Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Fliekresensies. 300: Rise of an Empire en Captain America: Winter Soldier

$
0
0

Deur Juan Boy de Kok

300: Rise of an Empire
In Vergelyking met die vorige 300 aflewering, is dit nogal soos die Springbokke na Jake White. ‘n Anti-klimaks. Ja, daar is weer goeie fight scenes, maar niks wat ek nog nie in Jepico's in Daspoort gesien het nie. Die ouens in 300 het net meer klere aan gehad na die fights. Maak nie saak hoeveel aksie, CGI of boobs jy in jou fliek prop nie, daar moet nog steeds ‘n storie wees, Zack Snyder, anders is dit soos daai ouens wat vergeet om hulle kuite te gym. Net nie gebalanseerd nie. En ek het al beter acting gesien in die twee sokker games wat ek al gekyk het as wat daar in hierdie fliek is. All and all ‘n klomp kak
300 Rise of an Empire

Captain America: Winter soldier

Lyk my daar het ‘n batch coke oor die Mexican grens gekom wat nie overdosed was met rotgif nie, want Hollywood het ‘n helder oomblik gehad. Daar was bitter min CGI, so die fight scenes en stunts is gedoen deur regte dudes met klinkers en nie deur ‘n emo computer kid wat skrik as sy ma in die kamer instap nie. Maar dit gesê, ek wens hulle wil nie die kamera op ‘n windhond se rugvas maak en turps onder sy hol smeer nie! Gehoor van ‘n tripod, gebroeders Russo? En ja, Scarlet is maklik op die oë, maar aseblief kan iemand net vir die kind ‘n Strepsel gee? Die Winter soldier homself was awesome! Ek het heeltyd ge-root dat hy vir Kuifie moet bliksem, en hy het! Kan jy glo? 'n Bietjie realisme in ‘n fliek. Want regtig, ek sal nie eers na drie dubble Klippies met daai wintertroep kak soek nie. En ek wou regtig nie Samuel L Jackson se arm pits sien nie, maar verder was dit die 2 dae loon wat hulle ons deesdae vra vir ‘n fliek werd gewees.
captain america winter soldier

Deel met jou vriende: Print Digg del.icio.us Facebook Google Bookmarks laaik.it StumbleUpon Twitter email


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127