Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

As jy met vuur speel sal jy Brand – Fokofpolisiekar klap ‘n toer.

$
0
0

fokof vinyl vuurOp 5 Desember 2003, is Fokofpoliseikar se album, As jy met vuur speel sal jy Brand, vrygestel. Dis pretty much presies tien jaar gelelde en om dit te celebrate het hulle 'n splinternuwe website gelaunch waar jy die album verniet kan download – http://www.fokofpolisiekar.co.za. Behalwe vir hierdie moerse freebie kan jy ook die album se chords en tabs verniet download. Dis nou vir julle ouens wat like om by die huis te sit en tunes op die kitaar uit te werk vir daai garage band van jou wat die volgende revolusie gaan word.

Fokofpolisiekar is ook besig moet 'n moerse toer op die oomblik en As Jy met vuur speel sal jy brand is ook nou beskikbaar op vinyl. Jy weet vinyl is besig om 'n moerse come back te maak, right? Ongelukkig is daar 'n moerse limited hoeveelheid beskikbaar en jy sal dit slegs by hulle live shows kan koop op hulle Tien Jaar Met Vuur Speel toer. Moenie worry nie – ons het al die info en datums vir julle hieronder. Die shows op hierdie toer is elk 120 minute lank wat bestaan uit 'n acoustic set gevolg deur harde rock 'n roll. Ons verwag niks minder nie.

Kry jou gat by die shows. Ons het ook met Francois en Wynand gechat en hulle was gaaf genoeg gewees om vir die Watkykertjie 'n double ticket na elk van die shows wat hieronder gelys is weg te gee. Tune ons in die comments na watter show jy toe wil gaan en hoekom jy die tickets verdien en ons sort 'n wenner uit vir elke venue:

6 December 2013
Assembly, Kaapstad

8 December 2013
Barnyard Teater, Parkview

9 December 2013
Barnyard Teater, Boksburg

10 December 2013
Barnyard Teater, Vereeniging

11 December 2013
Barnyard Teater, Cresta

12 December 2013
Atterbury Teater, Lynnwood

13 December 2013
Arcade Empire, Pretoria

14 December 2013
Rumours, Johannesburg

Web site: www.fokofpolisiekar.co.za
Facebook: www.facebook.com/Fokofpolisiekarband
Twitter: @fokofband

Deel met jou vriende: Print Digg del.icio.us Facebook Google Bookmarks laaik.it StumbleUpon Twitter email


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127