Jirre, dis oor net meer as 'n maand Krismis en tyd om te fokof met vakansie. Gaan jy weg? Bly jy by die huis? Gee ons om? Kom ons fokken duik eerder, want dis naweek…
En hier is ons drie wenners ook sommer vir die "Score met jou snor" kompetisie. Shot vir almal se saamspeel. Julle drie ouens se details is na die gawe mense van El Jimador gestuur en hulle sal sorg dat die persente by julle afgelwer word. Lekker drink!
1) Ek en die topie is dik besig met die mo's for bro's. Dis iets soos n ou karate kid movie,meester wat jong geslag leer.
Johan
2) Yes Griff. Hier is my attempt op ‘n Lip Caterpillar! Franco.
3) Hi Griffin. Soos jy kan sien in die beelde aangeheg, ek het nie 'n probleem in die groei van hare op my bo-lip nie. Ook aangeheg is my modified grasdak kam (serious necessity as jy wil sane bly deur die kak). Om n regte kam te wen sal fokken great wees. Al my korporatiewe kliënte frons op my as die drang arriveer om my liplapa te versorg in vergaderings, onder andere.
Lekker dag.
Charles








