Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

KZN se befokte Suidkus vibes

$
0
0

Ons is tans (daar bestaan nie so woord soos huidiglik nie, jou fokken pielneus) op slow-go langs Natal se Suidkus vir ‘n bietjie van ‘n break, want ons het ons eie raad gevolg met die Watkykjy public holiday calendar en die Workers Day langnaweek aan sy piel gegryp. Die laaste keer wat ek in hierdie geweste was, was ongeveer 10 jaar gelede en dinge het nie regtig  veel verander nie, which I guess is a good thing. Met dinge wat “nie verander het nie” praat ons van die actual landska, nie die die fokken politieke ene nie, so kalmeer jou alt-leftwing nipples.

KZN se coast is een van die befokste plekke om vakansie te hou in Suid-Afrika en ons sal teen volgende week moontlik ‘n tipe van ‘n travel guide vir die plekkie met snot en seaweed aanmekaarlas, maar kom ons hoor sommer ook van julle Watkykertjies oor plekke en tips in KZN – waar om draai te skiet en watter plekke die mense liefs soos ‘n Staatsdorphoer moet vermy. Julle KZN locals is ook welkom om idees tegooi – ons Gautengers sit after all die kos op jou bord.

Sweef jou voorstelle (en foto’s, as jy wil) oor na griffin@watkykjy.co.za en dan kyk ons wie se quotes, voorstelle en kiekies ons in die Watkykjy KZN Suidkusgids kan stop. Ons sal dit probably ‘n ander naam ook gee, so voorstelle vir ons guide se naam is ook moerse welkom.

Raait, ons gaan nou eers geld in die Wild Coast Sun se dobbelmasjiene wegfok en ‘n bier of twee in die keel afjaag. Hier is solank ‘n aerial fototjie van Ramsgate wat ons gister geneem het en vanoggend se sonsopkoms. Geniet jou Dinsdag. Hoop nie jy sit soos ‘n dos by die werk nie…



Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127