Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Vat Vyf! Week 3 van 2018 – Shitholes, Tony & Tony en Minister Vrees Fokol

$
0
0

1. Saoedi-Arabië het hierdie week uit die rolprent-woestyn gekom nadat kroonprins Mohammed bin Salman die 35-jaar lange verbod op fliekteaters en kommersiële rolprente opgehef het. Die verbod is in die 1980’s ingestel nadat daar gevoel is dat mans en vrouens in openbare plekke van vermaak, te veel met mekaar gemeng het. Fok. Wat volgende? Die toelaat van vasdans? Om die heuglike dag te vier, is twee van die kakste rolprente van die laaste ruk vertoon. Nee, nie Treurgrond met Steve nie. Die Emoji Movie en Captain Underpants. Sulke animasie. Dit was desnieteenstaande ‘n reuse sukses met ‘n moerse lang camel-tou wat hul beurt afgewag het om ingelaat te word.

2. Ek bly steeds verbaas dat Donald Trump nooit enige balkie of sertifikaat vir Geografie op skool ontvang het nie. Hy het darem die prys ontvang vir “Pupil Most Likely To Refer To African Countries As Shitholes.” Ja, kyk. Meneer Diplomaties het hierdie week gal gebraak oor al die immigrante afkomstig vanuit “shithole” lande in Afrika. Sy wilde uitsprake en banale opmerkings ken duidelik geen landsgrense nie en mens kan net wonder wie hy volgende gaan afpis. En alhoewel die karnallie die bestaan van aardverwarming betwis, kan hy nie die aardige verwarming onder sy sitvlak van meer en meer Amerikaners wat besef hy is dommer as grond, vir veel langer ignoreer nie.
3. ‘n Hedendaagse Shakespeare drama speel hom tans in die Wes-Kaap af. Dis ‘n geval van “Tony or not Tony.” Dis Tony Leon vs Cosatu se Tony Ehrenreich. Ek kan aan sewe soorte voetskimmel dink wat ek meer laaik as die tweede Tony. Maar wanneer tot hy moreel meer majesteues begin lyk as Tony Leon (ja, hom Tony wat vir 7 jaar lank aan die stuur van die DA was en altyd geklink het of hy ‘n budgie in sy mond het), dan moet jy weet 2018 gaan ‘n waterskeidingsjaar wees. Volgens Tony 1, het Tony 2 ‘n kontrak ter waarde van R650 000 van die stad Kaapstad gekry om “vir Kapenaars te vertel dat dit nie reën nie.” En aangesien dit droër is in die Kaap as in ‘n ouetehuis, beter die DA vinnig hul water-van-‘n-eend-se-rug-af houdinkie laat staan en hierdie kak uitsorteer.

4. Na die swart-seuntjie-in-apie-hempie-katastrofe van H & M, het klere by van hulle Suid-Afrikaanse winkels van die rakke af gevlieg. Te danke aan die EFF wat mos oor enige ding alles wil verniel en afbreek. Ag nee, ouens. Aanstap, Rooies, die pad is lank en swaar. Arme H & M se werkers. Die een oomblik verkoop jy lekker kleertjies aan mense van die reënboognasie, die volgende oomblik storm ‘n klomp EFF rampokkers in hul rooi overalls in die winkel in en moer goed van die rakke af en breek die winkelpoppe en steel ook sommer ‘n tjalie of twee. Mens sou sweer hulle probeer kriminele na-aap!

5. Kyk, ek noem hom al lank Fokkol Mbalula. En dit smaak my ou Cokebottelbodems-vir-brille het dit raakgelees hier op onse webwerfie. Want hy noem homself ook nou sommer Fokkol. MrFearfokkol om presies te wees. Dis nou op Twitter, daai sosiale media behemoth waarop alle Suid-Afrikaanse kriminele rondhang en hulle se poeste afskrik as hulle sien wat die Minister van Polisie homself nou noem. Watch hoe hou al die kraaim nou ophou pappie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127