Raak jy soms dronk wanneer jy uitnodigings stuur of maak? Ons praat nie hier van daai keer wat jy per ongeluk die verkeerde vriend uitnooi wat jou nefie wil bliksem nie of dalk daai keer toe jy vergeet het om vir ouma uit te nooi na haar eie surprize 70ste toe nie. Meer soortvan die vibe waar jy die uitnoding self opfok. Varkore. Knoeiwerk. Dis wat ons gisteraand gedoen het. Die idee was om ‘n nice video te maak van Bright Lights Big City se live footage terwyl ons so paar biere wegsit. Toe word die “Paris-Hilton-Sex-Tape-effek” op die kamera ontdek en ons dronk verbeeldings loop toe op hol met ons met baie bier en dooswyn.
“Ôk maar lekker fokken stupid!” soos Ouboet destyds in Orkney Snorknie sou tune…
In elk geval, hier is Bright Lights Big City se uitnoding na die Watkykjy party hierdie Saterdag. Kom join ons gerus. Dit gaan befok lekker wees!