Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Watkykjy se F1 voorspellings vir die 2022 seisoen!

$
0
0

Verlede jaar se F1 wêreldkampioen, Max Verstappen trek hierdie jaar ‘n nommer 1 truitjie aan en hang die nommer 33 vir eers in die kas. Al die Formule 1 renjaers vir 2022 het hulle nuwe karre lekker ingery by Bahrain se pre-season tests en dinge lyk lekker. Almal behalwe  Vettel. Hy het eers gou so bietjie covid. Nico Hulkenberg hou sy seat vir hom warm.

Die nuwe F1 season skop hierdie naweek af met die Formula 1 Gulf Air Bahrain Grand Prix! Die eerste practice rondte is vandag om 15:00, die tweede oefenrondte vind vanaand om 18:00 plaas en final practice gebeur Saterdag 15:00. Qualifying vind ook Saterdag plaas om 18:00 en lights out vir die groot race gebeur hierdie Sondagaand 18:00!  As ‘n lusmakertjie wil jy dalk eers gou-gou die 25 minute special doccie, Beyond All Limits – Hamilton v Verstappen kyk –  dit deal met die groot rivalry tussen die grootste twee geeste tans in F1.
(Check die trailer hieronder, aan die einde van die artikel)

Ek het geskiem om so bietjie my kop op ‘n blok te sit en my voorspellings vir die 2022 F1 seisoen te maak. Kyk waar jy van my verskil of waar jy saamstem. Drop ‘n comment soos ‘n Marmite-poep as jy so voel:

  • Hoe meer Haas, hoe meer spoed. Met Nikita Mazepin en sy pappa se poeffabriek, Urukali, wat die main sponsor was en moes fokof oor Rusland konte is met die res van die wêreld, het Haas se spanbaas, Geunther Steiner se hart biejie kak gevreet. Maar weet jy wat? Hulle sal fine wees. Veral omdat Mick Schumager ‘n nuwe team mate kry in die terugkeer van Kevin Magnussen. Bra Kev is fokken honger vir F1. Ek gee 17de vir Magnussen en 18de vir Mick. Haas sal ook 9de plek vat vir die constructors trophy.
  • Ferrari gaan weer derde plek vat vir die contructors soos verlede jaar, maar ek dink dit gaan ‘n ongemaklike derde plek wees vir die gunstelinge, Merc en Red Bull. Ferrari se karre lyk hierdie jaar net so warm soos hulle paint job. Hier kom kak, pappa!
  • Die kenners skiem dat Max Vestappen nie ‘n George Russell-kaliber drywer het om hom te help met die punte vir sy span nie, maar daai mense is duidelik fokken blind en het obviously nie vir my gunsteling driver, Sergio Perez, oor die afgelope 2 jaar dopgehou nie. Hy het amper sy job verloor toe vir die pienk span gejaag het, maar Christian Horner was fokken slim om hom in Red Bull te sit en ‘n kanse te gee. Die man is ‘n fokken masjien! Hy gaan hierdie jaar derde plek vat en Red Bull gaan constructors championship ook vat. Hoor my fokken Psalm!
  • Lewis Hamilton het George Russel as nuwe spanmaat gekry, maar ons gaan maar moet sien of hy so loyal gaan wees soos wat Bottas was. Ek vermoed daar is dalk te veel ambisie en ‘n stukkie ego wat dalkies gaan kak maak. Hamilton gaan baie hard moet baklei vir tweede plek (sorry, super fans!) en gaan tussen die twee Red Bulls vas sit die hele jaar. Dieselfe geld vir Russel wat tussen Perez en die Ferraris gaan stuck raak en probably sesde sal eindig.
  • Bottas is ge-demote na Alfa Romeo toe (hulle het tweedelaaste ge-eindig in 2021) en kry ‘n rookie as ‘n spanmaat – Zhou Guanyu wat oorge-erf is vanaf F2. Ek dink Guanyu gaan sukkel om sy voete te vind. Daar is dik pressure. Hy en Bottas gaan onderskeilik fight vir laaste plek en 15de, skiem ek. Bottas het fokken slegte kaarte gekry met ‘n stadiger kar en ‘n kleuter. Hy is baie meer as dit werd. Daai kak gaan Merc in die gat byt!
  • Vierde en vyfde plek sal aan Charles Lecrerc en Carloz Sainz gaan. Hierdie ouens gaan kakgevaarlik wees hierdie jaar. Omdat ek Russel op sesde sit, skuif ek dus vir team Papaya af na sewende en agste plek. Danny Ricciardo het egter sy tril af gesukkel met McLAren nadat hy Red Bull verlaat het (die grootste fout van sy career), so kom ons skuif hom eerder na 11de toe. Lando kan op 7 bly, dan druk ons vir Esteban Ocon in op 8ste, Gasly bly op 9 soos met verleder jaar en Vettel sal 10de vat.
  • Ek skat Yuki Tsunoda sal effens verbeter sedert verlede jaar en vir Danny bietjie kak en opeindig in 12de, wat ‘n 2-plek verbetering sal wees. Alonso gaan ook heeltyd in daardie space baklei vir punte. ‘n Lekker vuil driehoek.
  • Dit los dan die Aston Martin team oor met Sebastian Vettel en Lance Stroll en die Williams team met Nicolas Latifi en Alex Albon. Ek skat Aston Martin sal weer vir Williams ore aansit. Hulle gaan maar weer rondom dieselfde plek in die sandpit speel…

Maar kom ons kyk wat die naweek gebeur! Maybe moet ek nog my woorde tel! Ek is kak excited vir 2022 se F1! 

Not a fan of sport? Kyk hieronder vir ander lekker dinge om die naweek te stream.


Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.

Wat kyk jy?


Wat kan ek die naweek stream?

Dis heel eenvoudig. Ons highlight elke week 9 titles wat jy in SA kan stream: Drie vanaf DStv, drie vanaf Showmax en drie vanaf Netflix, wat ons op die splinternuwe Afrikaanse entertainment website, Terloops, uitkrap. Check dit uit hierdonder!

Grand Crew S1
Met ’n glas wyn in die hand, los Grand Crew se vriendekring mekaar se probleme een vir een op. Phil Augusta Jackson (Brooklyn Nine-Nine, Insecure) se nuwe TV-reeks, Grand Crew, volg ’n groep Swart jong volwassenes wat by hul gunsteling-kroeg bymekaarkom. Daar deel hulle mekaar se op- en afdraandes van die lewe en liefde in Los Angeles. Ja, dis baie Cheers-esque, en, soos met Cheers, is dit maklik om van die lieflike rolverdeling te hou. Sommer gou-gou word jy by die “drama-van-die-dag” meegesleur
Lees verder
 

This Is Going to Hurt
Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir. Dit volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die, en Mary Poppins Returns. Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak.
Lees verder
 

Vikings: Valhalla
Dit vertel oor die heldhaftige avonture van die beroemdste Vikings wat ooit geleef het, soos die legendariese ontdekkingsreisiger Leif Eriksson (Sam Corlett), sy vurige en koppige suster Freydis Eriksdotter (Frida Gustavsson), en die ambisieuse prins Harald Sigurdsson (Leo Suter). Spanning tussen die Vikings en die Engelse koninklikes bereik ’n bloedige breekpunt terwyl die Vikings ook onder mekaar stry kry oor hul botsende geloofsoortuigings. Soos die History Channel se reeks, word drama en aksie met die geskiedenis van die Vikings vermeng. Maar, dié reeks is egter eenvoudiger in hoe die verskillende storiedrade verweef word.
Lees verder

 

Vigil S1
Speurder Amy Silva (BAFTA-wenner Suranne Jones van Gentleman Jack) en Speurder Kirsten Longacre lei die ondersoek ter see én op land. Terwyl Silva sukkel om samewerking van die Vigil se bemanning te kry, kry die kyker ’n blik op haar verlede wat in sarsies via terugflitse gedeel word. Nes Silva ter see, besef Longacre gou dat die bemanningslid se moord net die oortjies van die seekoei is. Mettertyd ontdek hulle saam-saam ’n sameswering wat tot in die oppergesagte van Brittanje se nasionale veiligheid-afdeling strek.
Lees verder

 

Heels S1
Ons ontmoet Arrow se Stephen Amell as Jack Spade, ’n sogenaamde heel in die plaaslike stoeiliga in Duffy, Georgia. ’n Heel is stoeitaal wat na die “skurk” in die kryt verwys. Sy jonger broer, Ace (Alexander Ludwig), is weer ’n face – die held. Dié tweestryd speel binne en buite die stoeikryt af. Die broers kry ook stry oor hul oorlede pa se nalatenskap. As die hoof van die plaaslike stoeiliga, het King Spade destyds saam met sy vyand in die ring – Wild Bill Hancock – week ná week skares gelok. Maar daai gloriedae is lank reeds verby. Met Jack aan die stuur, is kaartjieverkope karig en hy sukkel om sy gesin te onderhou.
Lees verder
 

 

Space Force S1-2
In die tweede seisoen van Space Force, is daar ’n nuwe baas op die plaas en generaal Naird (Steve Carrell) en sy span het slegs vier maande om vir die nuwe Amerikaanse president te oortuig om nie hul afdeling, Space Force, af te skaf nie. Terselfdertyd speel daar ook heelwat drama in die karakters se persoonlike lewens af, wat dreig om die span onder die druk te laat swig. Buiten die Carrell, sluit die rolverdeling Friends se Lisa Kudrow, The Good Place se Ben Schwartz en die briljante John Malkovich in.
Lees verder

 

A Discovery of Witches S1-3
ʼn Historikus (en teësinnige heks) Dianna Bishop (vertolk deur Teresa Palmer) ontdek ʼn betowerde manuskrip in Oxford se Bodleaian-biblioteek. Ten spyte van die oeroue wantroue tussen hekse en vampiere, moet sy met die charismatiese vampier en genetikus, Matthew Clairmont (Matthew Goode) kragte saamspan. Palmer en Goode het onteenseglike chemistry. Daarmee saam sorg ʼn spul interessante karakters vir avontuur en romanse wat teen ʼn vinnige pas ontvou.
Lees verder
 

Pivoting S1
Die komediereeks Pivoting, met Ginnifer Goodwin, Maggie Q, en Eliza Coupe in die hoofrolle, is ’n rusbank-reeks wat jy met ’n glas wyn in die hand kan kyk. Dit verg nie veel inspanning nie, maar is ook darem nie heeltemal spookasem nie. Dis wat jy kyk as jy ná werk, gatvol en moeg, troos in die salige eenvoud van TV-clichès soek. Pivoting draai om drie middeljarige vriende, Amy, Jodie en Sarah, wie se lewens handomkeer verander ná die skielike dood van ’n vriendin. “Die lewe is kort” word ’n dringende dryfkrag in hul besluit om uiteindelik voluit te leef en hul passies na te jaag.
Lees verder
 

Formula 1: Drive to Survive S1-4
Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding. Die reeks sluit onder meer onderhoude en eksklusiewe beeldmateriaal in. Die vierde seisoen is vanaf 11 Maart 2022 op Netflix beskikbaar. Hierdie keer draai dit veral om die konflik en drama wat tussen Mercedes se Lewis Hamilton en Red Bull se Max Verstappen tydens die 2021-seisoen afgespeel het.
Lees verder


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127