Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Ongeveer ‘n jaar later loop Albert Frost se album nog sterk. Ons klap ‘n catch-up session met die man.

$
0
0

Ons het dit goed gedink om presies ‘n jaar sedert Albert Frost se release van sy album, The Wake Up in te check om te sien wat gebeur het en hoe dinge verwikkel en verander het. Dis amper soos om ‘n kar review te lees, ‘n splinturnuwe Golf te koop en drie jaar later weer reviews te lees oor daardie jaarmodel om te kyk of dinge sharp was of uitgefok het. Fokkit, daai is nou eintlik ‘n cool idee, so by the way – follow up reviews van karre en tech. Loop daai Verimark PowerWash van jou nog? Wag, ons raak nou lelik side tracked hierso. Kom ons gesels eerder met Albert…


So Albert, hoe loop daai album van jou sover? Dis nou presies ‘n jaar later sedert die release van The Wake Up.
The Wake Up is besig om lekker te loop. Die album is ”n “slow burner” so hy click oor die hele tyd, dank fok! Dit is vir my lekker om iets anders te wys vir mense en die terugvoer is baie goed.

As jy nou terugkyk oor die laaste jaar, wat sou jou skiem het jy geleer met The Wake Up? Benader jy sekere dinge nou anders?
Alles het verander in die afgelope jaar vir my. Ek het die album landwyd getoer met reuse sukses, uiteindelik Amerika toe gegaan en is sopas genomineer vir Best Rock Album by die SAMA Awards. Lekker om te leer hoe om ‘n album reg vry te stel in SA!
Jirre, geluk met die SAMA nomination! #sulketrots. Dis ‘n moerse proses om iets uit te bring waarmee mens happy is en baie trots op is. Fokken baie stress en ek neem aan dit vreet nogal ‘n man se energie. Beplan jy al aan die volgende album of sit jy eers betjie terug om asem te skep of om op ander projekte te focus?
Alhoewel ek bietjie asem kon skep oor die afgelope jaar is ek alreeds besig met planne vir die volgende album. Dit is so vervrissend om die reaksie en gedagtes te check en dit gee my leiding vir die volgende album. Ek is mos ook maar daai ou wat met almal werk, so daar is hele paar opwindende projekte wat gebeur in die volgende jaar.

Ons kom netnou uit by 2017, maar wat was jou absolute highlight gewees vir 2016 as jy terugdink na verlede jaar?
Vir seker die Wake Up launch. Sulke goeie musikante! Sulke goeie shows, sulke goeie vrae! Die feit dat ek al lankal baie van die tunes met my saamdra en uiteindelik kan oordra was awesome.
En jou absolute donker oomblik? Was jy unlucky genoeg om so iets beleef of was luck en goeie tye aan jou kant gewees? As mens op social media rondkyk het 2016 baie mense nogal opgefok.
Ag, ek sien die positiewe kant van alles maar dit was vir amper almal maar ‘n kak jaar. Ek was sad oor die slegte festival attendances maar opgewonde vir die veranderinge wat om ons gebeur. Na my onlangse trip het ek besef ons scene hier is regtig cool.

Jy het die eerste kwartaal van 2017 met ‘n moerse bang afgesluit. Hoe was daai Amerika trip waarvan jy sopas terug gekeer het? Jy het about net getravel en fokol geslaap – hoe was daai ervaring gewees?
Beste ervaring van my lewe! Dit was so awesome om die blues roete uiteindelik te kon doen. Dit het alles in ‘n nuwe lig gesit vir my. SXSW in Austin was insiggewend vir my en NYC het gevoel soos huis. Ek dink Amerika is incredible. Mense was meestal moer aangenaam maar dit was maar ook ‘n struggle hier en daar. Mens neem aan almal sal jou verstaan en jou grappies vang? Jy sal verkeerd wees though. Airwolf was mos nie gemaak in SA en daar gebroadcast nie en ek het dit vergeet, haha! O ja, en ek is fokol snaaks nie.
Jirre Amerika is ‘n great plek om te travel. As jy een plek in Amerika sou aanbeveel om ‘n dag of twee ekstra aan te bly, watter plek sou dit wees in jou opinie?
Ek wil sê New York maar dit is nie Amerika nie. Ons wou orals langer bly maar as ek moet sê sou dit New Orleans wees. Moers kleurvol, moers hoodoo en moers real.

Ek voel soos ‘n moerse doos, want ek het verlede jaar vergeet om Modern Romance se video met die Watkykertjies te deel. Hoe het julle die budget vir die video aangepak en wie het met die lekker konsep opgekom?
Modern Romance is geskiet deur Loedi van Rheenen van Kill City Pictures. Hy het met die initial idee opgekom, ons het dit uitgeflesh en Loedi het met ‘n baie klein budget en heavy favours dit befok gemaak. Verbasend lekker om deur baddies gejaag te word, haha!
Hoe lank het julle geskiet aan Modern Romance en wat was julle locations gewees? Tune ons ook sommer wat die grootste challenge was?
Die shoot was baie vinnig. Ons het dit oor twee dae in die kaap geskiet met omtrent 15 mense! Die grootste challenge was vir my om te act. Ek gaan nog noe my dayjob quit nie…


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127