Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Splinternuwe Albert Frost music video – Tonight vanaf sy nuwe album, The Wake Up

$
0
0

Albert Frost het sopas (soos in vandag) sy splinternuwe studio album, The Wake Up release. Ons luister hierdie outjie nou al ‘n week of twee lank pap en dis probably ‘n game changer vir die bra. Die album is netjies aanmekaargesit, maar ons sal binne die volgende paar weke die album in bietjie meer detail review en unpack.

As ‘n treat, kyk solank na die musiekvideo vir Tonight wat gister release is. Albert vat hierdie album op ‘n klein launch toer waarvan jy die details onder die video sal kry. Tonight word perform deur Albert Frost, Shalk Joubert en Jonna Sweetman. Die tune self is deur Frost en Robin Auld geskryf.

Julle geharde Frost fans hoef nie te wag vir ‘n review om die album in die hande te kry nie. Bestel hom solank by VH Music, die einste studio waar dit opgeneem is.
Albert Frost slaat die volgende venues in die laaste twee weke van April, so maak seker jy gaan check dit uit. Ons sal ook een double ticket per show weggee, so drop ons net ‘n mail en laat weet waar jy wil gaan kyk op watse datum. So easy soos dit. Ons sort jou uit.

Donderdag 21 April – Fugard Theatre, Kaapstad
Vrydag 22 April – Fugard Theatre, Kaapstad
Maandag 25 April – Aasvoelklub, Bloemfontein
Dinsdag 26 April – Atterbury Theatre, Pretoria
Wonesdag 27 April – Good Luck Bar, Johannesburg
Donderdag 28 April – Gateway Barnyard, Durban
Vrydag 29 April – The Chairman, Durban
Saterdag 30 April – Caversham Mill, Midlands
Sondag 1 Mei – Showroom Theatre, Prince Albert
albert frost tonigh


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127