Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Afrikaanse rekenaarterme – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

$
0
0

 

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Afrikaanse rekenaarterme

Vir Afrikaanse taalkundiges is dit baie belangrik om die taal te ontwikkel sodat dit in die wetenskappe en op navorsingsgebied aktief bly. Vir gewone mense is dit egter meer belangrik om verstaan te word en nie soos ‘n volslae idioot te klin nie.
Kyk, die woord “rekenaar” is nog aanvaarbaar alhoewel almal wat ek ken van “computers’ praat. Maar daar’s ‘n klomp Afrikaanse rekenaarterme wat bloot belaglik is. Probeer volgende keer om jou probleem aan ‘n tegnikus oor te dra met woorde soos “aapstert” vir @, “SVE” (CPU) or “verstekwaarde” (default value).
Ek het ‘n toets gedoen en ‘n USB memory stick vir ‘n jtommie by die werk geleen. Toe ek daarvoor terugvra, het ek letterlik alles (inlsuitend sy van) in Afrikaans vertaal sodat ek kon uitvind hoe dit voel om soos ‘n poephol te praat.
“Goeiemore, Meneer Doubessie, is u klaar met die gebruik van my datavinger? Ek het so paar vakkies wat ek wil rugsteun.”
Sy antwoord? “Listen here, pal, I touched no-one’s stokkie or bessies, okay?”
Ek wil nie Afrikaanse rekenaarterme gerbuik nie want:

  • Ek is mal daaroor as mense verstaan wat ek probeer sê.
  • Ek dra nie Grasshoppers nie.
  • Ek dra nie ‘n swart dikraambril met Coke-bottel lense nie.
  • Ek rook nie pyp nie.
  • Ek het nie ‘n snor en/of ‘n baard nie.
  • Ek is nie ‘n houtwerkmeneer wat ook rekenaarwetenskap in ‘n Model C-skool gee nie.
  • Ek is nie ‘n akteur in een of ander tagtigs of negentigs Sonneblom Films produksie nie.

Hou maar daardie rekenaarterme vir jouself en jou kollegaswat onder die grond in ‘n bom-bunker werk, weg van die samelewing af. As julle eendag opkom vir lug, moenie uitfreak as jy sien dat die skootrekenaar al uitgevind is nie.
By die werk het ek dié leuse in my cubicle opgeplak: “Praat gerus Afrikaans. In jou slaap.”

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127