Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Dis New Year’s Eve en hier is vir jou 10 gepaste movies 2021 in sy moer in te stuur!

$
0
0

En daar kak die tweede jaar van die pandemie en die derde een gaan nou aanbreek met al sy waves en gepaardgaande trompettergeskal en kak! Dit voel darem om 2021 bietjie vinniger verbygegaan het as 2020 en ek hoop jou jaar was tot ‘n mate mmer suksesvol as die vorige een. Hopelik blaas jy nou so bietjie stoom af om die volgende outjie met so bietjie meer energie en lus aan te pak. Waar ons kan, sal ons try help met so bietjie motivering, ongevraagde raad, tips en wyshede en dalk ‘n give-away of twee.

Toevallig val die laaste dag van die jaar sommer ook op ‘n Vrydag – die dag van die week waenner ons gewoonlik probeer om jou lekker voorstelle vir kykgenot te maak. Vir die laaste dag van 2021 het ons dit goed gedink om so paar voorstelle te maak vir lekker movies om die nuwe jaar in te sien. Ons het hulle sommer gerangskik volgens hulle ratings en die goeie nuus is dat die heel kakste rating maar 5.7 is. Dis ‘n aanvaarbare rating, want jou ma is ook ‘n 5.7…

Happy 2022! Maak jou beker vol met ruk en rol!
Forrest Gump (1994)
Kykluisterhierso, daar mag dalk net een scene in hierdie classic en epic movie wees wat afspeel op Nuwejaar, maar dis nooit ‘n kak idee om ‘n vars jaar af te skop met ‘n ou ietsie wat die hart warm maak nie. En weet jy wat is ‘n fokken goeie manier om 2022 te bander? Daai famous quote uit die movie en ek parafraseer: “Die lewe is ‘n doos vol tjoklits – jy weet nooit waddefok jy gaan kry nie.”  Die lewe is vol  curve balls jy weet nooit regtig waddefok volgende gaan gebeur nie. Soms sal super goeie dinge gebeur. Soms sal super kak dinge gebeur, soos ‘n verfoklike pandemie, maar dit is maar hoe die lewe verloop. Vind ‘n manier om daarmee te deal.
Rating: 8.8

About Time (2013)
Het jy al ooit gewens dat jy die hele jaar net kan fokken oordoen? Natuurlik nie vir ‘n fok 2020 of 2021 nie. En dit klink vir my hulle het volgende jaar ook sommer weer 2020 gedoop – twenty-twenty too! Anyway, die main breeze in hierdie movie vind uit dat al die mans in sy famlie die vermoëns het om te time-tavel. Hy besluit dat die wêreld ‘n beter plek sal wees as hy ‘n girlfriend kry, so hy time travel terug na ‘n New Year’s party waar hy ‘n soen opgefok het. Daar is ongelooflike mooi vrouens in hierdie movie, onder andere Rachel McAdams, Margot Robbie en Vanessa Kirby.
Rating: 7.8

Ocean’s Eleven (2001)
Ek kan nou nie mooi onthou of hierdie movie afspeel oor Nuwejaar nie, maar hierdie 2001 movie is ‘n remake van die 1960 movie waarin Frank Sinatra en sy Rat Pack tjomme die main rolle  vertolk en in daai weergawe, gaan rob hulle vyf casino’s in Las Vegas op Oujaarsdaand wanneer die klok 12 slaan. In die nuwe weergawe het ons vir George Cloony, Brad Pitt, Matt Damon, Don Cheadle, Andy Garcia, Bernie Mac en Julia Roberts en hulle gaan beroof drie Casino’s in Las Vegas. Een van hulle is die Bellagio – ek het al daar in my breakfast getjank met die grootste hangover op aarde.
Rating: 7.7

Lady Bird (2017)
Christine “Lady Bird” McPherson (Saoirse Ronan) is ‘n hoërskoolmeisie van die verkeerde kant van die treinspoor wat smag na avontuur, gesofistikeerdheid en man, sy soek net ‘n kans. Sy kry fokol daarvan in haar Katolieke hoërskool in Sacramento nie. Dis ‘n lekker coming of age storie en gaan oor die girl se eerste romanse, haar deelname aan die skooltoneelstuk en aansoek om universiteit toe te gaan. Dit speel af oor Krismis en nuwejaar en die nuwe jaar met die hoop op ‘n nuwe begin. Dit mag jou dalk net goed doen en so bietjie inspirasie gee.
Rating: 7.4

Carol (2015)
Hierdie Oscar-genomineerde romantiese movie met Cate Blanchett en Rooney Mara, volg twee vroue uit twee heeltemal verskillende wêrelde wat in die 1950’s verlief raak en hul eerste soen vind op Oujaarsaand plaas (want daar is mos natuurlik geen beter tyd vir ‘n eerste soen nie). Wanneer en waar as jou eerste proper oopmondsoen gewees? Like met tong en alles. Jou oom/tannie, boetie/sussie, pa/ma, oupa/ouma en niefie/niggie tel nie. Veral nie laasgenoemde nie!
Rating: 7.3

The Holiday (2006)
Hierdie is ‘n lekker enetjie met Cameron Diaz en Kate Winslet – twee vrouens van twee verskillende lande wat so bietjie mansprobleme het, vind liefde op die weirdste manier: hulle ruil huise met mekaar vir die vakansie.  Die Oujaarsaand scene is klein en heel aan die einde van die movie, maar dis beslis een van die beste dele van  die fliek.
Rating: 6.9

The Holidate (2020)
Hierdie is vir my ‘n fokken weird fenomeen wat mens nogal gereeld in movies en veral romcoms aantref – die idee dat jy aan die einde van die jaar hierby krismis en nuwjaar moet opdaag met ‘n boyfriend en girlfriend. Daardie pressuer van “o fok, ek gaan iets moet reël sodat my familie nie dink ek is single nie!” In hierdie movie vind Emma Roberts) a work around vir juis hierdie probleem en kry sommer ‘n vreemdeling om te pose as her boyfriend. Is hierdie iets wat in regte lewe ook gebeur hier in Suid-Afrika? Dis poes awkies. Doen julle sulke stufff? Ek wil genuine weet.
Rating: 6.1

Sex and the City (2008)
Baie mense word met absolute vrees vervul met die gedagte daarvan om single te wees op die laaste dag van  die jaar en die movie weergawe van die Sex and The City reeks, speel netjies met daai gevoelens. Hierdie is meer van ‘n chick-flick, so girld, sit hierdie outjie op en travel so bietjie terug in tyd. ‘n Tyd toe jy wou het dat Carrie en Miranda tog net assefokkenblief Nuwejaar saam met mekaar kon spandeer.
Rating: 5.7

Poseidon (2006)
Wanneer laas het jy ‘n befokte lekker action adventure thriller met Kurt Russel gekyk? Hierdie movie is soos ‘n cooler weergawe van Titanic! Op Oujaarsaand moer die luukse ocean liner, Poseidon om nadat deur ‘n fokgroot fratsgolf getref word. Die survivors verg vir hul lewens terwyl hulle probeer om van die sinkende skip te ontsnap. Dit klink soos ‘n metafoor vir wat tans met die ANC aangaan, behalwe op die ANC se skip is daar net fokken rotte.
Rating: 5.7

New Year’s Eve (2011)
Wat sou vandag se lys nou wees sonder ‘n movie wat actually New Year’s Eve  as titel het? Die lewens van verskeie paartjies en enkellopendes in New York vervleg deur die loop van Oujaarsaand. Aamper die hele Hollywood het roll in hierdie movie gekry. Om net ‘n paar te noem: Sarah Jessica Parker, JEssica Biel, Ashton Kutcher,  Michelle Pfeifer, Zac Efron, Robert De Niro en en en en ensovoorts!
Rating: 5.7


Daar is ‘n moerse collection reality reekse, Hollywood-reekse en kick-ass movies op Showmax.
Jy kan ook aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127