Jy weet heel moontlik nie wie Steve Zahn is as iemand jou sommer net so met sy naam gooi nie, right? Sonder om te kroek of verder te lees, dink gou of jy genuine weet wie hy is? Nie? Toemaar, ek ook nie. Hy float al sedert die 90s rond in van jou gunsteling films en jy het nie regtig notice geneem nie, want hy is een van daai comic relief-tipe actors wat meeste van die tyd ‘n supporting role vervul. Hy het ook die stemme van ‘n klomp van jou gunsteling animated karakters gedoen sonder dat jy ooit besef het wie die man agter die stem was. Stemwerk wat feature in onder andere: The Good Dinosaur, Phineas and Ferb, Chicken Little, Stuart Little en dies meer. Jy het steeds nie ‘n clue wie die bra is nie, né?
Orraait, check nou hierdie highlight reel van die iconic movies waarin hy gespeel het en jy sal jouself hardop hoor sê: “O ja man! Dis fokken DAAI ou! Ek love hom! Hy is altyd in die comedies en shit!”
Yes, dis DAAI ou! En hy is nou ook te sien in ‘n nuwe sci-fi reeks, The Crossing, wat sopas op Showmax beskikbaar gestel is vir jou kykgenot. Steve Zahn vertolk die rol van Jude Ellis, die sherrif van ‘n klein kusdorpie iewers naby Washington State, wat die disturbing oproep kry dat ‘n lyk op die strand uitgespoel het. Daar aangekom is dit nie net een lyk nie, maar meer in die omgewing van 400 lyke wat op Thorn Beach uitgespoel het. But wait, there’s more! Nee, nie meer lyke nie, daar is oorlewendes ook! ‘n Whopping 47 van hulle! OK, whopping is dalk nie die regte woord as die mortality rate hier by die 10% dwindle nie. Dis bietjie goor…
Die eerste episode kom lekker op spoed, want ons leer sommer vinnig baie meer oor die weird situaise – daar is geen boot of vliegtuigwrak rapporteer in die area of omliggende omgewing nie. Hierdie mense wat oorleef het is refugees! Hulle is Amerikaanse refugees in Amerika. Wag, dit maak fokol sin nie. Hoe werk dinge dan nou? Aha! Hulle is refugees van ‘n ander tyd – hulle kom 180 jaar van die toekoms af en het ‘n aaklige oorlog ontsnap. ‘n Holocaust about to happen, in fact. Ons het hierso te doen met pre-apocalyptic vibes. Een van daai “julle beter hierdie kak fix, want die toekoms waar ons vandaan kom is ‘n total fokop!” vibes.
Ons leer ook gou dat die mense van die future merkwaardig ontwikkel het en pretty cool stuff kan doen (nee, nie daai tradisionele superhero stuff nie, net cool stuff, okay?)
Ons vind ook uit dat hierdie nie die eerste batch “refugees” is nie. Daar is ander mense tussen ‘ons’ wat al ‘n geruime tydjie hier uithang en plannetjies maak maak om super konterig te wees en die geskiedenis en sodoende die toekoms op te fok sodat dit kan inpas by hulle donker agenda. Dink The 100, 12 Monkeys en daai tipe shows. Die vinnige pace waarteen The Crossing progress werk regtig lekker, want daar is baie layers om deur te werk en baie stuff wat verklaar moet word. Deesdae is dit belangrik – daar is BAIE TV reekse om van te kies en te keur, so kom by die fokken punt uit, die son trek water! Ek is nog steeds die fok in dat Smallville so fokken lang gevat het om tussen 2001 en 2011 tot die fokken punt te kom – dat Superman uiteindelik kan fokken vlieg. Jirre daai show het my kwaad gemaak maar dit was soos drugs gewees. Fokweet…
As gevolg van die vinnige pace, is dit heeltemal te maklik om spoilers weg te gee oor die show, reeds met die eerste episode. So ek gaan net so paar pointers drop oor wat ek ge-like van die The Crossing en wat jy moontlik van sal hou of dalk irriterend mag vind:
Dis nogal cinematic en dit lyk of daar ‘n behoorlike budget was vir die filming en production. Dis nou nie Lost se production nie, maar fok daai show ook. Daar was so baie plots gewees dat die EFF dit wou terugvat.
Die storie behoorlik geskryf. Die karakters is nie te vlak nie en die dialoog is dalk nie Oscar-materiaal nie, maar dit grens ook darem nou nie aan High School Musical gesprekkies tussen karakters op pad kakhuis of lockers toe nie.
Ons het al hoeveel keer die small town sherrif versus die big shot detective teëgekom in reekse en movies; die “this is our jurisdiction” kak; die FBI en die local authorities wat arm druk of soos honde hulle territoy merk en pielgroottes vergelyk. Daardie tema verskyn wel in The Crossing, maar hulle hou dit darem binne perke en dis nie overly irriterend nie. Jy gaan dit in elk geval nog baie teëkom in reekse en flieks, so deal maar met dit in jou eie manier. Vang ‘n stort of iets.
Ons het ook al telkemale met Jude (Steve Zahn) se karakter te doen gekry – die geskeide law enforcement bra wat na die klein kusdorpie toe getrek het vanweë donker kak uit sy verlede wat either ‘n tragedie buite sy beheer was of stupid kak is wat hy aangevang het. Daai “maar ek is nie meer daai persoon nie”-lyn wat so baie opduik in Hollywood. Soos ‘n fokken meerkat. Maar weet jy wat? Dis hier waar Zhan die storie en die cliché red. Hy is ‘n moerse likeable akteur in al die flieks en reekse wat hy sover gedoen het en hier is dit ook die geval. Aanvanklik is dit moeilik om hom as ‘n gelofwaardige karakter te erken in ‘n meer ersntiger rol, maar hy doen ‘n uitstekende job en jy sal hom die voordeel van die tyfel gee binne die eerste 10 minute, guaranteed. Vandaar af is dit smooth sailing al die pad.
Die karakters wat 180 jaar van die toekoms af kom, se klere lyk asof dit soos in fokol verander het nie. Sulke 2018-klere. Weet jy hoe fokken bly is ek daaroor? Ek is so fokken moeg vir stories wat in die “toekoms” afspeel waar karakters plasic sakke, foil, rubber, skewe poeshoede en stupid tekkies dra. Die fok weet. Die eenvoudige “in the now” kleredrag maak vir beter suspense, want nou weet jy nie wie die special ou is, wie nou regtig FBI is of wie vir wie volgende gaan befok nie. Ek dink nie die future se klere gaan veel verander nie, maar ek sal my tinfoil hoedjie opvreet oor 180 jaar as ek verkeerd nie. Remind my net asseblief …
The Crossing is ‘n bonatuurlike verhaal wat genadiglik vry is van die superero setup in die tradisionele sin van die woord. Ek is net effens spyt oor een ding: my goose ‘n super groot fan van sci-fi (baie groter as ek) en nou het ek hierdie storie begin kyk sonder haar.
En dit wragtig aanhou kyk omdat dit ‘n maklik en effortless kyk is. Ek is reeds 4 episodes balls deep in die ding in, en ek sou dit eerder saam met haar wou gekyk het oor die naweek. Onder ‘n dik kombers voor die kaggel. Ek sou sommer kos laat aflewer het soos ‘n proper lui bliksem ook. Ongelukkig moet ek oor ‘n uur ‘n naweektrip aanpak wat Wibank, Dullstroom en Nelspruit insluit, so sy gaan alleen knus moet raak voor die kaggel en die storie saam met ons Rottweilers kyk.
En jy kan dit ook doen as jy nie planne vir die naweek gemaak het nie. Nou nie saam met my vrou en ons Rottweilers nie, jou fokken aap! By jou eie fokken huis. Kry net vir jouself so stukkie free Showmax as jy nog nie het nie…
Jy kan vir 14 dae verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou.