Ons is eintlik fokken pissies hier in Suid-Afrika. Ons freak uit oor ons winters wat so koud is en hoe ons literally not even can met dit. Met “ons” verwys ek na ons hele land behalwe die boere in die Vrystaat wat twee kortbroeke aantrek wanneer hulle koud kry. Toe ek gister die weather app op foon check vir die naweek, het dit gelyk of die naweek koud en pisserig gaan wees in Plakkietoria. Met koud bedoel ek 9 grade – basies ‘n poeswarm somersdag in Rusland. Ek is fine daarmee om ‘n pissie te wees, want ek het soos ‘n neandertal vir myself ‘n byl gaan koop by Builder’s Warehouse en gistermiddag genoeg hout gekap om die naweek in die sitkamer se kaggel te gooi. Noddepoes kry ek die naweek koud nie, want koue weer maak vir lekker snoesighede voor die TV. Niks verkeerd met so bietjie snacks, broeknaai en TV-kyk nie.
Met die broeknaai kan ek jou ongelukkig nie help nie, maar hier is vir jou 5 befokte HBO comedy en -dramareekse wat jou gaan help om gelyktydig sleg en lekker te maak…
Divorce
Sarah Jessica Parker en Thomas Haden Church speel in hierdie comedy reeks oor die highs en lows van ‘n moerse uitgerekte egskeiding. Die reeks se creator, Sharon Horgan was nie net geïnteresseerd in die intricacies van die egpaar se paaie wat skei nie, maar ook die industry van prokureurs, skrywers, mediators en beraders wat met egskeidings te doen kry. SA het mos ‘n fokken hoë skeisyfer, mainly as gevolg van drank en dat ons land se mans oor die algemeen konte is, so ‘n klomp van julle gaan hierdie nie like nie. Wie se beurt is dit hierdie naweek saam met die kinders?
Younger
Liza is veertig jaar oud (gespeel deur Sutton Foster). Sy skielik ‘n enkelouer wat ‘n terugkeer probeer maak na die werkende wêreld maar kom vinnig agter dat dit op haar ouderdom feitlik onmoontlik is om onder op die rangleër te begin. By ‘n bar ontmoet sy ‘n dude in sy twintigs wat haar oortuig dat sy baie jonger is as wat sy lyk. Sy besluit om haarself voor te doen as ‘n 26-jarige en kry met behulp van haar beste tjommie ‘n make-over en slaan sodoende ‘n jobbie los as ‘n assistent vir ‘n moerse bedonderde vrou. Saam met haar nuwe twenty-something kollega, Kelsey (gespeel deur Hillary Duff) maak hulle planne om die loopbane van hulle drome vir hulleself te bewerkstellig. Jy gaan regtig glo dat Sutton Foster 26 is. Sy is ‘n total fokken babe en is in 1975 gebore!
I Hate Suzie
Suzie Pickles (Billie Piper) is ‘n voormalige tiener popster en televisie-aktrise. Nadat haar foon gehack is en sensitiewe foto’s geleak word op die interwebs, sukkel sy om haar huwelik op die rotse te laat afstuur asook om haar dowe seun te beskerm. Intussen probeer haar beste tjommie en manager, Naomi haar beste om Suzie se loopbaan aan die gang te hou. So check hierdie uit – die karakter, Suzie Pickles en die aktrise wat haar rol vertolk, Billie Piper het iets in gemeen – in regte lewe was Piper ‘n popstar toe sy ‘n tiener was voordat sy ‘n aktrise geword het.
Flight of the Conchords
Hierdie reeks is fokken oud en dateer dalk uit 2007, maar beslis ‘n moerse cult classic! Jemaine Clement and Bret McKenzie speel soortvan hulleself en het hierdie moerse unikie HBO musical comedy geskep wat die misadventures en fokops volg van ‘n folk-rock band van New Zealand wat in New York woon daarvan droom om moerse famous te raak met hulle musiek. Jy het ‘n special sin van humor nopdig vir hierdie reeks, en as jy wel oor dit beskik, gaan jy jouself faktap lag. Daar is net twee reeks ooit gemaak, so begin dalk met hierdie outjie die naweek en binge hom stukkend! O ja, hoe fokken weird en cool is hierdie (klein spoiler alert): in die eerste episode van seisoen 2, tune die karakter Murray, dat die Grammy wat die ouens wen, fake is. In regte lewe, het die band ‘n Grammy gewen vir “best comedy album”!
Eastbound & Down
Toe ek jou verlede week van Danny McBride se nuwe season van The Righteous Gemstones vertel het, het ek terug gedink aan hoe fokken rou en snaaks sy classic comedy-reeks, Eastbound & Down was. Dis een van die snaaksste fokken reekse ooit. Ek het dit way back in 2009 probably iewers op ‘n torrent of iets gekry, want dit was nêrens beskikbaar nie, maar ek het vanoggend toevallig daarop afgekom op Showmax en dis my nommer 1 keuse vir die naweek – ek gaan die wit waks uit al vier seasons kyk hierdie naweek! Die reeks gaan oor Kenny Powers, ‘n moerse washed-out loser wat die wêreld van baseball aan sy voete gehad het. Hy was op pad om die koning van die big leagues te wees maar twee dinge het sy toekoms opgefok: sy fast ball wat al hoe meer spoed begin verloor het, en sy uiterse kak persoonlikheid. Elton Jantjies, enige iemand? Sy (Kenny, nie Elton nie) se career het spectacularly uitgefok en hy het noodgedwonge ‘n werk gekry as ‘n LO-meneer by sy voormalige skool in Shelby County, North Carolina. Hierdie reeks is die fokken koning van cringe!
Die plan is om julle elke week sommer so kortliks te tune wat ek besig is om te kyk, want maybe wil jy dit ook kyk.
Terselfde tyd drop ons ook terloops ‘n kort lysie met voorstelle van wat om waar te stream hieronder.
Wat kyk jy?
And Just Like That S1 And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King. Dit volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie! Lees verder |
![]() |
|
Poena In 2007, het ons die eerste keer vir Poena Pieterse in die ikoniese fliek Poena is Koning ontmoet. En toe het hy in 2020 in die TV-fliek, Poena, teruggekeer, asook in 2021 in die TV-fliek, Poena en Poenie. In dié komediereeks van 13 episodes ontmoet ons vir Poena (Robbie Wessels) wat sy werk as ’n sanger op ’n plesierboot verloor het. Nou woon hy saam met sy werklose nefie, Poenie (Kaz McFadden), by sy oupa Poen (At Botha). Ook saam in die huis is Coco de Kok (Liane Heyl) en haar dogter Chanel (Lauren Botha). Jy kan jou mos net indink die chaos wat in daai huis afspeel… Lees verder |
![]() |
|
Ozark S1-4 Ozark is ’n veelbekroonde reeks met ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit draai om Jason Bateman se karakter, Marty Byrde, ’n finansiële adviseur wat sy gesin van Chicago na die Missouri Ozarks sleep. Dit het begin as ’n poging om ’n dwelmbaas te paai om sy gesin te beskerm. Nooit sou Marty kon dink dat daar soveel bloed van sy hande sou drup nie. Lees verder |
![]() |
|
The Pembrokeshire Murders S1 The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het. Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word. Lees verder |
![]() |
|
Op my eish! S2 Net soos in die eerste seisoen van Op my eish!, kan kykers na heelwat drama en intrige deur die loop van die reeks uitsien. Van gebroke harte en beserings tot onverwagse bekendstellings en skokonthullings – die wenresep vir suksesvolle realiteitstelevisie. Terwyl die akteur Neels van Jaarsveld laas liefde gesoek het, is Francois Jacobs die, uhm, hubare (?) hartebreker wat sy perfekte pasmaat in die tweede seisoen Op my eish! soek. Francois is ’n sanger en akteur bekend vir sy rol as Sampie de Klerk in die fliek Die Voëls. Lees verder |
![]() |
|
Clark Clark vertel die ongelooflike verhaal van Clark Olofsson, die omstrede misdadiger wat die term “Stockholm-sindroom” geïnspireer het. Bill Skarsgård – broer van True Blood se Alexander Skarsgård – vertolk die titelrol. Clark is gegrond op die waarhede én leuens, soos uiteengesit in sy outobiografie. Só word uiteengesit presies hoe hy die hele Swede geflous en om sy pinkie gedraai het, ondanks verskeie aanklagte van dwelmhandel, poging tot moord, aanranding, diefstal en dosyne bankrooftogte. Lees verder |
![]() |
|
The North Water The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman. Dit speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Eers later word die ware doel van die ekspedisie duidelik… Lees verder |
![]() |
|
Suidooster S1-8 Suidooster draai om die mense van ’n klein winkel- en sakesentrum in Ruiterbosch. Ruiterbosch is ’n fiktiewe Kaapse voorstad waar verskillende gesinne in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys is al in mekaar se besigheid in… Só is daar nooit ’n tekort aan skinner en drama nie. Die sepie het in 2015 met net drie episodes ’n week begin, en gaan sedertdien van krag tot krag. Sedert 2017 word daar nuwe episodes van Maandag tot Vrydag uitgesaai.r. Lees verder |
![]() |
|
The Pentaverate In The Pentaverate is Mike Myers van Austin Powers-faam ene Ken Scarborough (asook omtrent elke ander karakter wat ons ontmoet…) Myers is ook die skeppende dryfkrag agter dié komediereeks wat uit sy 1993-fliek, So I Married an Ax Murderer, gespruit het. Die reeks draai om ’n Kanadese joernalis wat op die punt staan om sy werk te verloor. Wat hy nou nodig het, is ’n sappige storie. Die storie wat hy aanpak, is egter veel groter as wat enigiemand kon raai. Dis immers een wat oor eeue heen strek as hy die waarheid oor vyf mans se invloed op wêreldgebeure sedert die Swart Plaag in 1347 probeer ontbloot.. Lees verder |
![]() |