Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

American zefspotters. Kiekies uit Obamaland.

$
0
0

Julle sal merk dat verlede week se Zefspotters heeltemal uit die bus uit gemoer het. Fok weet wat daar gebeur het. Teen die tyd wat die fout agtergekom is, was ons al 10km iewers oor Arkanas op pad Atlanta toe. Die hangover in die lug kom ook met 'n chainsaw gesny word.

Anyway, julle submissions is nog steeds op ys saam met die brannas se mix terwyl daar eers so bietjie gekyk word na so paar goeters wat in Amerika raakgesien is. Volgende week is julle weer aan die beurt, so laat die zef times roll…


Wannabe spierbeertjies. Jy kry hulle orals, maar hierdie outjie in downtown Vegas is besonder sad. Almal voor die stage het heeltemal te veel Step Up 8 gekyk. Behalwe Kaalbors Kallie hieronder. Fokol ritme. En hy's ook Brits.

001

Niks so lekker soos om direk uit die varkie se rug self te vreet nie
002

Jy maak uit van Wawielpark in Klerksdorp? Koppisol in Vereeniging? Nie? Uhhm.. OK, wat van Warmbad? Al daai plekke het "lekker" super tubes, maar dit kom nie naby hierdie outjie by die Golden Nugget Hotel in Las Vegas nie. Jy looi hom deur 'n fokken akwarium, kompleet met sharks. En almal by die swembad en bar area kan jou kokkenodge. Uit persoonlike ondervinding beveel ons nie aan dat jy die lifeguard se plek inneem as die ou dalk gou gaan kak nie. Hulle gooi vir jou uit die hotel uit. Once.003

Hoesit, ou beer? Jopie Adam kak in sy baard en ry al die pad Texas toe om almal te PK as hy sien hoe hulle vir Ben die Beer opdress. Voor 'n restaurant.
021

Buitekant die Big Texan in Amarillo. Die steaks wat hulle binne verkoop is effens kleiner as hierdie outjie.
022

As Bakkies Botha eendag besluit om Texas toe te trek hoef hy nie te komkommer nie. Sy limo wag alreeds daar vir hom.
023

Lus om dalk bietjie met vakansie te gaan? Het jy 'n klein budget? Is jy 'n dwergie met ekstra gebreke? Wel, fok my sideways, het ons die perfekte deal vir jou!
024

Ons het so tien ton van hierdie ingevoer. Ons wag net dat die regering vir SAA weer uitbail en nog so 150bil "leen" om hulle space program te begin. Shotgun!
025

In die diep Suide vra ons eerder nie vrae nie. Ons neem kiekies ongesiens en hardloop weg. Kan moontlik 'n Brakpanner wees met 'n leerprobleem wat tien jaar terug emigreer het. Bestuur tans moontlik stropers vir 'n ryk boer in Kansas. Sewe maande op, 5 maande af. Jy maak uit?
026

By Coyote Ugly in Beale Street, Memphis, hang die gooses se bobbejaanbrille teen die dak en die muur. Ons het nie lank genoeg rondgehang om te wag vir die hangtiete nie. Of het ons? O ja, wag…
027

Laai genoeg cherries in hierdie outjie vir 'n jol uit op Beale street. Meer as drie cherries? Geluk, jy't nou 'n poeskoets.
028

Hartaanval in T-minus…
029

Ons het vir Abraham Lincoln raakgeloop in Lynchburg. Ons vermoed dis die original, straight from the grave, want hy't kakstadig geloop en 'n effense klankie aan hom gehad. Kon ook fokol verstaan wat die man gepraat het. PS: kyk hoe is die ou met die mussie se jeanpant opgerol. Klas.
030

Asof stoepkakkers in 'n pram nie goed genoeg is nie, moet hulle sonbrille ook dra. Op die ou end was daar toe nie 'n groot verskil tussen Lynchburg en Randfontein nie. Woef, ek sê!
031

Enige iemand vir brekfis? Grits, jelly, bacon, biscuit sous. Sonder die biscuit. Waar's my fokken biscuit!032

As hierdie twee hillbillies jou 4am tune om saam met hulle moonshine te drink, dan fokken drink jy maar saam. Thanks, Dave & Darryl en julle ander cousin, Darryl. Dit was lekker. *burp so atoombomwolk en pass uit. Nog so atoomwolk spuit by die boude uit. Alles brand*
033

Hierdie omie in Lynchburg Town Square se naam was ook Dave. Of Darryl. Hy't my gestop om vir my 'n tune te jol om sy 24 string "uke". Dit het geklink of hy op een string gespeel het. Wat tussen 'n lamppaal en 'n kat se hol gespan was.
034

Drug dealers kan blykbaar braai ook. Reprezentn' Cail! Respect brah! Aaaa'it!
035

Die geleentheid om jou RV in 'n Michael Jackson mobile te omskep met 'n Afrikaanse flavour was onweerstaanbaar. Sorry, flavor.
036

Jou eie piskrip in jou huis? Nouma plak hom vol manbier labels.
037

Hierdie geld vir julle naaiers in Pretroria ook.Take note.
039

Obama. Mense in die Suide haat hom nogal. OK, maybe is "haat" 'n understatement.

040

Deel met jou vriende: Print Digg del.icio.us Facebook Google Bookmarks laaik.it StumbleUpon Twitter email


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127