Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all 3127 articles
Browse latest View live

Fantasma maak ‘n solid debut

$
0
0

Spoek Mathambo se nuwe projek Fantasma is gister amptelik gelaunch en die internet fokken gons. Die gesuis weerklink selfs op ‘n old school koerantjie soos The Guardian se website, maar jou Kaptein het die man so ruk terug gecorner en ‘n exclusive sound-bite spesiaal vir elke gelowige watkykertjie gekry.

Spoek

Okay piele. So confused soos Piet Retief tydens ‘n braai by Dingaan se posse? Let me exaplain. Dit gebeur seker vir ‘n rede die heeltyd met my, maar soms moet jy net eenvoudig ‘n band meer as een keer live sien. As ‘n laaitie in die Oos Rand het Saron Gas deur my are gepomp. Ons het myle gery om hul shows by te woon en dit was elke keer befok. Nou dat ek daaran dink – ek en my bra Ertjies was even lucky genoeg om een aand saam met die manne ‘n dop in The Doors te drink.

Meer onlangs het die Black Cat Bones in my bloed beland en ek dink in 2014 alleen het ek hulle iets soos ses keer live gesien – Peertjies se skuld. By the way, die Bones se Blues vibes werk veral goed as jou tjerrie jou vir die soveelste keer in die pad gesteek het. Of jy iemand anders in die pad gesteek het.

Net so voor Krismis het ek perongeluk Fantasma in ‘n (soortvan) underground basement vibe loop luister. Fantsma was ‘n belewenis en toe ek die ander dag hoor hulle gaan weer in die Barrister Hotel in Braamies jam… Well, ek het weer gedans asof niemand my bierpens en plumber’s crack kon sien nie.

Om rond te spring soos ‘n tiener is lekker, maar soos die Kaapse Klopse wat dalk moontlik by laasweek se Ram Fokken Jam in Langstraat uitgeslaan het sal weet – die lyf hy vat hom die shots as daar vir te lank gemosh word. Fantasma is Spoek se nuwe projek en om dit in een sin op te som: Die bra het pretty much een mean musical army assemble. Spoek is redelik bekend vir sy slick township-rap skills en vermoë om soos die beste creative director by ‘n kak larnie establishment uit die boks te dink.

Maar kom ons kyk net gou wie is hierdie weermag:
Eerstens het hy vir Bheki Cele – not the Deputy Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries – nader getrek. Nee Bheki is die sersant in Fantasma. Die ou wat uitmaak. Hy klap dik African bass tunes – nie dat hy net tot die spesifieke instrument beperk is nie. Hy jam gewoonlik voor die main act so stuk of drie traditional tunses (oftewel “maskandi music”) om jou in die mood te kry. Net dit dit op sy eie isal klaar piele.

Fantasma2Dan is daar op lead guitar Andre Geldennhuys wat ‘n paar dinge doen wat beswaarlik legal kan wees – dink Rage Against the Machine ontmoet Tupac en met Dr Dre wat die planne beraam het. Andre se goeie tjommas noem hom ook soms Dre.Heavy off-beat vibes waarmee die man moet werk. Dit is so fokken cool. Ek cream sommer weer in my panty as ek dink hoe hy met ‘n kitaar liede maak.
Dan is daar die drummer en Leviticus Buchannan maak ook sohalf uit in ‘n set wat baie maklik in ‘n moerse fokkop kan ontaard as iemand dalk ierwers ‘n beat of ‘n ding mis.
Laaste, maar beslis nie die minste nie mix DJ Spoko dinge wat jy dalk op ‘n kol iewers in isoos ‘n Mandoza mash-up by ‘n boeretroue gehoor het.

O ja, so bloukoptjerrie Moonchild feature ook op van Fantasma se tracks. Haar stem maak my so jags soos die manne by Rapport wat pretty much enige kak storie sal uitdink om ‘n koerant te verkoop.

Met Spoek in beheer is Fantasma ‘n army van ‘n ander soort. Dit maak ook meer sin dat Die Antwoord hom in een val hul ouer tracks so bietjie getune het.

#Once.

Gaan google bietjie vir Spoek en Fantasma, jy sal check die Britse pers skryf hom raak. Interviews links en regs. Live streaming vibes en natuurlik heavy intellectual quotes oor kak wat in ons land se musiek kan en gaan gebeur. Fantasma is iets anders. Gaan chekkit uit en kry sommer vir jou die limited edition vinyl. Ek weet ek soek een.


Ballade vir ‘n Enkel – Zombie en die Bokkombende

Die gode van industrial metal speel vir een aand in Johannesburg

$
0
0

Deur Big H.

Dit gebeur nie aldag dat mens ware legendes in lewende lywe op ‘n verhoog kan sien nie. Ministry, en meer spesifiek hulle frontman Al Jourgensen (a.k.a. “Uncle Al”), val in daai kategorie.

Ministry bestaan al van 1981 af en het deur die jare, soos kakkerlakke wat ‘n nuclear holocaust oorleef het, eenvoudig net bly voortbestaan. Oorspronklik het hulle “new wave synthpop” gespeel (dink Depeche Mode en soortgelyke emo bands), maar in die middel van die 80’s het hulle ‘n ander rigting ingeslaan en geboorte gegee aan die kakharde industrial metal wat ons vandag ken. En liefhet.

Ministry het deur die jare verskeie veranderinge ondergaan. In 2008, na 27 jaar en 11 studio albums, het hulle ophou speel, maar vir 2012 se Wacken Open Air Fest het hulle ‘n reunion gig aangekondig en alles dui daarop dat hulle nogsteeds reunion. Daar was intussen twee nuwe albums uitgereik, hulle het weer begin toer, en daar is verskeie gigs vir die res van hierdie jaar in Amerika en Kanada beplan.

Die verrigtinge by Carfax is geopen deur Suid-Afrika se eie Slashdogs en Terminatrix, wat fokken lekker was. Niks kon mens egter voorberei op die oudiovisuele skouspel wat op die stage ontplof het toe Ministry begin speel het nie. Uncle Al het die hele verhoog vol rondgebons, en dit was duidelik hoekom baie mense hom as die “godfather of industrial metal” sien. Die klank was uitstekend, die skare het aapkak gegaan, en as jy nie gefokus het nie het daai moshpit jou sommer fokken heel ingesluk.

Ek dink almal het die aand tevrede huistoe gegaan. Dit was een van daai “once in a lifetime” ervarings, en mens wéét sommer dat jy nie so iets gou weer gaan sien nie.

Hier is ‘n paar foto’s:
The Slashdogs:
01_The Slashdogs_DSC_6612_59 01_The Slashdogs_DSC_6961_50 01_The Slashdogs_DSC_7100_43
Terminatrix:
02_Terminatrix_DSC_8253_57 02_Terminatrix_DSC_8085_62 02_Terminatrix_DSC_9428_7
Ministry:
03_Ministry_DSC_0146_1 03_Ministry_DSC_0164_1 03_Ministry_DSC_0170_1-2 03_Ministry_DSC_0263_1-2 03_Ministry_DSC_0295_1

Enter the Ninja se ninja suit kan joune wees – en jy kan iemand terselfdertyd help

$
0
0

brixton‘n Baie goeie pel van Watkykjy, Drikus (Brixton) Barnard, van die band Brixton Moord en Roof Orkes (wat by Watkykjy se heel eerste festival gespeel het), het ’n gewas op die brein nadat hy twee beroerte aanvalle gehad het. Sy broer en guitarist in dieselfde band, Gerhard, is besig om geld in te samel om die hoë hospitaalonkostes te dek deur middel van auctions op social media. Jy kan meer info kry oor die saak hierso op Netwerk24.

Die maklikste manier om ons tjommie te help is om ‘n finansiële bydrae te lewer (die bankbesonderhede is aan die einde van hierdie artikel), maar as jyself dalk iets wil skenk vir ‘n auction, lees verder af en ons vertel jou wat om te doen.

Ons wil moerse graag baie help, so van ons kant af is daar sover twee items wat ons sal opveil:
1) Die oorspronklike ninja suit wat Die Antwoord gebruik het in die music video vir Enter The Ninja.
Jy kan maar die video gaan soek om te check hoe die suit lyk. Dis al way back in 2008 gekoop van die overseas af en dit sluit die tabi (ninja) bootse in (nommer 9), asook hand claws en foot claws (jy weet, vir boomklim en so aan). As mense van die overseas af daarop bie, kan ons die gevaarlike claws ongelukkig nie saamstuur nie omdat dit as wapens gesien word. Locally sal ons dit courier. Hier is die suit in sy glory days, die dag toe hy ontvang is:
ninja-suit

2) Tydens die verfilming van Die Antwoord se Evil Boy music video is daar ‘n Evil Boy houtbeeldjie as geskenk aan my gegee. Daar is net 3 van hulle laat maak. Ek sal hom ook laat gaan. So lyk die klein kak. En ons wil net hê dat Brixton ‘n piele tyd moet hê, want dis die tipe ou wat hy is, so laat daai bids inrol:
evil-boy

As daar genoeg belangstelling is in Die Antwoord se “memorabilia”, sal ons nog so paar items beskikbaar stel – daar is ‘n hele paar fokken skaars en one-of-a-kind items. Ons het geen probleem daarmee om daarvan onstlae te raak om ‘n vriend te help nie.

Hier is hoe jy op bogenoemde items bie:
Stuur ‘n e-mail na griffin@watkykjy.co.za met jou aanbod en die item wat jy graag wil koop.
Jy het kans tot 31 Maart, middernag. Daarna sal ons die persoon kontak en die items met die hoogste pryse op zefshop.com plaas sodat die item bestel kan word – die rede hiervoor is dat ons slegs in ernstige kopers belangstel (hierdie is vir ‘n goeie doel, onthou) en dat al die shipping info en delivery details daar ge-capture kan word. Dit gee die persoon ook die keuse om via EFT of kredietkaart te betaal. Sodra ons die geld ontvang, betaal ons dit oor aan Brixton se verloofde wat daai kant van sake hanteer.
Indien die persoon nie die item koop nie, stel ons dit internasionaal beskikbaar en sit die pryse op met R200 – ons is bewus daarvan dat Die Antwoord se fanbase eintlik oorsee is.

Vir ander items wat sover deur mense beskikbaar gestel is wat hieronder genoem word, kan julle ons kontak en ons sal jou in kontak sit met die regte persoon. Almal doen hulle auctions op hulle eie manier.
Die beste manier om items op te spoor is om op Twitter of Facebook vir die hasthag #HelpBrixtonBarnard‬ te soek. Jy kan jou eie bydraes of items ook beskikbaar stel onder daardie hashtag en met almal deel.

Hier is wat ander mense sover beskikbaar stel wat ons kon optel:

Hi daar
Ek het die twee original sketse wat op auction is tot more middag 5uur. En die Johnny Cash skets sal ek probably op he van Maandag af. Dis A4 pencil on paper. Janis en Keith is unframed en Johnny kom met ‘n raam.
Ek het ook limited A3 prints (een van elk) van Jimi Hendrix, Tom Waits en Bob Dylan wat ek dan sal post.
Liezel
Bob-small IMG_20150311_185356_1 Jimi2-small Johnny-small Tom-small

These three prints put up for auction by Elrie Joubert for the ‪#‎helpbrixtonbard‬ initiative.
Thanks so much Elrie X
“Preoccupation”
Digital print on Fabriano (3/5)
715 x 540 mm
2012
Unframed
“Everything has a Place”
Digital print on Fabriano (4/5)
715 x 540 mm
2012
Unframed
“I call it Passion”
Digital print on Fabriano (3/5)
715 x 540 mm
2012
Unframed
10425170_880715001970663_4206881607222845427_n 10995711_880715681970595_4583471598834071120_n 11057642_880715238637306_3939471368203664643_n

Behwalwe vir hierdie items is daar ‘n kakhuis vol ander kuns en muskiekinstrumente wat ook beskikbaar gestel is. Brixton se broer gaan byvoorbeeld ‘n baie nice Ibanez guitar ook beskikbaar stel.
Net om weer te re-iterate – gaan soek daai hash tag, HelpBrixtonBarnard‬ op social media en help om ‘n verskil te maak,

Daar word ook so paar befokte benefit concerts gereel deur muso’s wat hulle harte oopgemaak het en ons sal die details met jou deel sodra ons al die info het. Iets baie cool en positiefs wat hieruit ontaard het, is dat daar ‘n permanente jaarlikse gig op die planke gebring word om musikante in SA te help wat deur die noodlot getref word.

Laat ons seblief weet as jy op enige ander manier ‘n bydrae kan lewer en ons pass gerus die info oor aan na die regte channels. En deel asseblief hierdie post met soveel mense as wat jy kan.

Skenkings:
M E Visser
ABSA Cheque Acc. Nr 4072317255
Branch: 632005

Dis naweek, kom ons fokken duik!

Sondag. Skêre met skietgoed.

$
0
0

Maar eers vir so bietjie inspirasie vir Sondag:
If Sunday is the Lord’s day, then Saturday belongs to the Devil. It is the only night of the week when he gives out Free passes to the Late show at the Too Much Fun Club. – Hunter S. Thompson
heerlike-coconuts head-shot

Laasweek se zefspotters

$
0
0

Zef spotted!
Gabrie
satelliteDis nou hoe jy n VW deur jou gat trek!
Tyres2000
Beetle11Trots SA
Tyres 2000
trots-saFywerit
Ludwig
fyweritHi Griff,
Hierdie een gespot op die N1 oppad na Samrand. Hierdie ou het vir hom n K&N filter ingesit, net om vir almal te wys hierdie Ford Focus 1.6 FOKOF!
Jan
focus 1 punt 6Die Boksburg Anglia Aandete vir R55k
Corne
ANGLIA SUPPERBaie legit.
Corne
johnny walker

 

Hierdie gespot by Pick n Pay
Gavin
Hierdie gespot by Pick n Pay GavinKak zef nigel dragster
Brendon
kakzef nigel dragsterMamma se Tieties
Peter
mamma se tieties

Donovan Borne – Woad Hill

$
0
0

Donovan Borne het nog ‘n nuwe tune uit waarvoor ons ‘n klein video aanmekaargesit het. Dis ook vandag die bra se verjaarsdag. Check sy Facbeook page uit as jy die tune like.


Dazzle Dancing – marabs moves uit die boonste rakke

$
0
0

Jirre, die 80s was ‘n aaklige tydperk. In case jy dit geniet het, laat hierdie poes, Rick Dees en vriende dit vir jou spoil met sy “Dazzle Dancin'”

Sulke aaklig.

Katharine McPhee – Woensdag se warm bokkie

$
0
0

Suid-Afrika het so nie lekker mense op TV nie. Kyk byvoorbeld na die laaste paar Idols wenners – not the best to look at. Nou kry jy iemand soos Katherine McPhee wat in 2006 die runner-up was in Amerika. Fokken mooi.
Katherine McPhee bad haar kwas Katherine McPhee in lingerie Katherine McPhee in onderklere Katherine McPhee in stockings Katherine McPhee lame foto Katherine McPhee sit mooi

Oppizombi – Zombi en die Bokkombende

Dead Lucky – interview met Lazarus se zef laities.

$
0
0

Ons het bietjie met ‘n nuwe band op die scene, Dead Lucky ge-chat. Hulle het sopas hulle eerste album, Sons Of Lazarus gedrop (verlede week) en ons sal hom ook review deur die loop van die maand. Check eers gou hulle video uit vir een van die tunes van die album af, “Live Fast, Die Last” voor jy deur die interview lees. Check aan die einde van die interview uit vir nog so paar tunes waarna jy kan luister.

Kom ons kry lame poesvraag eerste uit die pad uit: Hoekom die naam Dead Lucky vir julle band?
Chris: Ek het geen fokken idee nie. Dit klink heavy cool, soos Pantera, Metallica, Sepultura, Mötorhead, Fuck, ens.
Jean: Ons het n naam gesoek en kon nie op een fokken kom nie, toe raak ons maar poestoe gesuip en tattoo mekaar, toe ons weer kyk sit Kyle met ‘n tattoo wat sê Dead Lucky met so paar karate en what not. Van die naam gehou en toe het dit gestick
Jeandré: As jy n fokken show survive is jy dead lucky…

Wie is almal in Dead Lucky en wat is die brasse se backgrounds?
Ek is Chris, ek jol die fokken bass kitaar. Ek maak laat die mense se holle dans. Groove is my plig.
Ek is fokken Jean Middelvinger. Ek poes dromme, suip ‘n ding fuctup en snuif enige iets en rook poesbaie boom.
Ek is Kyle Lucky, ek probeer sing, suip whiskey en ry bikes, BRAAAAAP!!!
Im Alex, I play lead guitar and FIFA.
Ek’s Jeandre, ek’s nuut in die outfit, speel rhythm en doen backing vocals. Ek is ‘n 21-jarige naai uit Kuilsriver, jam guitar, love ‘n lekker party en meisies met groot tiete.
dead luckyJulle debut album, Sons of Lazarus is sopas uit. Kom ons praat eers oor die fisiese album – Dit lyk nogal fokken slick. Hoeveel werk het in die planning van die album gegaan? Die design en daai tipe van vibe? Daar is even ‘n poster in die inlay. Dis poes fancy.
Chris: Dis alles Jean, Steve Harzen en Hybrid Media. Die recording het gebeur voor ek in die band was. Dit het vir my off-the-bat lekker geklink, dit maak net sin dat dit lekker lyk ook. Full package.
Jean: Ons design bra is Steven Crack Hharzen – hy was die oorspronklikke bass speler toe ons begin het back in the day. Ons wou ‘n poes slick package drop, iets wat op n internasionale level gan impress. Als wat ons nog altyd gedink het cool was het ons gebruik as guidelines vir die design. Dit het befok uitgekom op die einde. Thank fuck.
dead lucky sons of lazarusEk sien Brendyn Rossouw en Theo Crous het julle album produce. Hoe duur is dit deesdae om so tipe van professionele album uit te sit met die beste ouens in die business?

Chris: Ek het nie ’n fokken idee nie, maar dis die moeite werd.
Jean: Ag, die brasse is goeie tjommies, so ons was nie so hard gecharge nie. Krap maar mekaar se rûe…

Reuben Cohen het die outjie vir julle ge-master. Hy het ook Rob Zombie se shit gemaster. Op watter stadium begin jy piele afkap om hierdie kak te kan bekostig? En hoekom juis daai bra vra om dinge te master?
Chris: Ek het nie ’n fokken idee nie, maar dis ook die moeite werd gewees.
Jean: Snaaks genoeg, uit als is die mastering die cheapste gewees. Ons het met Theo gesit en brainstorm oor wie te gebruik as master engineer. Hy en Reuben het al baie saam gewerk en ken mekaar. Ook ‘n rede hoekom ons ‘n baie goeie prys gekry het op die job. So dinge het maklik geloop. Almal het nog hul piele gelukkig
dead lucky liveDie album self nou – ek sal Sons Of Lazarus se musiek of styl opsom as Lemmy van Motorhead en Rob Zombie wat ‘n kind aangeneem het en grootgemaak het op musiek, zol en poesklappe. Hoe sal julle dit beskryf?

Chris: Dis groovy, vinnig, hard, en mooi. Die vocals klink soos ’n reus, die dromme is solid, guitare riff kliphard, bass maak mooi. Daar’s killer riffs en befokte vocal content, die songs het almal ’n mood en hulle werk befok live.
Jean: Haaha, ja. Wel , poes groot guitar riffs, heavy driving drum, vocals is soos ‘n poese reus wat op jou skree. Ag fok jong, dis poes hard, poes lekke, jy wil net fokken party op die musiek. So dis shap!
Jeandre: Dit is die tipe soundtrack wat sal jol as mense ‘n bank beroof.
dead lucky live 2Afgesien van my vergelyking klink julle sound tog heavy uniek. Ek was kakbly toe ek dit in die CD player druk en skiem “dank god dit klink nie soos ‘n Suid-Afrikaanse band nie” – jy weet wat ek bedoel. Is dit ook wat julle motifeer om SA ‘n pit te druk en hele band Europa toe te vat? Is daar ‘n future vir hard rock en metal in SA of is dit maar dieselfde groep wat mekaar se piele suig?

Jeandre: Daar sal altyd ‘n baie klein mark wees.
Chris: Daar word maar piel gesuig. *vee kom tussen tande uit* Ons jol hier vir die kleinste persentasie van alternatiewe rock luisteraars. Dis about 2%, dan is dit ook nog ’n kompetisie, mense is mos fokken cool. Daar is ’n paar (festivals) wat help vir rock en metal, maar radio word geswamp deur ander populêre musiek. Afrikaanse Techno, House, Gospel, Electro, R&B, Hip-Hop, ens. In Europa is daar ’n groter persentasie van die bevolking wat rock en metal luister.
Jean: Ons is nie juis in die metal scene nie, so ek weet nie wat daai dudes doen backstage nie. Ons poes eerder iemand voor ons sy piel suig. Ek dink daar is defnitief nog ‘n groot toekoms vir heavy rock en ook metal bands seker vanuit ons land, die toekoms is net nie in S.A nie. Sal nooit vir SA ‘n pit druk nie. Drugs en drank is mos lekke cheap hier. Ons het 4 jaar gevat voor ons ons album begin record het, mooi eers aan ons sound gewerk.
dead lucky zolHoekom het julle Sons Of Lazarus gekies as ‘n naam virrie album? Het julle madjat gerook en te veel Sons Of Anarchy gekyk?Chris: Ek het nie ’n fokken idee nie, maar dit klink cool. Die album sou eers 13 gewees het, maar toe kom die Black Sabbath plaat uit. Suicidal Tendencies het ook ’n 13, en ek dink daar is ’n Highway 13 Jack Hammer album.
Jean: Sons of Anarchy se poes man! En nee, ons rook net chronic, ek’s fokken Middelvinger, fok. Die oorspronklike idee was dat ons die album 13 noem, toe drop black Sabbath ‘n album met daai poese naam. Naaiers. Toe besluit ma om een van die songs se titles te gebruik.
dead lucky jeandreAs daar een persoon is past of present, dead or alive vir wie jy ‘n copy van jou album in sy koue moet stop, wie sou dit wees?

Chris: Jesus, of Dimebag Darrel.
Jean: Fokken hitler papa
Jeandre: Lucky dube – shoutout vir Andre Kriel! Hahahaha!

Wat kyk jy, poes?
Chris: Fokol, want jy is fokol.
Jean: Hou jou ma se poes dop, jou nai!
Jeandre: nou moet ek keer of dit is amper naweek…

Mr Cat & the Jackal se kakste gig ooit

$
0
0

deur JC Visser (bassist van Mr Cat & the Jackal)

Mr cat and the jackal 2

foto deur Greg Maxwell

Mr Cat & the Jackal is ‘n multi-instrumentele musiekgroep. Baie van hul tyd word spandeer in ‘n toerbussie op pad na vreemde dorpies met non-compos-mentos oomblikke.
Die volgende staaltjie kom van die heel eerste solo-toer. En van toe af eet die ouens sjampoe. Vir die hare op hul tande. Hierdie is ‘n Ware verhaal.
Julie, 2009. “Fokkenpassop!” Ons stamp met ‘n trailer vol instrumente deur ‘n pad gevreet deur slaggate. Blindelings steek klein lorries ons verby, volspoed. Ons giggel senuagtig terwyl die kraterpad ons lei na ons eie slagting. In ‘n pragtige dorp om ‘n dam – Hartbeespoortdam. Ons eerste keer Gauteng toe.

Sopas ‘n debuut-album uitgereik met fanfare in Stellenbosch en Durbanville, maar die geraas trek nie baie vêr nie en dinge is maar koud vir ons in die Noorde. Die enigste manier hoe jy oor provinsiale grense bekend kan raak, is wanneer jy een of ander nommer op die radio het. En dit het ons defnitief nie. Jy sien, ons maak redelike vreemde musiek. Soos ‘n bejaarde hanswors is ons nie seker of gehore ons geniet omdat ons talentvol nie is nie, en of hulle net hande klap uit respek en simpatie het vir die self-martellende situasie nie.

Dis die einde van ‘n 2-week toer en ons word per toeval geboek om in restaurant te speel op in die hoof toeriste-aar van ‘Harties’. Daar word ‘n gehoor, klein bietjie geld en selfs blykplek vir die aand belowe. Pierre het as kind na Hartbeespoortdam gegaan en het allerande stories vertel van ‘n watersport Utopia. Ons is almal vreeslik opgewonde om hierdie diamant van ons land te verken. Dinge lyk goed! Uiteindelik iets om na uit te sien!

Soos ons daar aankom, bel Jannie “Bull-in-a-China-shop”. Hy stel ons in kennis dat die hele dam nou giftig is en dat ons nie die water moet drink nie. Net soos die woorde deur die selfoon kom, sien ons ‘n ou langs die pad stap. Hy stop en kyk ons stip in die oë. Hy buig oor. En kots. Dit was ‘n teken.

Die venue is ‘n lekker 300-stoel buitelig restaurant. Groot hout bar, 2 dobbelmasjiene en ‘n pool tafel. Langsaan is ‘n soortgelyke plek. Jy kan ‘n ou hoor wat backtrack liedjies sing. By die kinder speel-area is daar ‘n moerse opblaas krokodil. Sy bek gaan die heeltyd oop en toe. Die lawaaierige lugpomp vibreer op B-mol. Soos ‘n enorme meganiese vuvuzela. Sonder fokken ophou. Die mense wat vir ons die vertoning georganiseer het (en ook die klank sou doen), bel om ons te sê dat hulle hul bakkie se as gebreek het op ‘n pothole. Hulle kan nie meer deurkom nie. O, en um… “Good luck!”.foto deur Greg Maxwell

foto deur Greg Maxwell

Die eienaar van die plek is baie entoesiasties. Hy dink ons is beroemd. Ons dink weer hy is net baie vreindelik. Daar word oor die verbale kontrak gegaan. Gelukkig toer ons altyd met spaar klanktoerusting so ons pak uit en maak reg met groot opgewondenheid. Maar die restaurant bly leeg. Dis 2 namiddag op ‘n Sondag. Gewoonlik sou daar ten minste ‘n paar tafels vol mense wees om te kom eet, maar nou is daar absoluut niemand nie. Meneer Eienaar is nog steeds oor-entoesiasties en hy vra ons of ons rook-rook soos in ‘rook’. Na ‘n klomp grappies staan ons almal in ‘n sirkel agter die boom en teug aan sy slowboat. Na net die helfte van dit is ons almal so gaar dat ons saam besluit om die ding or die muur te smyt. Dit was defnitief meer as net Jamaican slaaiblare gewees.

Nog steeds niemand nie. Nou wag ons maar. Senuagtig. Kleure meng oor mekaar. Maag swem. Meneer Eienaar raak net vreemder en vreemder. Die lug is dik met ongemak. Ewe skielik marsjeer die eienaar sy kombuiswerkers uit. Hulle word voor ons gesit. Nou het ons ‘n crowd, so nou moet ons speel. Ons begin toe maar met ‘n instrumental wat groei in ‘n ballade en dan terug val in ‘n existensiële wals wat ons eindig met ‘n oerwoudagtige soundscape.

Meneer Eienaar en sy kombuiswerkers weet nie hoe om te reageer nie. Hulle herken amper geen van ons instrumente nie. Dis te vreemd. Ons is te vreemd. So ons is dalk duiwels. Na elke liedjie is dit tjoepstil, behalwe vir die meganiese krokodil-vuvuzela. Later word dit ook afgesit. Die atmosfeer is nou so ongemaklik, dat jy in die dikte daarvan kan verdrink. Anne Frank met gastro…

‘n Vrou loop in. Miskien sesvoet-twee met ‘n massiewe 80’s blonde haarstyl. Sy bestel 2 dubbel brandy en Cokes. Alpha Vrou. Meneer Eienaar ken haar. Hulle staar na ons deur skrefies-oë. Ons speel onskuldig ‘Kallimba Lullaby’. Alpha Vrou staan op en skree: “Speel Juanita du Plessis!” Gertjie kyk net af en begin “We’re all gonna have to die one day, Hurrah” te strum. Sommige van die kombuiswerkers lag. Uiteindelik is ons klaar na 9 liedjies. Ons het 4 uitgesny maar dit het nog steeds gevoel soos 10 jaar by die tandarts. Die laaste liedjie wat ons opvoer is “Walk the Plank” – ‘n over-the-top seerower song.
“Ooooooo!”, skree Alpha Vrou, “Nou DIS lekker!” En sy begin te dans. Ons vang bietjie gees en so vir ‘n hele 2 minute is daar ‘n lekker vibe.

Dan stop dit.

“Speel nog!” Eis sy. Maar ons is klaar. Daar is nie nog dans-tempo liedjies in ons repertoire nie. “Ag nee man!”, snou die vrou ons toe nou.

Daar word blitsvinning toerusting opgepak. Sy is by die bar saam met Meneer Eienaar. Tyd vir kortetjies. Hulle koop vir hulleself tequila en vir ons groen sours. Meneer Eienaar sit met sy voete op sy bar en voer die dobbelmasjiene R100-note. Die knoppies word vasgepen met vuurhoudjies. Moet seker ‘n werksding wees.
“Onthou…um… onthou die kontrak…” noem ek met ‘n heserige stemmetjie aan Meneer Eienaar.
“Wat?”
“Die geld wat jy gesê het…”
“Wat?”
“Ons moet… waai. Kan jy ons nou betaal, asseblief?”
“Sit. Koop vir jou ‘n dop!”

Ons kan niks doen nie. Watookal ons gerook het is definitief nog steeds in ons are en spoel met paranoia deur die brein. Niemand weet waar ons gaan slaap vanaand nie. Kry nie die pothole-gestrande organiseerders in die hande nie. Tussen die 5 van ons is daar ook nie rêrig geld nie en nog niks is daai dag geëet nie. Almal maak beursies leeg, deel saam 2 biere, gaan sit om ‘n tafel en staar die verte in.

“Wil julle my tiete sien?” – Alpha Vrou het al ‘n paar doppe gehad.
“Julle is mos famous. Was jy al op TV?” Sy sit omtrent op my skoot.
“Hoekom wil julle nie my tiete sien nie?”
Ons is te dom om te antwoord en sy loop weg – die moer in.
Vyf minute later is sy terug, maar met ‘n ou. Breë skouers in ‘n motorfiets leerbaadjie.
“Hulle wou my tiete sien!”
Gelukkig lyk dit asof hierdie ou weet van haar, so hy rol net sy oë. Ek sluk hard. Hy leun met sy kneukels op die tafel: “Is julle van die Kaap?”
Ons knik.
“Die Kaap is lekker” Ons knik entoesiasties, glimlag selfs.
“Lekker KAK!” Hy draai om en stap weg met sy stert in die lug.

Soos ‘n boodskap van die engele kry ons ‘n oproep van die organiseerders af. ‘n Vriend van ‘n vriend van hulle het ingestem om ons te huisves vir die aand. Meneer Eienaar kom daarna na ons toe en gee bietjie geld. Dis duidelik tyd om te fokof. Toe almal in die amper petrol-lose kar klim bars ons uit van die lag oor die hele situasie. Die tipe gegiggel van ongeloof, asof jy nounet van ‘n haai af weggeswem het. Maar toe stap leerbaadjie uit. Ons sluk ons smiles en jaag onmiddelik weg.

Die son het sopas gaan sak. So honger is ons dat daar oorweeg word om ons maagklanke vir die volgende album op te neem as ‘n nuwe instrument. Petroluum en pizza word erg benodig. By ‘n ‘Italiaanse’ resaturant word daar roekeloos parkeer. Lekker groot vuur buite. Vinnig 5 Black Labels bestel. Cheers! Menu lees soos ‘n heilige geskrif. Hoekom is die restaurant so stil? Daar is kinders en dis redelik vol maar ‘n vreemde klankdemp oorheers. Pierre gaan badkamer toe om sy vleisdas leeg te tap.
Hy kom met ‘n wit gesig en ‘n benoude lopie vinnig terug. “Ons waai NOU!” Soos ‘n geoefende span, staan ons gelyk op, los ‘n R100 en vat weer die pad.

In die badkamer het daar ‘n ou in Camo langs Pierre kom pee.
“Waar kom jy vandaan?” Vra die man.
“Stellenbosch”
“Hoekom dra jy kafferskoene?”
“W-wat?”
“Weet jy wat ek doen vir ‘n lewe?”
“N-n-nee…”
“Ek skiet kaffers.”
Net soos dit. Toe lig hy sy hemp op om sy moerse mes en AWB tattoo te wys. Hy was nie besig om Pierre te intimideer nie – hy was besig om te brag.

Met pieringoë ry ons verdwaald deur Harties en kry op die ou eind Sjinese kos. Voel veiliger tussen ander vreemdelinge. Daar kom tel die vriend van ‘n vriend van die organiseerders ons op. Ons volg hom na die verblyf. Buite die huis is ‘n karavaan waaraan die man werk. Hulle het 5 honde en ‘n bababrakkie. Almal in die huis is
baie oorgewig, insluitend die honde en die brakkie. Dis soos twee families waar die een die ander geëet het. Die man en sy vrou is baie gaaf maar duidelik bietjie geirriteerd dat hierdie band op nommer 99 op hulle gedompel is. Hulle gee ons ‘n 5L bottel water en verduidelik hoekom die dam nou giftig is. Iets vrot diep in die onderkant. Moenie die kraanwater drink nie, en moenie te lank stort nie.

Die 5 van ons deel ‘n klein kamertjie met 3 matrasse. Pierre het een van daai miniature 11” skootrekenaars wat mens saam met ‘n Blackberry selfoonkontrak kon kry in 2008. So ons maak gereed om die enigste movie te kyk wat hy het – ‘Pirates of the Carribean’. Net na die openingstitel gaan die battery dood. Die charger maak nie
kontak met die kragpunt nie en ons weier om die vriendelike oorgewig mense wakker te maak vir ‘n ander dubbelpunt plug. So net voor ons aan die slaap raak begin ons weer te lag. Daai tipe emosie wat jy as kind gekry het as jy huil terwyl jy roomys eet.

En dan wonder mense hoekom ons musiek so donker is…

Hartebeespoortdam sal ons nooit weer sien nie.

Mr Cat & the Jackal se derde album, SET is nou uit en beskikbaar op iTunes. Gaan besoek gerus hul Facebook-blad vir verdere inligting.

foto deur Iggy Bester

foto deur Iggy Bester

Dis naweek, kom ons fokken duik!

Sondag. Skêre met skietgoed.

$
0
0

Maar eers vir so bietjie inspirasie vir Sondag:
Sunday clears away the rust of the whole week. – Joseph Addison

goeie-ou-plaasmeisie haar-lippe-sal-jou-tril-breek


Laasweek se zefspotters

$
0
0

Happy for you, Riaan…
Ankia
lekker ou riaanIemand het hierdie ou afgesny of hy het soos ‘n doos bestuur. Iemand moet hom so paar tips gee. O wag, hy like nie tips nie…
cirmucision colitionLekker Primrose!
Egbert
too loud too old too zef too dumb tol fokopLekker Zef – “Da Ally Gal” op die M1.
Fokkit!
Dean
ZefYes Chopper,
Lekker om jou vinnig te ontmoet gistraand. Ek’s al n’ Watkykjy fan sedert 2001 waar ek ‘n interview raakgelees het, wat Watkykjy met The Narrow gedoen het. Dink Lanie se antwoord op die laaste “Watkykjy?” vraag was nog, “Na jou cherrie se tiete”. Allermins, hier is my foto vir die zefspotters, amper die naaste wat ek nog gekom het aan vir ‘n wolbeursie betaal. Gedink hyt sal mooi lyk op die Watkykjy kaggelkakrak. Dit was by die Plaaskombuis in Hermanus. Hulle het ‘n moerse bric n brac gedeelte met 70’s stuff wat lyk of dit uit ‘n set van Konings uitgesteel is.
Groete,
Korff
wolbeursieZef Bridges fans
Marno
blesHoezit Griff?
Hierdie outjie afgeneem by ‘n shopping centre in Howick. Goeie ding hy’t sy ligte aangelos. Gelukkig is Karma ‘n ou poes, so jy moet lekker stoot ou grote.
Cheers
Dirk
poes pakeerderLekker Zef in Dakar, Senegal
James
dakar senegal zefSuper zef Minion
Jaco
zef minions 2 zef minionsOudste kar op die pad
Gabrie
oudste kar op die padNuwe Simba flavour?
Henry
simba hol flavour chips

 

Praying Mantis Morkel moet Proteas woema gee

$
0
0

morneDaardie drie treëtjies voor sy run-up (waar hy so ‘n sirkel gooi) het vir Morne Morkel die naam Mantis gewen.

But in all fairness, die lang lêl van ‘n man kan nie juis moan nie want die geniuses wat daarmee vorendag gekom het, het net soveel Vereeniging soos hy in hulle bloed.
En kom ons neem aan dat ‘n hele klomp huisgesinne van daardie valley af fokken vroeg wakker gaan word om semi-final te kyk. V-Town represent in ‘n fokken Cricket World Cup semi-final. Guns gelaai pappie. Die produk is Morne Mantis Morkel – pace bowler en dude wat skiem hy is Matthew Hayden as hy dalk ‘n stuk hout in die hand gestop word.

Kyk hier, ons weet Dale is diè yster en as hy eers bloed ruik kak alles en almal voor hom maar bid solank vir die armsalige Kiwi kreatuur wat dalk Dinsdag ‘n bemoerde Morkel in ‘n crunch game moet face. Imagine gou hoe bekak ‘n bra homself as Mantis net 15% soveel nek-are soos die Steyn Remover wys. Fokkit, as ou Mantis net so klein bietjie meer aggro vibes wou gooi… As hy dalk meer soos Coenraad de Buys kon wees.

Coenraad de Buys?

coenraad de buysDe Buys was die eerste wit man (so ver die ouens wat sulke stuff opgeteken het weet) wat geskiem het om so vêr noord soos die Trasvaal te mission – hoofsaaklik omdat almal hom wou bliksem, maar nie kon nie. Anyway, in die Boere se geskiedenis is hulle skaam oor die bra – hy haal nie eers die voetnotas nie en dalk is die hoofrede omdat hy regdeur die kleurgrens gespyker het. Hoekom? Want hy kón. Tog was hy, nes Mantis, ‘n sewe-voet reus van sy tyd en het hy iets soos 315 kids gebou. Yup 315. Sit daai in jou pyp Zumpies en rook hom.

Henry Lichtenstein het De Buys as volg beskryf:
“His uncommon height, for he measured nearly seven feet; the strength, yet admirable proportion of his limbs, his excellent carriage, the confident look in his eyes, his high forehead, his whole mien, and the dignity in his movements, made altogether a most pleasing impression. Such one might conceive to have been the heroes of ancient times; he seemed the living figure of a Hercules, the terror of his enemies, the hope of his friends…”

Ek het heel per toeval ‘n Max du Preez stukkie op Net-Werk24 oor hierdie kak wat nou eweskielig op die UCT kampus spat gelees en daar het hy ook na ‘n Coenraad de Buys verwys. Die feit dat ek gelees het was ‘n wonderwerk, granted, maar fokkit, gaan Google bietjie die bra. Hoewel De Buys en Mantis beide sewe-foot reuse is/was, was ou Coenraad aansienlik meer hardcore as onse Proteas speler.

Coenraad het vir hom ‘n properse stam gebou en daar is selfs ‘n dorp na hom vernoem – ‘n hele fokken dorp. Nee, moenie nou simpel raak nie – Van Coke Burg Stad is ‘n kak idee. De Buys het aanvanklik in die Oos-Kaap beeste gesteel by die Xhosas en later vir die Xhosas by die Boere (en tussenin het hy nog die Engelse ook lekker befok). Totdat almal in die omgewing vir hom gatvol geraak het – wit, swart en bruin. En dit was alles in ‘n tyd voor Tinder (and for that matter, tampons) en die bra het meer as enige hip-hop artist in die geskiedenis van die mensdom geraps.

Hy was Tiger Woods maal ‘n biljoen! Net ligter van gelaat. Sy tydverdryf was baklei of saag (of albei), en op ‘n kol het hy selfs by die Xhosa queen gebly. Hashtag – true story. Some may even say that the dude took nasiebou to a next level. Die laaste keer wat iemand hom gesien het, het hy deur die Limpopo geloop, oppad na greener pastures of iets.

Punt is: Coenraad de Buys was ‘n legend. En ek skiem as Mantis Morkel die balletjie teen so 140 km per uur net so kort van ‘n lengte (ribcage area) kan plant, gaan geen fokken spannetjie ons in die World Cup ons kan klop nie. En dan’s hy ook ‘n legend. Sonder die 315 nasate, maar ‘n legend nonetheless.

Hoekom jy fokken 3am móét opstaan vir moontlik die beste krieketgame ooit – Proteas vs New Zealand

$
0
0

Kykhie, stop alles waarmee jy besig is by die werk en slip gou uit om chips, dips, biltong, jelly babies, droëwors en bier te gaan koop, want die fokken Proteas jol more ‘n poesbelangrike game. Hopelik was jy wakker genoeg om soos ‘n paar van my tjommies leave in te sit vir more se game en jou werk ‘n vet pit te druk. Jy het nog tyd – sweef daai fokken leave form oor na HR se kant toe en kry die fokken ding net gesign. Drie-uur die oggend is ‘n heavy muf tyd om krieket te kokkenodge, maar dis nou maar ongelukkig hoe dit werk met die international time zones en daai klas van kak. Die ander cool ding is dat jy sommer van 3am af gespat kan raak, net na 11 sommer ‘n brekfis kan braai as die game klaar is en dan hoenderkop terug in die bed klim en jouself aan die slaap lag of huil, watookal die results tussen die Proteas en New Zealand gaan wees.

Môre se game is moontlik die taaiste World Cup game wat SA se beste sportspan ooit moet jol. Die Kiwis sit met seker die beste span in hulle geskiedenis wat hulle na die World Cup toe gestuur het en hulle het sover fokol games verloor. Not a one. Nada. Jirre, en hulle kan bliksem en boul. Heavy gevaarlike tye waarin ons lewe, maats. Die Proteas, aan die ander kant, het bietjie van ‘n weird team. Jy is nie aldag seker wat jy van hulle af gaan kry nie. Hulle is bietjie soos daai skisofreniese oom van jou van Waterkloofrif wat by jou 16de verjaarsdag uitslaan – jy weet nou nie so lekker of hy vir almal by die party R1000 in die hand gaan stop en fokof en of hy sy piel aan al die meisies gaan ontbloot sodra hy met sy clown suit uit sy Mazipa Benz spring nie… Kom ons hoop en bid die Proteas het nie clown suits aan nie, want ons land se wêreldbekerkrieketgeskiedenis is amper so donker soos wat ESKOM dinge vir ons maak sedert 2008…

Die slim mense tune altyd jy moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy op pad is, so hou gou handjies vas en bid saam terwyl ons die donkerte saam inloop…
(vrywaring – visuele beelde mag sensitiewe Watkykertjies ontstel)

1992: Semi-finals – Proteas vs die Bleekbene
Hierdie is rofweg twee jaar voor Suid-Afrika begin bitch het oor dial-up speed. Die vloekwoord, Duckworth-Lewis was aan weinig bekend. Ook nie die woord “Choker” nie – maar hier was fokol choking – hier was trane. Baie, baie fokken trane. Suid-Afrika het 22 lopies gekort om Engeland op te fok, en dit slegs van 13 balle af. Heel maklik. Finals, hier kom ons! CHAAARGE! Skielik word dit 22 van 7 balle. Ook doenbaar.
Toe kom een of ander poes met ‘n wit hoed uit en tune dat Suid-Afrika nou 22 lopies kort van slegs een bal. “Totsiens, en baie dankie dat julle gekom het, hoor.”
*poep so in sy hand en gooi poep in die algemene rigting van ons krieketspan*


1996: Quarter-finals – Proteas vs West Indies
In 1996 het ons eerste in ons groep gekwalifiseer. Mammas en pappas het al begin klaskapteinbalkies uithaal. Toe verloor ons teen die Windies met 19 runs. Brian Lara het vir ons stukkend gepoes. Herleef die horries:

1999: Semi-finals – Proteas vs Die Gifappeltjies
Klusener en Donald staan reg met die stokke om leerballe te etter. Die laaste over was die kakste ooit in SA krieket. Daar is mense wat nou nog kwaad is vir Donald daaroor. Ons weet nie of hy ooit weer tiet gesien het na daardie game nie. Nee eers op die internet nie:

2003: Eerste rondte, klaar met kees.
PollockMet tromme en klinkende simbale het Suid-Afrika ons mooi land aangebied as speelgrond vir die wêreld se beste. Een van die swakste jare in SA krieket het in 2004 gevolg, waarin ons net die Windies in ‘n single match kon oorwin. Maar terug by 2003 – die Proteas moes chase teen Sri Lanka. Dis die jaar toe Shaun Pollock ons kaptein was en die span moes tune wat om te doen. Dis ook die jaar waarin hy uiteindelik na die match uitgevind het hoe ‘n fokken calculator werk. Suid-Afrika was op 229 en het net een fokken punt gekort om deur te gaan na die volgende rondte. Mark Boucher het geskiem ons target was 229 en nie 230 nie. Hy het toe sy mooste textbook block gedemonstreer met die laaste bal en Suid-Afrika huis toe gestuur. Hulle hoef darem nie te ver moes loop nie, siende dat ons die hosts was. Ons was daardie jaar die Bafana van krieket. Pollock, die rooikop-stiefkind, het bedank as kaptein (maar steeds vir die Proteas aanhou speel) en Biff was ons nuwe kaptein. Daai is ‘n fokken storie op sy eie ook…

2007: Semi-finals Proteas – vs daai Geel Stink Mannetjie van Sin City (Ozzies)
Wat die Proteas fokken mooi reggekry het in 2007 was om eerder met almal se emosies te speel as actual krieket. Jirre, pappie, hulle het vir ons ge-rollercoaster daai jaar. Ons het Engeland, die Windies, Ierland en Skotland goed opgefok (maak so denkbeeldige draadtrekbeweing) en Sri Lanka net-net geklop. Australia, New Zealand en Bangladesh het vir ons in Rizlas gesit en vir ons gefokken double clutch. Dis egter die Ozzies wat vir ons die hardste gerook het in die semis – laagste score ooit vir die groen-en-goud – almal uitgeboul vir 149 om ons te verneder met ‘n oorwinning van 7 wickets.

2011: Quarter-finals – Proteas vs die Kiwis
Vreeslike dramaties match. *rol oë soos ‘n tiener* Voor hierdie twee spanne mekaar die stryd aangesê het, kon die Proteas net sowel sertifikate gekry het vir die prestasie “boul almal teen wie jy speel uit voor 50 overs”. Toe loop die Kiwis op die veld en dun straaltjies pis loop teen Suid-Afrika se been af in sy tekkies in. In ‘n dramatiese wending het ons 8 paaltjies in ‘n kwessie van 68 runs verloor. Dit was so ‘n fokken skaam oomblik gewees dat YouTube moontlik geweier het om enige iemand toe te laat om soveel skaam in een video op YouTube toe te laat.
*vee sweet van voorkop af en dab trane met sneesdoekie uit ooghoeke uit*

Hier kom ons by 2015.
Hier kom ons by 2015. Dis ‘n groot oomlbik. Die choker-apie is van die rug af geskud en die Proteas het baie om oor trots te wees. Ons brasse het hulle heel eerste knock-out oorwinning in Wêreldbekerkrieket beleef en die pressure, alhoewel massive, is draaglik. Ons het ‘n goeie kaptein in AB en daar heers ‘n groot kalmte voor die storm. Aan die ander kant is New Zealand hopelik over confident en so paar verkeerde judgement calls kan ons red. Ons moet net nie chase nie. Jirre, laat ons net nie chase nie, samblief. As ons môre se match wen, dan fokken drink ons. As ons môre se match verloor, dan fokken suip ons!

As ‘n side note is hier vir jou ietsie om oor te dink – die Proteas het nog net 7 ODI matches teen die ozzies gejol by die MCG sedert 1992, waarvan ons 6 gewen het. Daai is lekker stats. Fok ons New Zealand môre op, sal dit dalk een van die beste finals ooit in krieketgeskiedenis wees by die MCG. En hopelik teen die Ozzies, want dis fokken lekker om iemand by sy eie huis te verneder. Soos wanneer jy by jou vriend Hennie se huis braai, kakhuis toe gaan en terugkom om te announce: “Jirre Hennie, jy was laaste in die kakhuis. Jy het ‘n floater met mielies en en rys gelos, jou naai!”

O ja, en as Duminy dit by some miracle regkry om in more se match weer ‘n hat-trick te boul, maak ek ‘n GoPro aan my tril vas, smeer myself vol heuning en hardloop al skreeuende deur Danville se strate. Dronk, obviously…

work must wait

Alison Brie – Woensdag se warm bokkie

$
0
0

Jy sal Alison Brie dalk herken van die show Mad Men of dalk ‘n ouer meer dodgy reeks wat ‘n totaal van 6 episodes oorleef het – Hot Sluts.

Tit-bits:
Sy word gerate as een van die chicks met die mooiste gesigte ooit (haar tiete is ook glad nie sleg nie)
Sy het as ‘n clown gewerk voor sy in acting beland het.
Sy zaber nou al vir die afgelope drie jaar lank James Franco se jonger boetie, Dave Franco.
Alison Brie all fours Alison Brie bra Alison Brie op couch Alison Brie pakkie slae Alison Brie pakkieslaie 2 Alison Brie soek pil

Salige Saterdag tunes en bier by Retrofest 3.

$
0
0

Om so paar moerse talented local musos te vra om hulle versions van die mees iconic tunes van 1960s en 1970s te perform is mos nou ‘n fokken kief idee. Jy weet, “musiek wat die wêreld verander het”.
*double clutch zol en blaas rook so stadig uit met skaapuitdrukking op gesig*
Bietjie anders as die gewone gigs wat jy in rokerige clubs bywoon wanneer jy jou town probeer rooi verf met longbotter en die volgende dag daaroor praat op Facebrag.

Retrofest trek nou ongelukkig al by hulle derde jaarlikse festival en ek sê “ongelukkig” want ek het die eerste twee gemis. Dis een van daardie gevalle waar jy voel asof jy iets te laat ontdek het. Soos marabsies wat Oppikoppi of Up The Creek vir die eerste keer ontdek dan na twintig jaar  besef dat dit so ‘n befokte vibe is dat dit voel of jy iets ontneem is voor jou moerse ontdekking. Die laaste keer wat ek daai emosie beleef het was toe ek ontdek het dat my kar se vensters alliepad toegaan of oopgaan as ek die remote inhou – ‘n dag voor ek my kar verkoop het. Dit word hoogs aanbeveel dat jy nie uitmis volgende jaar nie.

Die setting vir Retrofest herinner nogal aan Up The Creek en Mieliepop se surroundings – dis fokken mooi. Doen ‘n Google image seasrch, jy sal sien. As jy al ooit in The Cradle of Humankind was (daai spot waar die eerste knopkierie of selfoon charger of watookal ontdek is) sal jy weet waarvan ek praat. Nirox Sculpture Park het gesorg vir die skildery en natuurlike backdrop waarteen die bands gejol het. Lekker rustige familievibes en acoustis music op ‘n Saterdag. Die ouens het elfuur die oggend afgeskop en alles was befok. Tot ongeveer kwart oor elf. Daar is altyd daai een poes….

‘n Chick het in die stroompie neergeslet wat voor die stage verby vloei en arms omhoog (asof dit Woodstock was) begin saamsing. En toe begin sy skree op die bands en die audience. As sy dalk meer aantrekliker as ‘n pug was, was dit dalk ‘n ander storie, maar sy was nie. Haar man/boyfriend/steek/parole officer was net so gekettie gewees. Dis onmoontlik om se vroeg die oggend gegok te raak op craft bier, so hierdie kokkelolle het moontlik welcanol en connies crystals gemeng en by die huis gerook en probably dadelik mayonaise tussen hulle tone gepsuit in die venue se kakhuis toe hulle daar aankom. Die twee het aan mekaar gehang en dinge vir almal versuur tot die security hulle van die property verwyder het. Mag hulle asseblief fokken nooit kinders maak nie.

Met die onaangenaamheid uit die weg het die bands ongesteurd voortgegaan en piele covers gedoen van Bob Dylan, Leonard Cohen, David Bowie, Jimi Hendrix, The Doors, Johnny Cash, Van Morrison, Nina Simone, Otis Redding, The Beatles, The Rolling Stones en klomp ander legends. Daar is natuurlik ook van hulle eie originals uitgeruk wat die hele vibe solidify het. So tussendeur die tunes kon ons rustig socialise, bier klap en stadig dronk raak. Lekker gesels-dronk. Nie wys-jou-lop-sided-tiete dronk nie. Ek het ook moontllik die lekkerste kos getand wat ek al by ‘n gig gehad het. Om-fokken-nom!

Hierso teen vyfuur se kant was ek moerse dankbaar dat Big H my en my skêr by ons huis kom oplaaai het vir die gig en weer veilig tergug tuis besorg het want die bier en rum het begin geselsies maak tussen my ore. En so bietjie in my broek ook, maar dit het fokol met julle uit te waai. Dis privaat.

Daar is ook nog ‘n rede om dankbaar te wees vir Big H se teenwoordigheid en dis iets wat ons met julle kan deel – die befokte foto’s wat hy deur die dag geneem het. Hier is so klein selection. Jy kan die res op die Watkykjy Facebook page gaan kokkenodge.
(moerse thanks ook aan Lloyd van Retrofest – jy run ‘n solid ship, bra)
01_Southern Wild_DSC_6772_3 02_Gareth Wilson_DSC_7416_5 03_Lucy Kruger_DSC_7656_4 04_Nakhane Toure_DSC_8037_4 04a_General__DSF3179_31 04a_General_DSC_8432_9 05_Shawn Phillips_DSC_8622_3 05a_General__DSF3240_10 05a_General_DSC_8856_2 06_Some Grow Young_DSC_9224_15 06_Some Grow Young_DSC_9701_4

Viewing all 3127 articles
Browse latest View live