Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Cortina Whiplash. Watkykjy party more!

$
0
0

dooskar derbyDie gooses van Cortina Whiplash het kom draai skiet vir so paar biere en ‘n one take song of wat, sommer so langs die pool gesit en doen. Check die video hieronder. Onthou die Watkykjy party more (Saterdag 4 Oktober) by die Melkery (op ‘n plaas halfpad tussen Kempton en ‘Toria – lekker naby). Hekke maak so 11 bells se kant oop. Jy is welkom om ‘n coolerbox saam te bring, andersins kan die bar jou ook uithelp. Daar sal kos beskikbaar wees, onder andere boerie rolls, wildspotjie, lasagne, vegetarian falafel en dies meer.

Fokken vet pret, pappie!

dooskarKom jol ping pong, fuzeball of pool. Bring kartonbokse en kakkies en bou jou eie dooskarretjie vir die Dooskar Derby – jy kan zak wen. Bring ekstra zak saam as jy vinyl collector is – Stash Records gaan daar wees met poes skaars vinyl asook nuwe vinyl en classics. Bring jou tent en kom kamp verniet oor. Kom check so paar artists se uitstallings van sketse, paintings en foto’s uit, maar die heel belangrikste – kom kyk die fokken bands:

Hier is die line-up:
13:00 Die Skynmaagde
14:00 Liela Groenewald Band
15:00 The Oh So Serious
16:00 Coelacanth (nuwe band met Gareth Wilson, Jaco Mans en Andre Kriel)

17:00 se kant vat ons ‘n 2-ure break vir Die Dooskar Derby en whatever onbeplande kak gebeur.

19:00 Panjo The Missing Tiger
20:00 Bright Lights Big City
21:00 Cortina Whiplash
22:00 The Slashdogs

23:00-ish party en dans jy jou hol skeef saam met die DJs tot in die oggendure. Dis hoekom ons aanbeveel dat jy eerder jou tentjie moet saambring. Jy wil nie geswaai terugry huistoe nie. Plus jy kan doen met so bietjie vars lug, jou blerrie stadsjapie.

Entrance is R150 cash by die hek. Daar is nie ‘n ATM of credit card fascilities nie, so bring Randela’s saam. As jy enige dag in Oktober verjaar, kom jy verniet in (wys jou ID) en almal saam met jou in die kar betaal halfprys. Kom hou sommer jou fokken birthday party saam met ons. Daar is klaar so paar groepe wat daai vibe pull.

En nou, ‘n woordjie of twee deur Cortina Whipplash:
cortina whiplash

Hier is so bietjie van ‘n recap van verlede jaar se jol,  en ook net om jou ‘n idee te gee van hoe die venue min of meer lyk. Dis ‘n befokte plek met meer as genoeg kuierspasie vir almal. O fok, voor ons vergeet – die mense wat ongelukkig genoeg is om kinders in die lewe in te gebring het – julle kids kan saamkom. Daar sal ‘n pienk Barbie jumping castle wees vir die kinders. Poes zef. Ons vat net geen verantwoordelikheid nie. Ook nie as jou laitie 5 jaar later uit die kas uit klim nie. Daarmee moet jy maar self deal.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127