangover waar jy al jou meds in ‘n ry voor jou met bewende handjies uitpak  op die koffietafel, die TV aansit en net sleg wil wees. Die tipe TV waar jy voel of jy in en uit ‘n koma beweeg, nou en dan saggies ween en iets nietig soos ‘n besoek aan die porseleintroon voel asof jy jou hele huis in die son trek met ‘n geroeste Venter trailer. Jy wil net stil wees, want wanneer jy durf poep, mag die poep dalk ‘n skilletjie hê.

Selfkasteiding moet toegpas word, want jy het hierdie kak oor jouself gebring. “Selfkasteiding” is só ‘n fancy woord, hy feature nie eers op Google Translate nie. In kort beteken dit ‘jy was ‘n doos gewees met jou lyf en jy moet jouself nou pakslae gee vir jou sondes’, so kom ons skop jou hangover TV af met so bietjie sleg – Fursonas. 

Furries volg ‘n paar groepe Furries en lewer sosiale kommentaar op hierdie weird fandom en die gepaardgaande stigmas, hoe dit waargeneem word, asook die “sensasionele” mediadekking wat dit kry. Dit deal ook met die probleme van binne die sirkel van furries en hoe hulle aanspraak maak op verdraagsaamheid sover dit aanvalle op hulle eie betref, maar dat dit nie noodwendig die geval is nie. Soos Die Antwoord sê “Jy slaan jou fokken self!”
“Waddefok is “Furries??!”, hoor ek jou mompel terwyl jy 200 gram bacon in die pan rondroer om by jou hoop scrambled eggs, gerasperde kaas en twee snye toast te voeg. Die furry fandom is ‘n subkultuur wat belangstel in antropomorfe dierkarakters – diere met menslike persoonlikhede en eienskappe. Furry Fandom word ook gebruik om te verwys na die gemeenskap van mense wat op die internet vergader asook by furry convensions saamkom in regte lewe. “Huh, ‘n subkultuur van fokken wat?” mompel jy terwyl jy ‘n 500ml bierglas vol yskaswater gooi en die ketel kook om daai swart koppie koffie met 2 suikers aan die gang te kry. Wel, who knows? Dit kan ‘n subkultuur van enige van die volgende op hulle eie wees of ‘n kombinasie van so paar van: nerds, comicon opdress fans, trans mense, mense wat Dungeons & Dragons jol, gay mense, teruggetrokke alleenlopers, straight mense, mense met Peter Pan komplekse, Pokemon marabse of mense met serious sielkundige probleme. As jy die ou in die Blou Bul outfit is by al die rugby matches – sterkte vir jou, tjom. Thoughts & prayers …
Jy het seker nou al jou Rehaydrat Sport in ‘n glas water opgelos saam met ‘n Guronsan C bruistablet om twee Myprodols en ‘n Sinutab af te sluk. Laat ek verder verduidelik: Fursona interview verskeie toewyders aan hierdie weird belangstelling of stokperdjie en gesels met hulle oor hulle persoonlike lewens, hulle menings oor wat dit is om ‘n furry te wees asook sekere bordeline aspekte wat saam met die game kom. Dit deal ook met die innerlike konflik van veral diegene wat sukkel met ‘n postiewe publieke beeld omdat ander furries hulleself uitleef soos konte, maak nie saak wat die gevolge is of ten koste van wie of wat dit is nie. Sommige van hierdie kokkelolle raak nogal fokken extreme. Dis serious what-the-fuck stuff al die pad, pappie. En na ‘n uur en 21 minute gaan jy beter voel, guaranteed! Want jou hangover is al vir 81 minute lank besig om beter te word, maar die dose in die dierepakke in hierdie doccie gaan steeds furries wees. Soos Chopper my altyd tune: “Jy is gelukkig, want jy is nie die ou wat saam met die doos gesien moet word in die winkels nie, jou fokken asshole!”

In kort, is Fursonas morbidly fascinating. Dis car-crash-TV van alle kante. Jy hou eenvoudig net aan kyk en cringe, maar kom ons deal met daai antwoord wat jy aan die begin uitgeskree het: “enige program oor die natuur of diere?!” – Dit bring ons by BBC se Big Cats. Jou hangover behoort nou by die luigat-fase te trek en jy is reg om die arm wat nog nie doodgelê is nie, na die TV uit te strek en gryp-gebaartjies met jou vingers  te maak in die rigting van die Pallas’s cat wat sopas op TV verskyn het, terwyl jy met een van daai stemmetjies waarmee jy net met puppies praat skreeu: “EK SOEK SULKE ENETJIE!!”
Seriously, though – jy soek sulke enetjies.
Hulle is poes cute!
Moet egter nie dat die naam jou mislei nie want Big Cats volg kat-spesies, groot en klein, van regoor die wêreld, van die leeus van Tanzanië tot die klein Rusty-spotted cat van Sri Lanka (Prionailurus rubiginosus, vir die mense wat brille dra). Kyk, programme oor leeus en tiere en katte is al tot vervelens toe vervaardig en jy sou dink dat daar nie regtig veel oor is om te vertel nie, maar jy is natuurlik verkeerd. Die mensdom hou aan om stuff ontdek en tegnologie hou aan om verbter te word teen ‘n verbysterende spoed.
In Big Cats word habitatte en gedrag ondersoek wat nog nie op enige skerm cweakyn het nie. Die verfilming en editing is uit die boonste rakke. Die HD is so mooi in gewone spoed sowel as slo-mo, jy voel sommer vuil en wil dadelik plan maak om te gaan stort. Die narration word deur nuweling, Bertie Carvel gedoen en met David Attenborough wat nou al by 92 draai, skiem ek die BBC het die perfekte plaasvervanger opgespoor. Die bra het, soos om Dave, ‘n duidelike uitspraak met sagte tones. Die tipe stem wat vir jou hangover op die mooiste manier sê: “Hangover, my ou vriend… Frikkie het nou genoeg gesuffer, hoor? Ek dink jy moet jou tassie pak, ‘n Uber ontbied en fokof, voor hierdie omie vir jou ‘n stewige poesklap gee.”

 

Big Cats is ‘n reeks van drie epsiodes, elk ‘n uur in lengte. Saam met Fursona het jy dus rofweg vier-‘n-half ure om oor jou hangover te kom.

Sluit sommer nou aan by Showmax se free 14 dae trial want as jy vanaand onder die prop gaan inklim, gaan jy more nie kan adult nie. Jy kan dan ook vir 14 dae lank verniet Showmax kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou.

Net gou weer die resep om jou hangover ‘n PK te gee:

  • ‘n Lekker greasy breakfast met ‘n koppie koffie
  • ‘n halwe liter yskaswater
  • ‘n sakkie Rehaydrat opgelos saam met ‘n Guronsan C bruistablet in ‘n glas water
  • twee pynpille
  • ‘n sinuspil
  • 81 minute van Fursonas op Showmax
  • 3 ure van Big Cats op Showmax

Geniet jou naweek!

OneDaySky – GEORGIA (Official Video)

$
0
0

Jy kan nou ‘n hele dramatiese storie gaan staan en vertel oor ‘n band wat jy moontlik nie gaan ken nie en hoe hulle ‘n nuwe video vir ‘n nuwe song gemaak het. Of jy kan net ‘n stukkie metal geniet omdat dit piele musiek is. Vir die wat omgee, die hele dramatiese storie is hier onder die video geplaas.

Nouma lekker!

Today sees the release of Georgia, the new single and video from Johannesburg’s post-hardcore heroes OneDaySky. Written during a short hiatus, the song has a special place in their journey. As a band, it matured their writing process and let them venture into an area they have barely scratched the surface of.
The track carries the message that your past doesn’t dictate your future. Sometimes you feel trapped in your own skin, helpless, alone and scared but know this; you are the master of your own universe. Belief starts with a glimmer of hope that you thought you never had.

Vocalist Clinton Watts comments, “Georgia is a song about Innocence lost in an unwilling and ignorant way. This is the literal meaning of the song to me, but it has a broader platonic meaning; to which almost anyone can relate. Speaking up and moving on is the bigger message that we, as a band, want people to take from this song. Being afraid to speak up about injustices is just half the battle many face throughout their lives.
He adds, “This song wrote itself, and was and always will be a release for me personally. The title Georgia is a name derived from 2 personal coinciding events in my life which I choose to keep between me and close friends, as I want the song to be relatable to anyone that’s had a tragic past. Coming to terms about one’s past is tough but seriously uplifting once shared with those closest to you. This song is encouragement for those who need the push and the ears to listen. If this song’s message helps only 1 person, then I know speaking up truly has merit. You should speak up and know you’ll be stronger for doing so. Don’t be afraid to share what haunts you. You will grow from this!
The band explains, “Georgia has a very special place in all of our hearts. So, creating visuals that could carry the emotional weight of the song proved to be a back and forth amongst band members!” At the end of the day, they came together and got a look and feel for the video that would hit home with any one; No matter who watches it! The performances needed to represent each member of the band on their own with matching photographs of them as children.

They incorporated a “dark” entity to each photo, hiding in the back, following them throughout life. The entity is a representation of our troubles in the past; each of us having our own personal “demons” that followed us throughout life up until now! It was imperative to show this, as every person in this world experiences heartache or pain.”

Video director and guitarist Eric Barnfather adds, “The resolution to the unsettling visuals is letting people know that it’s okay to be hurting through life, it’s how you come out of it that truly matters! What changes your life and guides your direction are the friends and family you have; and speaking out to people whom love you and care. We really hope people resonate with the song and the video because life is tough and it hard to go through alone. Sharing your story could save your life!”


 


Even Cowgirls Get The Blues Part VI

$
0
0

Howzit, Griffin hier! Ons het ‘n vinnige Haasdas se Nuuskas newsflash vir al julle blues fans. Ons het verlede naweek ingepop by die SA Blues Society se jaarlikse Even Cowgirls Get The Blues Festival by Tweefontein Melkery. Daar was heelwat minder konsertgangers en kampeerders hierdie jaar maar dit was ‘n moerse besige naweek wat rock and roll oor die hele Gauteng aanbetref en mense was spoiled for choice all around. Great vir music fans, maar nie so great vir niche music festivals nie. Ekself was by Park Acoustics gewees en Rolbees kon ongelukkig net die Saterdagmiddag en -aand maak by Tweefontein, maar kom ons hoor wat tune hy. Hoe was dit ou Rol-bees-blaas?

Shot thanks, Griffin! Fokkit, ek moet sê die blues junkies wat wel daar was het opgemaak vir die swakker attendance hierdie jaar in pure gees en ongebreidelde passie. Dit sluit natuurlik die kunstenaars ook in. Ek het myself behoorlik verlustig aan al die bands wat opgetree het. Nie een band was tos nie. Ek skiem sommige se musiek is net verder developed as ander. Tweefontein Melkery is so ‘n authentic venue, weg van al die stad se kak en hare en as jy nog lekker mense in die mengsel gooi, dan is dit soos ‘n klein chilled vakansietjie. Dis obviously hoekom mense dit geniet om daar te gaan kamp vir die hele naweek.
Raaait, terug by de tunes. Ek het lanklaas Bright Lights Big City live gesien en het moerse uitgesien daarna maar hulle het reeds twee songs gejol toe ek daar ingerol het en die jirre weet, toe is daar nog onverwagte loadshedding ook. Fokken Eskom! Dit het so rukkie gevat om die generator aan die gang te kry maar, langstorie-kort, kon ek toe nie die band behoorlik uitcheck nie. Ek wil graag hulle nuwe album review though. Illimar Neitz se studenteband, The Good Doctor’s Beetle, was weer ‘n plesier om te sien en te hoor. Dit gee die studente moerse selfvertroue om op stage te jam en daai smiles so tussendeur die senuwees het boekdele gespreek. My gunsteling acts van die aand is ‘n toss up tussen Bad Luck & Trouble en ‘n jong bra van die Oos-Rand met die naam Kenny Hughes. Kenny gig nog nie eens lank nie. Ek dink hy het getune hy jol nou eers ‘n jaar en ‘n paar maande.

Dis nie die eerste keer dat my paaie kruis met hom nie. Ek het hom ook by Mystic Boer Brandy se Distilled Sessions vinnig sien optree so rukkie terug. Maar trust me, sy vollengte live shows is befok! Kenny Hughes het serious talent en hy gaan nog ‘n moerse naam vir homself maak. Sy eie materiaal klink old school blues maar dit het ‘n unieke chilled vibe wat ek nogal like. Hy is ook nie bang om classics te cover op so manier dat jy dit amper nie kan herken nie. Soos ‘n blues version van Guns and Roses se Sweet Child O’ Mine, byvoorbeeld.  Dis ook nie die eerste keer dat Bad Luck & Trouble oor my pad kom nie. Donovan Honeyborne, Jo Lombard en Jacques du Plessis is al ou garde in die musiekbedryf en was verlede jaar ook daar met hulle cowboy outfits and all. Hierdie jaar was hulle set vir my net soos om voor ‘n moerse analog soundsystem te sit en luister. Warm, vol country-klanke met layered guitaring wat jou blou hartsnare tokkel. As jy van Johnny Cash, Willie Nelson, Waylon Jennings en Kris Kristofferson hou dan gaan hierdie cowboys se genuine country vibes jou mind blow.
But wait, there’s more! Die jonger generasie se musiek het nie disappoint nie. Sumo is seker ‘n mengsel van jazz, blues, pop en rock maar wat my opgeval het is die primal riffs en rhythm section. Die basics klink soos AC/DC maar, onthou, dis ‘n millennial band: hard en non-genre specific. Maar soos rock an roll moet wees, vol pret. Die interplay tussen die male en female vocals werk ook. Vincent, Jean, Jacques en Surike. Dis lekker, hoor! Last but not least was Jungle of Mischief. Nog ‘n lekker jong band wat nou nie eintlik blues is nie maar die kids love dit mos om met genres te maak net wat de fok hulle wil. Goeies!

As ek die aand kan opsom is dit: oorgenoeg musiek, net te min mense.
Rolbees, oor en uit.


Hoe laaik jy daai potte? Early B, Jack Parow en Justin Vega het ‘n nuwe music video

$
0
0

Ek het nie ‘n fokken clue wie Justin Vega is nie, maar hier is hy nou in ‘n music video saam met ons gabbas, Early B en Jack Parow, Dis basically ‘n music video oor tits en ass, want soos ek verstaan beteken ‘potte’ either boude of tiete in Port Elizabeth se zef slang en kakpraat vibes. Dis ‘n lekker video, maar gaan lees ook die comments op YouTube as jy klaar gekyk het. Dis amper meer entertainning – klomp damduikers wat mekaar uitkak oor presies wat behoorlike ‘potte’ nou eintlik is en of die chicks hot is of nie.

As jy dit klaar gekokkenodge het en deur die klomp trolle se kommentaar gelees het, check sommer ook Early B se video vir Bene Lam. Die bra is ‘n lekker entertainer!


Place your ad here

The Crossing – die grootste SA collab en die mooiste Johnny Clegg tribute ooit

$
0
0

As jy laasweek Johnny Clegg sien trend het oral, moenie worry nie – die oom is nie dood nie. Hy het ge-trend vir ‘n fantastiese rede!

Verlede Woensdag is een van die lekkerste feelgood, eg Suid-Afrikaanse music videos ooit op YouTube  losgelaat en het tranerige ogies regoor die wêreld tot gevolg gehad. “I’m not crying, you’re crying!” was min of meer die algemebe konsensus wat oor elke denkbare social channel bereik is, nadat almal die video vir The Crossing deur Friends of Johnny Clegg onder oë gekry het. Hierdie song is ook tot dusver die grootste Suid-Afrikaanse musieksamewerking van alle tye en wys weereens hoe Johnny die onwrikbare vermoë het om mense uit alle agtergronde saam te bring.

En dit alles vir ‘n goeie doel!

Jy kan Friends of Johnny Clegg besoek om ‘n donasie van jou keuse te maak om klein kinders in ons land se lewens te verbeter. Alle vondse gaan na die ‘Friends of Johnny Clegg Fund’ vir primêre onderwys. Die fonds gaan oor die verandering van lewens van jong leerders regoor Suid-Afrika, deur middel van geletterdheidsprogramme en die gebruik van tegnologie in die onderwys om uitkomsgebaseerde intervensies na te streef. Die Fonds word bestuur deur The Click Foundation wat fondse aan hul onderskeie sentrums regoor Suid-Afrika sal versprei. Die geld sal aan hul onderskeie sentrums regoor Suid-Afrika versprei word om jong leerders in primêre skole, Graad R-Graad 3, te target met ‘n online fonetiese gebaseerde program om die kinders te help lees en skryf.

Dis ‘n moerse effort wat deur hierdie muso’s en organiseerders aangepak is en sluit 78 van SA se grootste musiekname in. Check bietjie we jy almal kan herken met die eerste kyk?
Ek kon die volgende mense identifiseer: Ard Matthews, Arno Carstens, Dan Patlansky, David Kramer, Dave Matthews, Elvis Blue, Emo Adams, Francois Van Coke, Jack Parow, Jesse Cleg, Karen Zoid, Kahn Morbee, Karlien Van Jaarsveld, Kurt Darren, Laudo Liebenberg, Patricia Lewis, Peter Gabriel, Richard Brokensha, Ross Learmothn, Schalk Van Der Merwe, Somizi, Theo Crous, Zolani en Vusi Mahlasela.
Jy kan die volle lys hier gaan kokkenodge:
https://www.friendsofjohnnyclegg.com/friends/

Kyk, ons moet mos altyd oor iets bitch ook hier op Watkykjy, so persoonlik sou ek Somizi uitgelos het want hy gee my fokken sooibrand as hy my nie ‘n holkramp gee nie. Dis asof hy aspris helder en loud aagetrek het en met oordadige gebare sing, to make it about him, you know? Nool. Soos Chopper reken: “That is why there are two I’s in Somizi.”

Behalwe vir dit wat my persoonlik irriteer het, is hierdie een van die beste efforts wat vir een van die grootste probleme in ons land aangepak is, wat een van die mooiste liedjies ooit feature. Dit laat mens bietjie beter voel oor ons land se kak en drama en los mens met so bietjie hoop en selfs liefde in die hart. Hulle moet hierdie tune by elke fokken parlementsitting se opening speel en die dose wat nie wil saamsing en smile nie sommer reguit tronk toe stuur.

Kry jou sakdoek gereed. As jy hom die tweede keer kyk of luister, scroll af – ons het vir jou die lyrics hieronder gegooi. Hierdie gaan binne a maand die mees gekykte Suid-Afrikaanse music op YouTube wees, mark my words!


Kulula.com se grappies – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

$
0
0

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Kulula.com se grappies

Mango verkoop hulle vliegtuigkaartjies by Checkers, wat lekker gerieflik maar ook half zef is. As jy vlieg, wil jy effens soos ‘n snob voel. Baie mense sal nou hulle koppe skud, maar hulle weet in hulle harte dis die waarheid. Juis oor Mango en Checkers kop in een mus is, verkies ek ‘n ander goedkoop opsie. Kulula. Dis net ‘n groot jammerte dat Kulula so verskriklik snaaks probeer wees en totaal daarin misluk. Dit was miskien effens snaaks toe dit nuut was, maar dis steeds deel van die opstyg-en-land roetine en die grappies word totaal en al emosieloos deur ‘n onbelangstellende outjie of vroutjie in ‘n groen pakkie met ‘n nasale aksent afgerammel. Daarmee kan ek nog saamleef, maar wat my verstom is dat party mense (amper altyd ‘n groterige tannie met leesbrille en ‘n hoë skril lag) hulself kraak en die persoon langs hulle in die ribbes pomp en die grappie herhaal en dan weer lag. Die hartseer grap is dat die potjierol vir ons hoër brandstofverbruik verantwoordelik is. Daai dik gat trek ondertoe terwyl die aerie langer op die runway moet klou voor hy sy neus sonwaarts kan punt.
Een grap wat altyd die laggies uitlok is die “Please help children and passengers behaving like children”-juweeltjie. So as die vliegtuig val, onthou groot seblief om vir die laaities en doedies vanvan Kulula.com veilig te hou. Anders, wie gaan grappies maak terwyl ons in die see ronddobber?
En is dit regtig so snaaks as die vliegflossie reken dat hulle mense wat rook sal vra om onmiddellik die vliegtuig te verlaat? Of sal dit snaakser wees as ek ‘n sigaret aansteek en kyk of hulle die grappie deurvoer?
Nee wag, ek het ‘n beter idee. Verf so ‘n geel mannetjie wat sy boude koebaai soen buite op die groen vliegtuig. Dis mos nog een van Kulula se grappies. Verf dit lekker groot maar laat sy ballas so onderstebo oor sy ken hang. Met ‘n speech bubble dan skree hy “Kulula dot koooooooom!” so in rooi letters oor die res van die vliegtuig se gat en vlerke. Dit sal blerrie snaaks wees. Of nie.
Hulle het anyway niks om te verloor nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Jessica Biel – Woensdag se warm bokkie

$
0
0

Jessica Biel het as kind aanvanklik op haar stembande konsentreer in en musical theatre belanggestel en opgetree in productions soos Annie, Sound Of Music en Beauty and the Beast. Sy het haar Hollywood deurbraak uiteindelik in 1994 gehad met ‘n rol in die tv-reeks, 7th Heaven. daarna het die rolle ingestroom en ons het haar te siene gekry in movies soos The Texas Chainsaw Massacre se remake, Cellular, Blade: Trinity. Hitchcock, Total Recall, The Tall Man, The A-Team asook dalk onwetend met haar stemwerk te doen gekry in so paar reekse.

Tit-bits.
Sy het besluit sy wil ‘n musical star word nadat sy ‘n karaoke kompetisie op agtjarige ouderdom gewen het.
Haar eerste acting job was vir ‘n Pringles advertensie toe sy 11 was.
Sy het al op 2 rolle uigelose waar Anne Hathaway dit opgeraap het: The Dark Night Rises en Les Misérables.
Sy is nou al oor die 6 jaar lank getroud met Justin Timberlake. Die troue het destyds $6.5m gekos. Indien Justin op haar cheat, moet hy haar dadelik $500k betaal.
Sy maak uit van ‘n entrance maak:



Watkykjy se top tien 2018 count down van kak nuus in SA. Deel I.

$
0
0

Waddefok? ‘n Volle jaar al reeds in sy moer in? Dit was dan gister nog kersfees gewees! Wat word van ons tyd en ons geld? O ja, meeste van dit word gefokkensteel. Kom ons kyk dan maar eerder hoe dinge oor die jaar verloop het in ons land. Hier is Deel 1 van PK Malherbe se top 10 vanuit Vat 5! wat oor die afgelope jaar op Watkykjy ge-feature het.
10) WEEK 8:
Na hierdie week se begrotingsrede, wil dit voorkom of ou Brilletjies, AKA Malusi Gigaba, ons Minister van Finansies, nou minder gewild kan wees as ‘n woordsom. Volgens sy sommetjies, kan die Suid-Afrikaanse regering ‘n ekstra R22,9 biljoen in belastinginkomste genereer deur BTW met een persentasiepunt te verhoog. Dis die eerste keer in 25 jaar wat BTW verhoog sal word vanaf 14% na 15%. Dit beteken ons gaan kak en betaal, maar ons gaan net one-ply kan bekostig. Intussen vee hy hom af aan die noodkrete van ‘n nasie wat fin-voos is. Natuurlik doen hy ook sy bes om van ons almal geheelonthouers te maak deur belasting op drank ook te verhoog. En is ons dankbaar vir sy omgee? Nee. Dis nou stank vir drank.

9) WEEK 15:
Daar hardloop Faster Semenya haarself toe in die rekordboeke in deur Zola Budd se 1984-rekord in die 1 500m by die Statebondspele te verbeter. Man/vrou, dit was nou lekker. Die ander drawwers was almal mans/vrouens genoeg om haar geluk te wens met haar manjifieke/vroujifieke vertoning. Gevra oor hoe sy voel, het sy geantwoord dat dit vir haar ‘n groot eer is om die mantel/vroutel as kampioen te dra vir alle Suid-Afrikaners.

8) WEEK 40:
Die Universiteit van Pretoria het aangekondig dat daar besluit is om verskeie van sy koshuise se name te verander om ‘n meer multikulturele, inklusiewe leefomgewing vir student te skep. Daar is blykbaar wyd met HK’s gekonsulteer voor die besluit geneem is en gesprekke is ook met alumni gevoer. Dis alles fine en well wanneer mens na van die naamsveranderinge kyk – so word Kiaat bv. Tirisano en Jasmyn word bv. House Khutso. Maar daar word duidelik ‘n skrikbewind teen die letter “k” gevoer wanneer mens sien dat Erika verander na Erica en Kollege word College. Goeie foc. Geen geldvercwisting hier nie. En iewers het iemand ‘n ekstra “e” gehad – Curlitzia word Curelitzia. Taaibos word The Tower – “Watter koshuis is jy Raoul?” “Tannie, ek is in… verdoemende musiek begin speel… The Tower.” En nee, Katjiepiering word nie Catjiepiering nie. Dit word sommer Azalea, want foccen sinneloosheid blom by Tucs.

7) WEEK 12:
Honderde mense het kersies gebrand hierdie week toe hulle hoor die moeder van Suid-Afrika is dood. Net om ‘n dag later uit te vind Juanita du Plessis is springlewendig. Winnie Madikizela-Mandela, gewese vrou van Nelson Mandela, is hierdie week in die ouderdom van 81 jaar dood. Daar is ook aangekondig dat sy ‘n staatsbegrafnis sal ontvang met elemente van militêre seremoniële eerbetonings. In ‘n totaal onverwagse reaksie, het heelwat blankes wat sukkel met die uitspraak van ‘n sagte “R” in Engels, op nuuswebwerwe laat blyk hulle hoop sy brand in die hel. Considering Winnie se liefde vir die necklace-metode, kan ons veilig aanneem sy sou haar eie vuurhoutjies saamvat.

6)WEEK 33:
Die laaste boek wat soveel opslae gemaak het was die Kinderbybel. Maar nadat The Lost Boys of Bird Island so bietjie meer as ‘n week terug kak begin maak het met beweringe dat onder andere oud-minister Magnus Malan hom met kinderspeletjies besig gehou het, sneeubal dit net meer en meer. Veral nadat een van die skrywers, Mark Minnie, hierdie week dood aangetref is met ‘n selfmoordbriefie by hom en ‘n gun wat nie aan hom behoort het nie. Waar’s Fox en Mulder as mens hulle nodig het? Die Conspiracy Theories loop so dik soos stroop. Is hy vermoor? Wat sou hy nog reveal het? En wat sien Derick Hougaard en Nadine in mekaar?


Place your ad here

As jy nog nie van Black Dynamite gehoor het nie, mis jy moerse uit!

$
0
0

Siende dat die skoolvakansie hierdie week aangebreek het, kom ons kyk so bietjie na animasiereekse om te tuis of op holiday te kyk. Ons sal vinnig deur so paar kinderreekse draf, maar die grootmensreekse moet veral aandag kry, want dis vakansie en jy wil soos ‘n kind voel. Maar ‘n kind wat mag drink en vloek en sleg wees en broeknaai en jou privaatdele krap terwyl jy in ‘n vuil vest staan en braai met ‘n bier in die vuis en ‘n skyf in die bek.

Indien jy kids het, is jy meer as ge-cover deur Showmax. Jy kan 5 devices soos fone, laptops of tablets link aan een account en gelyktydig kyk na waddefok julle wil. Jy kan die kinders insign onder die ‘kids” opsie en elkeen ‘n iPad in die klou stop met oorfone en hulle oorlaat aan fantasiewêrelde terwyl jy daarop konsentreer om almal veilig by die see of die bosveld te kry. (Afrikaanse mense doen mos net hierdie twee destinations as dit by vakansie kom). As jy skatryk is, kan hulle jou data verslind so in die ry, of jy kan slim wees en tuis jou wi-fi gebruik en ‘n kakhuis vol reeks download vir die vakansie. Vir almal, né?  Jou goose love mos Boer Soek ‘n Vrou …
Jy sal self ook dalk so paar classic kinderreekse in die geheim wil nodge terwyl jy ‘n slowboat agter die Wendy rook of ‘n whizza sluk terwyl mamma Tops toe skiet vir brood, slaai en Disprins. Want daar is ou classics beskikbaar soos Scooby Doo, Garfield, Looney Tunes, Tom & Jerry, about 4 verskillende Spiderman-reekse, Teenage Mutant Ninja Turtles, Smurfs en (fok my sideways!) Tao Tao. Dan is daar ook Adventure Time en Regular Show vir die serious zolkoppe onder julle. Gaan browse gerus bietjie deur die kids section. Daar is in totaal 167 reekse om van te kies waarvan 141 cartoons is en 26 gewone shows met regte actors is, wat programme soos Top Chef Jr, Wizards of Waverley Place, I am Frankie en Grandpa in My Pocket insluit. As ek nou moet terugdink aan my kinderdae toe K-TV op Mnet ons kos wat, is die tjokkers deesdae nogal spoilt for choice. Jirre, ons kon net tussen 15:00 en 17:00 cartoons back to back kyk voor Loving en infomercials alles kom opfok het vir die dag. Dis nou as jou huiswerk gedoen was. Dink daaraan as Carte Blanche vir kinders in ons tyd.
#FokkenGoorTye
Maar terug by jou, grootmens. Waddefok kyk jy? Raait, kom ons tune jou: Daar is ‘n moerse klomp grootmens animasiereekse op Showmax om van te kies en in passing sal ek vinnig so paar aframmel wat ek raai moeite werd is: Aqua Teen Hunger Force, The Jellies en Robot Chicken. Ons het ook reeds na Animals gekyk, so as jy dit gelike het, is season 2 op onlangs op Showmax bygevoeg. Die rede hoekom ek hierdie paar net so vinnig noem is omdat ek dit self nog nie gekyk het nie, so maybe kan een van julle daarvoor vouch? Dan is daar ook reekse soos South Park, Rick ‘n Morty en Samurai Jack, maar ek beskou hierdie reekse as absolute kunswerke en hulle verdien ‘n indiepte review elk op hul eie. Omdat South Park way back in 1999 reeds deels as inspirasie vir Watkykjy se ontstaan gedien het (ja, die site is al amper fokken 20 jaar oud!) was daar verskeie geleenthede waar ons oor die onderwerp wou gesels maar nooit daarby uitgekom het nie. Na 22 seisoene, is dit amper tyd. We’ll get to that at some point …

Ons wil jou vandag egter ten sterkste aanraai om die reeks Black Dynamite so gou as moontlik te kyk. Dis een van die fokken snaaksste reeks wat tans op Showmax beskikbaar is en rank taamlik hoog in my my top 10 van adult animation reekse van alle tye (‘n post vir ‘n ander keer, miskien). Black Dynamite is actually ‘n blacksploitation movie uit 2009 en vertel die verhaal van die 1970s African-American aksielegende, Black Dynamite. “The Man” het sy broer vermoor, heroin in die weeshuise ingepomp en die ghetto op sy knieë gebring met knock-off malt en liquor. Moerse fokop. Black Dynamite was die enigste held wat bereid was om “The Man” al die pad vanuit die bloedbelope strate van die ghetto tot in die heilige gange van “Honky House” te fight.  Jirre en kan hy fight??! Hy karate ‘n ding faktap! Maybe moet jy dalk ‘n plan maak om die movie ook eers te kyk, want die animated reeks bou soortvan voort op die movie. Die twee kan wel 100% apart gekyk word sonder om iets te mis. Die movie is net ‘n moerse klomp fun:

In die reeks volg ons die sentrale karakter  en sy crew in ‘n aksie-comedy-spoof, waar Black Dynamite ‘n ex-C.I.A-agent en full time ladies man is. Hy is daarop uit om sy broer se dood te wreek teen kung-fu masters, drug dealing pimps en natuurlik, “The Man”. Die reeks is fantasties ge-animate en doen ‘n moerse goeie job om die 70’s se era en styl vas te vang. Die dialoog is ook fokken snaaks met sy eie 70’s flavour en vernacular.

Met animasie het creators obviously die vryheid om te doen net waddefok hulle wil en in Black Dynamite fok hulle nogal met real life celebrities wat veral in die 70’s prominent en belangrik was, maar wat in vandag se tyd nogal fokops van hulle lewens gemaak het. Ouens soos Michael Jackson, Richard Pryor, O J Simpson en Bill Cosby. En dis fokken hilarious! Van die ouens wat stemwerk doen sluit in: Orlando Jones, Arsenio Hall, Snoop Dogg, Mel B en Samuel L. motherfucking Jackson!

Maar kom laat die skryfwerk en die dialoog die praatwerk doen. Hier is 5  van my beste oomblikke uit die eerste reeks:

1.
Dennis Flynn: This isn’t about the honkies, Black Dynamite! It’s about the children!
Black Dynamite: You know what, Dennis Flynn? I never told nobody this, but…I used to be a children.
2.
Richard Pryor wat comments maak oor hoe die Whorephanage ontstaan het:
Richard Pryor: Whores and orphans under one roof? Whose idea was this anyway?
Black Dynamite: …mine.
Richard Pryor: Man, did you actually think about this shit before you put the children and the cunts within fucking distance of each other? “Hey little kids, I’m Black Dynamite! I know you all ain’t got no parents, so how about I replace ’em with a lifetime supply of pussy?”
Black Dynamite: THAT IS NOT WHAT I SILENTLY SAID TO MYSELF INSIDE MY HEAD!!
(ruk sy nunchucks uit en moet terug gehou word deur sy vrew voor hy Richard Pryor opfok):
SUY SUUUUUY!! SUY-SUY-SUY!!!
3.
“Black Dynamite’s word and Black Dynamite’s balls is all Black Dynamite has in this world. That plus my bitches, my car, my exquisite wardrobe and a bunch of more other shit, but my point is Black Dynamite said he’d get Richard Pryor to the Sunset Strip, and that’s exactly what he’s going to do!”

4.
Black Dynamite aan Honeybee, about ‘n uur nadat sy in die kar gepoep het:
Black Dynamite: Honeybee, now is not the time to open up yo’ ass!
Honeybee: That wasn’t my ass!
5.
A wit wolverine vreet hulle guide op. A wit t-rex vreet die wolverine op. ‘n Moerse wit spinnekop verslind die T-rex. Finally blaas Black Dynamite die spinnekop se brains uit met een shot uit sy pistool.
Black Dynamite: And that’s how you conserve ammo!

Die hele eerste reeks van Black Dynamite is besikbaar op Showmax. Dit gee jou non-stop 3 en ‘n half uur van uit jou maag uit lag entertainment.

As jy nog nie by Showmax aangesluit het nie, doen dit sommer nou en geniet Showmax se free 14 dae trial.  Dit sal jou met entertainment tot na Krismis uitsort.
Jy sal heel moontlik na die free trial teen R99 per maand wil aanhou subscribe, want dit is elke sent die moeite werd.
Kom ons kyk of ons dalk volgende week met die Krismis vibe kan deal. Geniet jou naweek!


Jennifer Garner – Woensdag se warm bokkie

$
0
0

Ons het Jennifer Garner amper verloor aan die wetenskapswêreld en sy sou op daardie veld seker net so uitgeblink het soos wat sy in Hollywood doen. Gelukkig was haar liefde vir die stage en kameras sterker as die wetenskapsboeke en sy het haar graad van chemistry major na acting verander.

Haar groot deurbraak het met die TV-reeks, Alias gekom in 2001, maar sy was ook in baie suksesvolle movies soos Dallas Buyers Club, Ghosts of Girlfriends Past, Juno, Catch me If You Can, Pearl Harbor en Dude, Where’s My Car? Daar was ook flops gewees soos Elektra, Daredevil en meer onlangs die TV-reeks, Camping, maar sy het weer daarvoor opgemaak met haar kick-ass rol baie onlangs in Peppermint. Check dit gerus. Dis ‘n moerse lekker skop-skiet-en-poesklap movie.

Tit-bits:
Sy het uiteindelik verlede maand van Ben Afleck geskei na hulle vir 13 jaar lank getroud was.
Terwyl sy ‘n struggling actress was, het sy eenkeer vir Steven Colbert ge-babysit.
Jennifer se stunt double, Shaune Duggins, was haar stunt double in amper al haar movies en TV-reekse en hulle is dik tjommies.


‘n Piele playlist – Rolbees Reviews Volume III

$
0
0

Net so vinnige announcement op hierdie poeswarm Donderdag. Ons weet jy wil huis toe gaan. Og maybe wil jy net swem. Ons het tunes, my broe. Fokken dik tunes.

As jy nou ‘n piele playlist soek wat SA se rockmusic redelik goed verteenwoordig vir 2018, kan jy gerus luister na Rolbees se nuutste lysie. Hy trek nou al by Volume III en hierdie lys bevat 30 tunes van 30 bands wat Rolbees op Watkykjy ge-review het hierdie jaar. Uit hierdie 30 bands jol 4 van hulle boonop oor net bietjie meer as ‘n maand by die Boutique Farm Festival by Tweefontein Melkery net buitekant Kempton op ‘n plaas – Georgetown, Wonderboom, Pedro Barbosa en The Amblers. Gaan check gerus die res van die line-up vir die festival ook uit. Dit gaan fokken piele wees!

Hierdie is ‘n moerse lekker mixtape om hierdie Desember by die huis mee te chill of in die kar te jol op jou roadtrip.


Vat vyf! 2018 – Ons het fokken polony oorleef!

$
0
0

Hier is Deel 2 uit 2 van PK Malherbe se top 10 vanuit Vat 5! wat oor die afgelope jaar op Watkykjy ge-feature het. Daar word nou bietjie van ‘n break gevat van hierdie section op die blog, tot PK weer besluit om die pen om te neem en leedvermakerig te wees.
‘n Man moet fokken rus ook, hy is nie ‘n fokken klip nie…

5) WEEK 23:
Picture die volgende boodskappie deur die pilot: “Dis Kaptein Frikkie Notnagel hier… Dankie almal dat julle saam met ons gevlieg het… ons is nou besig om na benede te daal en behoort kwart-oor 11 te land by… wag net, ek bevestig net gou… ja, ons gaan land by Krotoa Internasionale Lughawe… ons vertrou julle het almal die vlug saam met ons geniet en ek w… ekskuus, wag, lyk my ons land nou by Winnie Madikizela-Mandela Lugawe. Jammer daaroor, ons vind maar uit op dieselfde tyd as julle… o fok, ons word nou gereroute… o, nee wag, ons land nog in Kaapstad, maar dis nou by die Nelson Mandela Lughawe. Ek sal bevestig dis nog dieselfde lughawe… julle weet, partykeer voel dit of ek my fokken kop wil verloor, die fokweet, al hierdie naamsveranderinge… jissis, sopas bevestiging ontvang, ek is nou Kaptein Themba Sithole… did not see that coming… okay dan, uhm, ja, dankie dat julle saam met ons gevlieg het… ons land nou by… FOK… Kurt Darren Lughawe? Hierdie is seriously af, af, af… Hahahaha, ek is so fokken confused… hahahahaha… dankie aan ons aanboord personeel vandag, Julius Malema en Floyd Shivambu… jammer vir almal wat nie witwyn by hulle kon kry nie… as julle nou by julle vensters uitkyk, sal julle die pragtige Kallie Kriel-berg sien, gehul in mis en die Helen Zille plakkerskamp is net so links daarvan… onthou asseblief om sittende te bly totdat die land volkome tot stilstand gekom het… vliegtuig, ek bedoel vliegtuig!”

4) WEEK 10:
Daar is hierdie week bevestig dat die enigste woord wat na die woord “Weense” moet volg, die woord “Mannekoor” is en nie “Worsies” nie. Dit kom na die Wêreldgesondheidsorganisasie bevestig het die uitbreking van die siekte listeriose in Suid-Afrika is die grootste nog ooit. In die hele fokken wêreld! Vatso almal wat dink ons kan nie Nommer 1 wees in iets nie. Ons Minister van Gesondheid, Dr Aaron Motsoaledi, het instussen aangekondig dat die oorsprong van die siekte terug-getrace is na die Enterprise Foods fabriek in Polokwane. Met meer as 180 mense wat reeds gesterf het aan hierdie uitbreek van die siekte, het Motsoaledi mense gewaarsku om asseblief versigtig met kos te werk te gaan en liewers enige polony en worsies in hul besit weg te bliksem. Natuurlik ‘n great idee vir enige nuwe seisoene van Fear Factor en Survivor. “Eugene van Valhalla… Gaan jy daai polonie-toebroodjie eet? Wel, gaan jy Eugene?” Cue orrelmusiek.
3) WEEK 42:
Mmamathe Makhekhe-Mokhuane is nie ‘n maklike naampie om uit te spreek nie. So mens kan nie help om te wonder hoe gereeld die Hoof van IT by SARS sukkel om haar eie naam uit te spreek nie. Aangesien sy ook sukkel met makliker woordjies en sinnetjies soos dit blyk uit ‘n onderhoud met die SABC die afgelope week. Toe sy gepols word oor skere SARS-verwante bekommernisse, begin sy vreemde kak kwyt raak en vra die onderhoudvoerder sommer vir beskerming vir haarself… teen die onderhoudvoerder. Toe volg sy dit later die dag op met ‘n verskyning voor die Nugent Kommissie oor ongerymdhede en begin praat oor die Drakensbergse Seunskoor wat steeds nie meisies toelaat nie. Ten minste, dis wat ek dink sy gesê het. Onsamefokkenhangend. En dis die persoon wat nie antwoorde het vir hoekom e-filing besig is om in duie te stort nie. Kan nie wag vir my volgende ontlastingsopgawe nie.

2) WEEK 41:
Floyd Shivambu, onderhoofseun van die EFF, moes inderhaas hierdie week ‘n optometris gaan sien toe hy nie die fokken balk uit sy eie oog kon kry nie. Arme man. En dit nadat hy soveel ander gehelp het met die splinters in hulle oë. Nee kyk, as jy in ‘n glashuis bly, moet jy liewers nie klippe gooi nie. Maar vriend Shivambu gooi mos rotse. Nou kom dit uit dat sy broer R16 miljoen gescore het uit die intuimeling van VBS Bank. VBS – Verdomde Bliksemse Skelms. Van daai 16 miljoen, is 10 miljoen toe blykbaar na Floyd toe gekanaliseer en nog R1.3 miljoen na almal se morele kompas party, die EFF. En nou is hulle tjoepstil. Soos ‘n spul fokken hadedas te kere gegaan oor almal wat korrupteer en hoereer, maar noudat dinge bietjie nader aan die huis soos boontjiepoep begin ruik, nou is die EFF-besem waarmee voor hul eie deur gevee moet word, skoonveld.

1) WEEK 7:
Na Zoom-zoom soos ‘n dief in die nag (coz that’s what you are!!!) op Valentynsdag sy kys met die land gebreek het, is die nuwe staatspresident ‘n dag later ingesweer. Cyril Cupcake Ramaphosa is aan bewind. Blykbaar is Cupcake ‘n liefienaampie wat ‘n vorige skelmpie hom genoem het. Steeds, dis beter as Jacob Fokweg Zuma. Fokweg is die diefienaampie wat die skelmpie vir altyd sal hê.


Place your ad here

Genoeg kief local movies om jou vir die volgende 6 dae besig te hou!

$
0
0

Hierdie naweek loop sommer reguit deur na Krismis toe. Dis nou as jy Maandag die 24ste sommer net ignoreer. Fokken simpel Maandag! Wat maak jy hier by Kersfees? Vat jou kak en trap! So as jy vandag bytel, kyk jy na 6 dae van dik chill oor die feesgety, wat noodwendig ook ‘n groot hoeveelheid TV-kyk insluit.

Ons het so paar voorstelle wat ‘n redelike befokte mix tussen local movies, short films en soortvan-internasionale kykgenot insluit. Showmax het veral hierdie jaar hulle keuse van plaaslike inhoud deurgaans verbeter en verbreed. Nie net die hoeveelheid nie, maar ook die kwaliteit wat ‘n moerse verligting is. Mens kry nie meer skaam om local productions te kyk nie.

Hier is ons voorstelle vir die superlangnaweek:

Inexaba
Kom ons begin eers by die “sleg” en kry dit uit die pad uit – Inexeba / The Wound.
Ek sê “sleg” want hierdie is nie almal se cup of tea nie. In fact, ongeveer net 5% van julle sal die movie kyk en daarvan hou, want dit deal absoluut met alles buite jou verwysingsraamwerk en comfort zone. Dis nie iets wat jy op Krismis moet kyk nie, want dit ruk effens aan jou siel. Kyk hom dalk reeds vanaad, sodat die ander movies jou spirit kan lig. Waaroor gaan Inexeba? Xolani, ‘n eensame fabriekswerker, sluit by die manne van sy gemeenskap in die Oos-Kaapse berge aan vir die tradisionele initiation ritueel in die berge. ‘n Doserige ou in die groep ontdek Xolani se donker geheim en sy hele lewe fok uitmekaar uit.

Hierdie movie het grootskaalse kak veroorsaak en is moontlik die film waaroor die meeste gepraat is in Suid-Afrikaanse movie-geskiedenis. Ons local cinemas is gedwing om screenings te kanselleer omdat die FPB ‘n stok in hulle hol gehad het. Hulle het dit as porn geklassifiseer (wat die glad nie is nie) en die Noord-Gautengse hooggeregshof het die klassifikasie omgekeer. Die oormatige protes teen die rolprent het die onstuimige homofobie wat steeds in groot dele van Suid-Afrika broei en borrel, ontbloot. So as jy homophobic is, kap ignore en hou dit eerder vir jouself want daar is nie salf te smeer nie …

Five Fingers For Marseilles
Maybe sien jy dalk meer kans vir Five Fingers For Marseilles – ‘n befokte Western wat in die Ooskaap geskiet is. Vinnige opsomming: Twintig jaar gelede het die jong “Five Fingers” gefight vir sy plattelandse dorp, Marseille, teen brutale polisie-onderdrukking. Nou kom Tau terug na Marseille en soek net bietjie rus en vrede op die plaaslike scene maar daar is ‘n nuwe bedreiging in sy klein dorpie en kak moet noodwendig spat en die arme bra moet boonop deal met sy verlede ook.
Die Wall Street Journal reken dit kan moontlik die Western weergawe van Black Panther wees. Hierdie movie het ons local ouens, Sean Drummond (skrywer) en Michael Mattews (director) in Hollywood laat beland waar hulle nou deur William Morris verteenwoordig word. Hierdie agency deal met al die Hollywood heavyweights soos Ben Affleck, Christian Bale, Michael Bay Halle Berry, Jake Gyllenhall en Denzel Washington om net ‘n paar te noem, so ons kan fokken trots wees op hierdie brasse! Dit alleen is genoeg rede om Five Fingers For Marseilles te kyk. Dis ‘n lekker Saterdagaand skop-skien-en-donner movie!

Fluit-Fluit
Jy gaan dadelik baie van Cindy Swanepoel, haar karakter en haar acting hou as jy nog nie op die kassie of die silwer skerm met haar kennisgemaak het nie. Fluit-Fluit is ‘n briljante mockumentary wat losweg op Ryne De Beer gebasseer is – ‘n predikantsvrou wat moerse lief daarvoor was om te fluit. In hierdie kortfilm laat sy (die karakter) ‘n kameraspan haar volg in en om haar huis om haar liefde vir fluit te dokumenteer. Gaan lees gerus op oor die regte Ryne de Beer. Dis ‘n klein paragrafie of twee op Wikipedia wat ek nou nie hier gaan repeat nie, maar dit pique nogal mense se interest.

Sowat ‘n jaar gelede het ek actually ‘n langspeelplaat van die Fluitende Predikantsvrou by Valiant Swart as geskenk gekry (as ‘n fokken grap, natuurlik) en nie veel verder gedink of gewonder oor wie of wat sy eintlik was nie.

Hierdie kortfilm is my gunsteling kortfilm vir 2018 en het my met meer vrae as antwoorde gelos. Daar is ‘n baie verassende en onverwagse twist en dus gaan ek verder eerder my bek hou en jou daarna laat kyk. Miskien moet ek die director, Hardus Van Deventer op ‘n stadium meer uitvra oor wie hierdie vrou regtig was en tot watter mate die documentary die waarheid verteenwoordig en hoe die ouens te werk gegaan het.

Krotoa
In Roberta Durrant se Krotoa (wat agt internasionale toekennings gewen het) het Crystal-Donna Roberts die beste aktrise SAFTA vir 2018 verdien vir haar rol as ‘n Khoi-vrou wat ‘n tolk vir Jan van Riebeeck geword het. Ek tick hierdie een af vir Sondag.

Vir Altyd
Jaco Smit se Vir Altyd is ‘n Mauritius-set romcom wat die main cast van Pad Na Jou Hart, Ivan Botha en DonnaLee Roberts reunite het. Vir Altyd was die suksesvolste Suid-Afrikaanse box office hit vir 2016.

Free State
Salmon de Jager se Free State gaan oor ‘n verbode liefdesverhouding tussen ‘n wit vrou (Nicola Breytenbach) en ‘n Indiërman (Andrew Govender) tydens apartheid.
Hierdie fliek het met die Grand Nile Prize by die Luxor African Film Festival in 2016 weggestap.

Vir die Voëls
Hierdie Afrikaanse romantiese komedie is geïnspireer deur die ware verhaal van Huisgenoot-leser, Irma Humpel wat ‘n jong bride-to-be in die laat sewentigs in Suid-Afrika was. Elligible bachelors  was destyds op die grens vir diensplig en vroueregte was ‘n stadig ontwikkelende konsep in Suid-Afrika en verhoudings was noddefok ‘n Facebook-status nie.
Die movie het in 2016 die derdebeste by die box office gedoen.

Leading Lady
Henk Pretorius se Leading Lady met Katie McGrath (Supergirl), Gil Bellows (Ally McBeal) en Bok van Blerk (Platteland) is nog ‘n romantic comedy, hierdie keer oor ‘n Engelse aktrise, Jodi, wat ‘n siniese boer, Kobus Willemse, oortuig om haar voor te berei vir haar rol as ‘n Afrikaanse oorlogheldin. In ruil daarvoor onderneem sy om die jaarlikse konsert op die Willemse plaas te direct. Haar interaksie met die dorpie se mense laat haar besef dat daar meer tot die lewe is as bloot” ligte, kamera en aksie”.
Leading Lady  het in 2014 derdebeste gedoen by die box office.

Love the One You Love
‘n Sex-line operator (Chi Mhende), ‘n dog handler (Andile Nebulane) en ‘n IT-nerd (Louw Venter) begin vermoed dat hulle romantiese verhoudings deel uitmaak van ‘n moerse bizarre conspiracy wat hulle vriende en familie insluit. Hierdie movie volg parallelle stories en bevraagteken die ideale van liefde en geluk in die nuwe Suid-Afrika.
Dit het in 2014 Best Film gewen by die Durban Film Festival.

Safe House
Wanneer ‘n safe house wat deur die CIA bedryf word ge-target word deur ‘n spul baddies, word dit die house-sitter se job om die krimineel wat hulle wegsteek, te transport na ‘n volgende plek van veilighied. ‘n Moerse befokte aksiefilm met Denzel Washington (Training Day) en Ryan Reynolds (Deadpool). Die beste deel?
Dit speel af in Kaapstad! Gaan kyk watter dele van Kaapstad jy herken!

Dan is daar natuurlik ook die rooikopstiefkind waaroor ons nie graag gesels nie, maar vir een of ander rede moet ons as Zefrikaners elke kersfees ook skelmpies ‘n fokken Leon Scuster movie kyk.

Schuks! Pay Back The Money is moontlik een van daai movies. Jirre, wanneer gaan Leon Schuster agterkom dat hy heeeeltemal verby sy sell-by date is?

As ons ‘n vinnige calculation doen van alles waaroor vandag gesels is (Leon se movie uitgesluit), kom ons by so 18 ure se local vermaak uit wat jou so 3 ure average se lui kykgenot per dag sal verskaf.

Met Showmax se free 14 dae trial sal jy ‘n vêr paadjie kan stap hierdie feesgety en daarna is dit slegs R99 per maand as jy wil aanhou subscribe, want dit is elke sent die moeite werd.

Dis fokken R8 cheaper as een movie ticket! Gaan lees dit op!

Watkykjy se last minute Xmas present idees vir luigatte, dose en laatkommers

$
0
0

Ek het my goose vanoggend gevra wat sy vir Krismis wil hê en sy kon my nie antwoord nie, want sy weet self nie. Ons het nog nie eers ‘n kersboom opgestel en ge-decorate nie en ek is nogal trots daarop. Die rede hiervoor is moontlik omdat ons as ‘n reel vir die afgelope min of meer 4 jaar probeer om uit shopping te malls bly en nie aan al die glitter en kak blootgestel te word nie. Online shopping is ‘n fokken seëning. my bru. Dit het ons ook effens lui gemaak vir die Krismis spirit, maar dis ook fine want die vreet-jouself-faktap saam met familie -gedeelte sal nooit verdwyn nie en I guess dis die nuwe Krismis-spirit wat die ou een vervang. It is all good.

Om die hele geskenke-vir-almal gedoente te omseil, het ons al vir die afgelope twee jaar lank ‘n nuwe tradisie om die tafel na ete – die Krimis Grinch. Elke vriend of familielid daag op met drie presente wat elk R30 kos – iets totally cool en bruikbaar, iets eetbaar en iets totally faktap en fokken useless. Crazy Store en chinese markets is gewoonlik lekker plekke om die tipe van stuff aan te skaf. Soms even Checkers of Spar. Woolies is te poes fancy, so skip hulle. Tensy jy poes fancy is, dan mag jy maar.

Jy draai dan die geskenkies toe met jou free community newspaper se papier om nog meer van ‘n grinch te wees en meer zak te bespaar. Al die geskenke gaan na die middel van die tafel en julle rol dice om te sien wie die game begin. Hoogste dice is eerste en tweede plek bepaal of julle kloksgewys of anti-kloksgewys jol. Julle besluit vir hoe lank die game gespeel gaan word. Twintig minute is gewoonlik ‘n lekker lengte.
Die game self – almal kry ‘n beurt om dice te rol. Die persoon wat die hoogste rol, mag ‘n present kies uit die middel van die tafel. Jy mag dit nog nie oopmaak nie. As twee of meer persone ewe hoog rol, hou hulle aan dice rol teen mekaar tot ‘n wenner ‘n present mag kies. So hou julle aan rol tot al die presente uit die middel (onoopgemaak) ge-claim is.

Met die volgende gedeelte van die game, mag die persoon wat die hoogste rol, enige ander persoon se gift steel en dan oopmaak. So hou julle aan rol tot al onoopgemaakte presente oopgemaak is. Met die derde rondte is dit absolute chaos, want dan fokken steel almal net by mekaar tot die tyd uithardloop. Eers as die game klaar is, mag jy vreet en drink of speel met wat jy gewen het. Kinders speel ook lekker saam, so moenie ‘n doos met hulle wees nie. Tensy hulle dit verdien. Dit maak vir vet familiepret en natuurlik die gebruiklike family fights wat altyd so kenmerkend is van Kersfees – die actual true spirit.

Right, nou dat ons met die luigatte ge-deal het, kom ons deal met die laatkommers. Dis nou die mense wat die dag voor Kersfees die winkels binnestorm en net goed gryp (dit sluit my in) of die mense wat heeltemal te laat besef dat hulle online bestellings eers in fokken Januarie gaan surface (weereens ook fokken ek).

Vir dié van julle wat dit nog in shops wil waag, het ons twee voorstelle en beide is music-related – die eerste is enige iets by Marshall Music. Van strings tot ukulele’s tot ‘n full-on recording studio in ‘n boks! As jy op hulle Instagram gaan rondkrap, sal jy sien dat hulle ook tans ‘n kompetisie run om ‘n Casio keyboard van amper R4000 te wen. Al wat jy hoef te doen is om ‘n Christmas carol of song te film en vir hulle te stuur. Die kompetisie eindig 31 Desember as ek reg onthou. Gaan soek die detials. Hulle betaal nie vir hierdie post nie. Ek like hulle net befok erg en spandeer heeltemal te veel fokken geld daar.

Wat Marshall Music ook lekker maak is dat hulle winkels nie in fokken malls sit nie. Die een in Joburg is in Woodmead Commercial Park en die Pretoria-tak is binne daai moerse Faerie Glen Pick ‘n Pay (wat terloops ‘n lekker stil plek oor kersfees is om in te pop vir daai ondeurdagte fokjou kersgeskenke.)
Ons tweede luigat-idee is dop. Mystic Boer – Cape Potstill Brandy. Dis ‘n 100% Potstill blend van 3, 5 en 6 jaar verouderde brandies. Barrel selected, tune die mense. Dis ge-age in klein oak barrels en dit is fokken smooth! Moontlik die beste brandy wat jy sal proe. Dit het ook daai SA music connection, want die Valiant Swart se brandy wat nou al vir amper 2 jaar lank op die mark is. Hier staan so 2 kaste hier wat ek gaan opmaak en uitdeel as geskenke vir die tjommies wat tap.

Die lekker ding is dat jy dit in byna enige drankwikel kan koop, soos Tops, Pick ‘n Pay liquor en Makro. Op Takealot is daar tans 14 beskikbaar teen slegs R179, wat ‘n moerse fokken bargain is, want hulle verkoop gewoonlik hier teen R250 per bottel. Dit moet ‘n krismis special wees. Enigste probleem is dat jy dit probably eers na kersfees sal kry. Stock dan maybe net op?

Nog ‘n lekker luigat-idee maar iets wat jy beslig voor Kersfees sal kry, is online tickets na ‘n lekker show. Enige show! Dink daaraan – jy weet wat jou beter helfte se musieksmaak is, so jy kan vir hom of haar tickets koop na enige iets vanaf ballet by die staatsteater tot kaartjies vir Afrikaans is Poes iewers in ‘n handeklapkerk in Pretoria.

Maar gun ons ‘n kans om twee lekker voorstelle te maak vir twee tipes budgets:
1) Judas Priest klap beide Kaapstad en Joburg en ek het R860 per golden circle ticket betaal. Daar mag dalk nog oor wees, so probeer jou luck! Click op die pic om jou na die tickets te neem.
2) Boutique Farm Festival. Hierdie is 2019 se goedkoopste festival in Suid-Afrika, fokken guaranteed. Teen R375 per ticket vir 22 bands is dit ‘n moerse winskoop. R555 as jy ‘n festival shirt saam met jou tickets wil bestel.

Daar word net 400 kaartjies online verkoop om dit nice en intiem te hou. Van al die voorstelle hoop en wens ek dat julle hierdie koop, want ons is baie nou betrokke met die artists, maak fokol geld hiermee nie en wil dit baie graag establish as ‘n premiere festival in SA. Ons kan dit net met julle hulp doen, so ondersteun SA musiek en koop terselfde tyd ‘n moerse befokte kerpresent vir jou en al jou buddies! As ons hierdie een van die grond af kry, kan ons nog cooler dinge in die toekoms reël.
Dan kom ons finally by die laatkommers omdat hulle luigatte was. Die ouens wat either nie omgee dat die geskenke eers Januarie arriveer nie, of wat tans met vakansie is en heeltemal vergeet het om ‘n surprise by die huis te los. Jy kan op Zefshop gaan rondkrap vir zef hempies vir toddlers of thirts vir grootmense:
Daar is ook ‘n nuwe section in Zefshop wat meer fokus op veral vintage tipe boeke sowel as die meer skaars pop culture boeke. So is daar legend classic storieboeke vir kinders soos Die Towenaar se Kissie, Die Nisse van Timsgaard, Doedel die Kaasdief en dan gewone leesboeke asook die meer grootmens tipe stuff soos Jack Parow se comic, Bitter Komix en Anton Kannemyer se vieslike boek met prentjies van piele met are en gwappe met hare en ‘n gewoepsery links en regs.
Laasgenoemde gaan ‘n versamelstuk Afrikana word, mark my fokken words.

Hierdie section gaan die eerste helfte van 2019 mooi groei. Ons het op soveel befokte vintage stuff afgekom wat in stock gesit moet word! Dit sluit in boeke, comics, speelgoed en games.
 Laastens het ons ook ‘n lekker versamling CDs van local bands wat jy glad nie meer in die winkels sal kan kry nie. Albums wat moontlik nie weer op CD uitgebring sal word nie. Ons het so hele paar van Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar se verskillende albums. Daar is ook so paar DVDs wat nie te versmaai is nie. Hierdie section sal ook vroeg volgende jaar uitgebrei word, want ons het kaste vol collectible CDs en DVDs wat nog in stock gesit moet word. Lekker skaars goed, so hou hierdie spasie dop!
Natuurlik sal hierdie lys nie by almal aanklank vind nie, maar jol at least die grinch game en vertel ons hoe faktap dit was? En koop seblief tickets na ons festival, al gaan jy nie. Ons is poes arm. Sien dit as ‘ n donasie.

As jy mooi soet is oor die naweek, gooi ons dalk vir jou ‘n zef krimismenu met so paar resepte, komende Maandag.
Place your ad here

Viewing all 3127 articles
Browse latest View live