Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Retrofest 4 het gekook!

$
0
0

Deur Big H.

Ons was so twee naweke terug by Nirox Park, een van ons gunsteling venues in Gauteng, om die vierde Retrofest wat daar gehou was uit te check. As jy nog nie by Nirox Park was nie moet jy ‘n plan maak om dit te sien, want alles daar is next level. Ja my ou, absoluut alles. Die views, die mense, die kos, die vibe, en die musiek.

06_Josie Field_D7B_9699_1

Die beginsel agter Retrofest is eenvoudig. Kry ‘n paar van die beste musikante in die land bymekaar, nooi hulle uit om by jou possie te kom jam, maar sê vir hulle dat hulle glad nie hulle eie songs mag speel nie. Wat jy dan kry is verwerkings van die beste tunes van die 1960’s en 1970’s wat so goed is dat dit jou hoendervleis sal gee.

Nic Dinnie (van Float Parade en Desmond and The Tutus), Justin Serrao, Donovan Borne, Bye Beneco, The Urban Village, Josie Field en die Runaway Train Cult was die dag op die verhoog. Dis ‘n uitstekende line-up in enigiemand se boeke, en met die retro twist daarby was dit ‘n dag wat ek nie gou sal vergeet nie.

Hier is ‘n paar foto’s van die dag:

Nic Dinnie:
01_Nic Dinnie_D7A_1060_1Justin Serrao:
02_Justin Serrao_D7A_1223_1Donovan Borne:
03_Donovan Borne_D7A_1391_1 03_Donovan Borne_D7B_9176_1Bye Beneco:
04_Bye Beneco_D7A_1943_1The Urban Village:
05_The Urban Village_D7A_2188_1Josie Field:
06_Josie Field_D7A_2308_106_Josie Field_D7B_9656_1The Runaway Train Cult:
07_Runaway Train Cult_D7B_9863_1


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127