1) Gerugte vlieg rond dat Wonderba hul nuwe reeks bra’s na Ashwin Willemse gaan vernoem, hoofsaaklik omdat Ashwin so groot tietkop van homself gemaak het op TV, maar ook omdat hy net soos ‘n paar wollerige marmotjies, tans soveel support geniet. Dit kom nou natuurlik na die afgelope naweek se groot uitloop toe hy onsamehangend iets van quota en patronized gemompel het en for once Naas Botha en Nick Mallett laat sharrap het. Al was dit dan ook net vir 2 sekondes. Hoekom? Wel, niemand fokken weet nie. Party reken dis omdat hy voel die ander twee praat te veel en gee hom nie kans nie. Ander reken hy het tydens die Lions Brumbies game gaan rook of poef en het nie geweet wat om oor die game te sê nie. Hoe dit ook al sy, nes almal altyd langs die rugbyveld reken hulle kan ‘n beter job doen as die spelers, reken almal op sosiale media hulle weet wie is reg en wie is verkeerd. En die oulike hutsmerk #IAmAshwinWillemse het vlam gevat soos ‘n brandende lorrie by ‘n tolhek. ‘n Nasie hou hulle asems op om te sien of die driemanskap saam op TV gaan verskyn hierdie naweek. #sulkedrama
2) Nog iemand wat hierdie week sy goed gevat en gefokof het is die omstrede Noordwes-premier Supra Mahumapelopolumalopolmiew. Weet nie wat Naas en Nick gedoen het om hom af te pis nie, but it worked en hy gaan nou op vroeë aftrede. Die nederige bliksem het laat hoor dat hy nie groter as die revolusie is nie… al wil dit blyk sy ego is groter as ‘n koekverkoping by ‘n spesiale skool.
3) President Cyril Ramaphosa het hierdie week aangekondig hy gaan die helfte van sy jaarlikse salaris aan liefdadigheid skenk. Way ahead of you, Cyril. Ek skenk elke jaar amper die helfte van myne aan die ontvanger van inkomste. Which is mos charity. Want kyk hoe werk my belasting vir my. Paaie sonder slaggate. Genoeg skole vir almal. Kwalitieit mediese sorg vir die hele land. Ruikers vir oumense. Sopbene vir weggooihonde. Geen bedelaars by traffic lights. Welcome to the party, Cyril.
4) En almal wat altyd so dink ons land is agter die res van die wêreld, fok julle. Die ontvoerders van ‘n tienerseun van Witbank het ‘n losprys van 15 Bitcoin vir sy vrylating geëis. Intussen is die seun darem gevind, unharmed. Maar ja, wys jou hoe swak ons Shitcoin se waarde is as ons al Bitcoin eis.
5) Baie vrouens glimlag hierdie week so bietjie meer nadat hul mans besluit het om minder bier te drink. Wel, minder Castle Lager. En ek vermoed die hutsmerk #IAmAshinWillemse’sBiggestFan mag dalk begin rondvlieg. Castle Lager het in die lig van die Ashwin-sage besluit om die labels van hul bierbottels af te haal ter ondersteuning van almal wat daagliks met etikette moet saamleef. Ag manne. My hart pomp custard. Wat ‘n innemende klein bemarkingsfoefie. En nou dreig die anti-Spur anti-Jacaranda anti-whatever brigade natuurlik om Castle Lager te boikot. Word groot, julle werfetters. Julle pis mos nou lankal skuim. Maar kom ons kyk hoe lank julle kan uithou sonder die skuim in julle bierglase. Wys jou maar net. Some you Ashwin. Some you Ashlose.