Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Daar is fokol op TV, maar Netflix is in SA!

$
0
0

Ons is een van 130 lande wat gisteraand die cut gemaak het om uiteidelik saam met die groot kinders bal te skop. Fok ja! Netflix is finally “legally” in Suid-Afrika. Met “legally” bedoel ons dat jy dit uiteindelik kan kry sonder om daai ekstra $5 tunneling fee te betaal vir ‘n service soos UnoTelly om internasionale channels te unlock. Dis dalk steeds die moeite werd om daai ekstra bietjie te betaal as jy opsoek is na UnoTelly se 393 channels wat goed soos BBC sport, Comedy Central, Discovery, ESPN, Eurosport, National Geopgraphic, Rugby Live Sport en dies meer wil unlock. Gaan kyk gerus hierso vir ‘n lys van channels.

Die punt is dat jy uiteindelik die vryheid het om ‘n keuse te maak vir jou entertainment teen ‘n moerse bekostigbare prys van $8 per maand (ongeveer R125). As jy kyk na wat jy tans op ‘n DSTV subscription spandeer, kan jy NetFlix vir min of meer 7 maande kry vir dieslfde zak wat jy op DSTV sou spandeer in een maand. Gaan lees ook hierdie Watkykjy artikel wat ons so paar weke terug oor Plex geplaas het – ‘n media streaming service vir jou huis. Netflix werk ook met al daardie devices wat in die artikel genoem word.
netflixDis kakmaklik om met Netflix op te sign. Na minder as ‘n minuut is jy reeds aan die kyk en daar is fokken baie entertainment. Jy kan verskillende profiles opstel vir whoever saam met jou bly en daai ouens se stuff is personalised, so jou viewing history per profile word gestoor. Jy kan dit op jou laptop, tablet, smart phone of TV kyk en weereens, as jy nie ‘n smart TV het nie, kan jy iets soos jou Xbox, Playstation, Roku, AppleTV of Chromecast gebruik (as jy wel ‘n smart TV het, maak seker jou firmware en apps is updated). Daar is ook nie ‘n limit tot wat jy kan kyk nie. Die movie of reeks wat jy gekyk het gaan nie ewe skielik “verdwyn” nie. Afrikaanse mense raak mos dik paranoid oor waarvoor hulle betaal. Jy kan fokken relax. Die interface is ook intuitive en poesmaklik om te gebruik. Fok, jy kan ‘n tablet vir ‘n 3-jarige kind gee om Ben 10 of Adventure Time te kyk met sy eie account sonder dat hy die huis afbrand.
netflix-en-chilleJy kan jou playback quality ook stel wat die beste by jou dataplan pas. Enige iets tussen 300mb per uur, 700mb per uur of 7gb per uur. Net om jou ‘n idee te gee: teen 700mb per uur is die kwaliteit teen 720p actually heel fine as jy in ag neem dat daai movies wat jy download ongeveer 700mb is vir ‘n 90min movie en 350mb per TV series episode is. Jy score actually effens, want met torrent sites moet jy in ag neem dat jy upload ook om deel van die swerm pirates te wees. As jy een van daai ouens is wat min of meer 3 ure per dag TV kyk, sal jy 2.5gb per dag spandeer wat jou data vreet teen 75gb per maand. Die 300mb per uur setting (wat heel fine is vir tablets, laptops en smart phones) sal jou so 27gb per maand uit die sak jaag as jy 3 ure TV per dag kyk. Jy weet obviously wat jou TV habits is, so doen bietjie die somme. Onthou dat dit ‘n streaming service is. Jy kan pause, resume en terug gaan om jou history te check of aan te gaan waar jy laas opgehou het, maar jy download nie fisies ‘n video wat jy iewers save nie.
netflix-qualityNetflix is natuurlik nie vir almal nie. Die Sport Billies sal aanhou om R780 per maand te betaal om sport te kyk en dis fine. Jy het ook ‘n internet connection nodig (minimum 2mb ADSL behoort die ding te doen, alhoewel ons 4mb/s sal aanbeveel) en vir die van julle wat reeds een of ander uncapped deal het is dit ‘n no-brainer om at least die verniet eerste maand ‘n shot te gee. In my geval betaal ek in elk geval reeds R850 p/m vir 100gb data op ‘n 20mb/s telkom fibre line wat, so toe ek my DSTV ge-cancel het, het ek ewe skielik daai ekstra R780 gehad om te spandeer op wat ek wil. ‘n 50gb data top-up op Telkom DSL of fibre kos byvoorbeeld R269.00. Weereens, maak jou eie sommetjies. Uncapped bly nog steeds fokken koning.

Naspers se Showmax (DSTV se antwoord vir Netflix) teen R99 per maand het amper die mas opgekom maar hulle het byvoorbeeld nie support vir Chromecast of gaming consoles nie. Dit is ook onseker hoeveel data hulle streaming service jou uit die sak sal jaag. Hulle tune bloot “Content is delivered via adaptive streaming up to HD (720p)” en dis onseker watter encoding hulle gebruik vir content delivery. Baie mense sou reken dat ons proudly South African moet koop. Dis totally fine, maar proudly South African produkte moet eers hulle fokken sokkies optrek voor hulle saam met die ouens met groot ballas wil swem. Die Gautrein is byvorbeeld proudly South African, maar daai Bombardier treine kom van Canada af, pappie. Dit word nie in Watloo aanmekaar gesweis nie. Die trein gaan staan so nou en dan omdat ESKOM deur die kak is, nie Kanada of die produk self nie. Wag… Kanada is effens deur die kak, is hulle nie?

Sover dit TV in SA aangaan is almal bewus van die opsies wat ons tans het. SABC en sy stiefboetie from another mother, ETV is ‘n onwelriekende pot kak, alhoewel die onlangse vyfdag kriekettoets tussen die Proteas en Engeland uitgesaai was op SABC3. Daar is ook Openview HD wat teen ‘n once-off fee van R1200 vir jou ‘n keuse van net oor die 20 tos channels gee, waarvan SABC se channels ook deel uitmaak. Fokken SABC moet mos oral beskikbaar wees. En dan die open secret waarvan DSTV seersekerlik bewus moet wees waaroor niemand blykbaar praat nie: ouens sonder DSTV wat hulle tjommies se login details gebruik om Supersport te stream. Jy is moontlik een van hulle en skiem nou ek is ‘n moerse fokken klikkiebek. Hulle weet daarvan, hoor. Ek het nie na juffrou toe gehardloop nie, jou stupitte nool!

En hier is vir jou nog ‘n shocker: Die ou analog Mnet signals op daai kak-ou decoders is steeds active. Daar is krimpies wat steeds iets soos R315 per maand betaal om net Mnet en Supersport 1 te kyk, hoewel geen nuwe accounts oopgemaak kan word nie. O ja en daar sweef steeds van daai illegal “modded” decoders van die 90s rond. Dus twee fokops wat Multichoice skynbaar nie kan fix nie. Of hoop dat niemand daarvan weet nie. Net vir interessantheid, back in die 90s was mense heavy paranoid dat hulle gevang sou word met hulle illegal decoders en dat Mnet die signal kon trace. Wat actually volgens legende gebeur het is dat daar ‘n hotspot in Pretoria-Noord was waar kokkelolle illegal decoders gekoop het en hulle subscriptions ge-cancel het. ‘n Obvious red light vir Mnet en toe hulle aan die eerste ex-subsciber se deur geklop het, het hy op die verkoper van die decoders gesplit en hy is tjoekie toe. Maybe is dit hoekom die ouens hulle TVs begin afsit en in die strate begin dice het. #Marabs4Life

As jou goose nie hierdie outjie ken nie, is sy te jonk viir jou,

As jou goose nie hierdie outjie ken nie, is sy dalk te jonk vir jou.

So gaan check jou options uit. Voor jy jou ogies uitvee is alle entertainment afhanklik van die interwebs. Iemand moet nou net ook inspring en live coverage van events soos local bands se shows by venues begin stream. Mense sal betaal vir daai kak. Make it happen. Vir nou het die tyd aangebreek om die local beskikbaarheid van movies en series ‘n shake up te gee in SA. Dit sal interessant wees om te sien wat die impak gaan wees. Uiteindelik kan jy nou ook “Netflix & chill”. Ek weet, dis ‘n nuwe konsep vir jou, maar voor jy iemand oornooi vir “Netflix & chill” onthou asseblief net dat dit in Amerikaanse lingo actually beteken dat jy iemand oornooi vir broeknaai en bier…

Happy viewing!


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127