Verlede week op pad fisio toe mik-mik ek so na die Hoop in Die Donker CD op die passenger seat. Sit jouself in my skoene vir ‘n oomblik. Ek is Gen X, het ‘n fokken wye musieksmaak – maar is inconsolably allergies vir moderne Afrikaanse pop/rock musiek met skoolseun vocals, vlak lirieke en holruggeryde bland melodieë. Nagligte? Wat de fok? Ek kyk nie eens daai romantic Afrikaanse movies op Kyknet nie. Die musiek sal my laat foam at the mouth. Ek moes my System of a Down mix CD experience onderbreek om hierna te luister. So ek was seker bietjie grumpy – ek het dalk die verkeerde idee van die marabse gehad.
Die eerste song Ongeloof(lik) was nie heeltemaal wat ek verwag het nie – maar dit was naby genoeg aan my vrese – dit het boonop prima facie soos Die Heuwels Fantasties se laaste paar offerings geklink. Sal later grompot ruk daaroor. Obviously was hierdie album nie een van my keuses nie. Eject. Hoop in die donker uitgehaal. SOAD weer in.
Hey man! Look at me rockin’ out
I’m on the radiooooooo
Hey man Look at me rockin’ out
I’m on the videooooooo
With Danny and Lisa
Saterdag by die huis besluit ek om dit weer ‘n kans te gee. Miskien sal my Yamaha/Jamo mongril systempie ‘n verskil maak? Ek vermy die eerste track aspris en skip na track 4 toe. Dit stop nou. Die track wat Universal se aandag getrek het en gelei het tot die record deal. Ek was weer nie impressed nie. Kom ons probeer nog een keer. Skip tot track 5. Veg en Skree. Hey, dit begin met so lekker Black Keys riff en bedonderde dromme. Die lirieke praat met my. Dit skop gat. Jirre, waar kom daai awesome solo vandaan? Dis net daar waar die band my so bietjie gegooi het. Kzzz kzzz kzzz. Paradigm shift. Head twitches. Brain adjustment. Kzzzz Kzzz Kzzz. Nah, seker net een fluke song.
Skip na track 2 toe. Skyn. Hoendervleis? Are you kidding me? Hoe kan hulle die hoendervleistoets slaag? I mean dis ‘n majestic tune, but still.
*Lees lirieke en connect hectic met die boodskap*
Dis nie dat ek nie baie pop rock luister nie; ek het groot geword in die eighties for god’s sake. Was ‘n tiener in die grunge-ass nineties met techno pop en commercial rock so tussenin. I’ve been around you know. Jissus anyway, nou moet ek in woorde verduidelik hoekom ek van ‘n moerse klomp van hierdie songs hou… or it’s my subjective ass.
Die Heuwels Fantasties het met hulle eerste debut album ‘n massive grondverskuiwing veroorsaak. Elektroniese musiek wat meer diepte in Afrikaanse pop ingebring het. Die Bellville marabse wat soos Depeche Mode probeer klink? Not really. Dit was ‘n unieke bydrae myns-fokken-insiens. Dit het ‘n sekere sound waaroor ek mal is. Nogals donker. Nogals ZX Spextrum eighties game tune-ish. Nog steeds een van my favourite albums. Hulle het net creatively in ‘n rigting ingegaan wat ek nie meer kon voel nie. Die Heuwels is (hopelik net tydelik) plasties.
Daar is ‘n connection tussen Nagligte en die Heuwels. Does Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Francois de Klerk ring a bell? It will serve all of us well to remember dat die Kaapse marabse ook hordes talent het. Watookal jou musieksmaak is. Nagligte se eerste poging het ongelukkig net ‘n paar songs wat my daai ongemaklike KykNet romcom soundtrack gevoel gee – maar dis net ‘n paar. Daar is oorgenoeg songs met rock ‘oomph’ en melodieuse klanke en lirieke wat jou gaan laat saam sing – of at least jou aandag gaan behou. Maybe het dit ook te doen met wie die vier lede is. As homo sapiens. Roof is ‘n beleggingsanalis, Eddie ‘n computer geek en Wynand was ‘n lawyer. En as jy so na die lirieke luister wonder ek of hulle nie almal al lankal die hele sisteem in dié se moer ingestuur het nie. Die ouens was gatvol gewees en meeste van ons verstaan daai kak. Daar is ook baie hoop in hulle musiek as jy so na hulle title track luister. They’ve also been around. Did they give it up for music and the free electric band? Jirre, wil ons nie almal nie? Ek dink Vir Nou en Konsentreer illustreer dit die beste. As jy ‘n gevangene in die korporatiewe tronk is (of was) sal jy presies weet waarvaan ek praat.
‘Spyker my vas teen die fiskale kruis
En pas my skuld aan met inflasie.’
‘Ervaring is nie wysheid
Dit het die jare my geleer’
Die lirieke is eenvoudig,insiggewend en treffend.
Die SA musiekbedryf het ‘n album soos die nodig gehad om die Afrikaanse pop-rock mark ‘n bietjie wakker te ruk. Hoop in die Donker is vêr van revolutioner af maar dit fok in ‘n hele ander rigting as die lemmings in. Dis duidelik hoorbaar. Soos met meeste musiekgroeperings is daar heeltemaal te veel van ‘n ge-copy aan die gang. Geen wonder ons old school musiek junkies haat die commercial musiek so nie. Nagligte se musiek sal hopelik Afrikaanse pop/rock in ‘n rigting help beweeg waarin diepte en betekenis meer seëvier? Ek sal net te bly wees as Nagligte meer en meer uniek word. As ek net op my eie musieksmaak sou gaan sou ek dit net drie horings gee, maar ‘n unieke album soos dié verdien vir seker vier duiwelshorings! Ja vir ‘n paar Oud-Maties is daar ongelooflike kwaliteit in hulle musiek. I may not be a fan, but I know something of value when I see it.