Deur Big H.
Ons was so twee naweke terug by Krank’d Up se 2014 uitgawe by Sundowners in Alberton gewees. En laat ek sommer van die begin af eerlik wees daaroor… dit was een van die befokste festivals ooit!
Ek sê nie dat alles hééltemal vlot verloop het nie, want mens het hier en daar ‘n dronk ou hoor kla dat die rye vir drank ‘n bietjie lank was, en so aan. Maar oor die algemeen was dit só goed gereel en só ‘n befokte lekker dag dat mens nie eintlik kan fout vind daarmee nie.
Twintig bands het deur die loop van die dag op twee stages gespeel. Die dag het afgeskop met die “Battle For Krank’d Up” wenners, Riddlebreak, en naaswenners, die T’s and C’s. Riddlebreak het my nogals impress, en ek is seker ons sal weer van hulle hoor.
En van daar af was dit die hele dag net heavy fokken metal, van die een stage na die ander, sonder ophou. Voordat die een act op die Main Stage klaargemaak het, het die volgende act reeds op die kleiner Jägermeister Stage begin. Klipfokkenhard. Die hele dag. Without taking any prisoners.
Op die Jägermeister Stage het bands soos Legions Ablaze, Bombs and Issues, Reason To Live en Poverty of Ideals die middag gespeel. Daar was selfs twee bands al die pad van Kaapstad af, Arc Reactor en Zombies Ate My Girlfriend, en as ek die manne van die Watkykjy-Suid chapter was sou ek hulle ‘n bietjie in die Moederstad gaan uit check het.
Ek is nie aldag seker wat in Facing The Gallows se geledere aangaan nie. Ek het gehoor frontman Bryan Binneman was ‘n rukkie weg, maar is nou weer terug. En Krank’d Up was glo Cadillac se laaste gig saam met die manne omdat hy nou Kaap toe trek. Of whatever. Wat ek wel weet is dat Facing The Gallows nogsteeds een van die beste en hardste metal bands in die land is, met fanatiese die-hard fans orals waar hulle gaan, en Krank’d Up was geen uitsondering nie.
Die Jägermeister Stage is afgesluit deur Underbelly, wat die laaste show van hulle reunion tour daar gegooi het, en The Drift, die absolute staatmakers van die local metal scene.
Op die Main Stage het Wake To Wonder die skare vinnig aan die gang gekry. Hulle was gevolg deur Freedom For Your Life wat, half teen verwagting in, sónder Dave van Vuuren een van hulle beste shows tot dusvêr gehad het. Dit was duidelik dat Bradley Morisson, die nuwe frontman, vir fokkol hoef terug te staan nie.
Red Helen het vir almal weer gewys hoekom hulle die regte keuse was om Suid-Afrika by die 2014 Wacken Open Air festival in Duitsland te verteenwoordig. En enigiemand wat nou nog daaroor twyfel moet eenvoudig net gaan kak, want Brandon Pratt en die res van die manne is verby next-level.
Hulle is gevolg deur twee van my persoonlike gunstelinge, The Slashdogs en Only Forever. Motherfucking in-your-face rock ‘n roll op sy heel beste. En so het dit aangegaan, en so het die dag net al hoe beter en al hoe lekkerder geraak.
Ek het baie tyd vir Deity’s Muse, en elke keer wat ek hulle sien speel hou ek nóg meer van hulle. Die feit dat daar nou ‘n ekstra kitaarspeler in die band is, is ook ‘n stap in die regte rigting. By Krank’d Up het hulle ‘n paar nuwe songs gespeel, en ek hoor daar is ‘n nuwe album oppad, wat inderdaad goeie nuus is.
Die plaaslike line-up is perfek afgesluit deur die Newtown Knife Gang. Dis duidelik dat Spencer Martin in een van die beste frontmen in Suid-Afrika ontaard het. En dit was ook amazing om te sien hoe sy eie visie vir Sundowners, en Suid-Afrikaanse metal in die algemeen, daai aand ‘n werklikheid geword het. Dik respek, bra. Dik.
Ek dink die aand kon net daar opgehou het, en almal sou heel tevrede huistoe gegaan het, want die ongelooflike plaaslike talent wat ons tot op daardie stadium gesien het, het almal se koue metal harte sommer so lekker warm laat klop. Maar dit was nie verby nie, en die beste was nog oppad…
Ek het nie regtig die woorde om te beskryf hoe goed die twee internasionale acts, Protest The Hero, en veral Unearth, daai aand vir my was nie. So ek gaan nie eens regtig probeer nie. Wat wel vir my uitstaan is dat Turning Tricks Entertainment, wat dit reggekry het om bands van hierdie kaliber na Suid-Afrika toe te bring, verskeie medaljes en toekennings hiervoor moet kry. Die metal was next-level tight, die bands het hulle harte uit gespeel, en die skare het gemosh asof hulle lewens daarvan afgehang het. Dis ‘n aand wat ek nooit sal vergeet nie.
Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat volgende jaar se Krank’d Up Festival vir Saterdag die 26ste September 2015 beplan word. So haal sommer nou dadelik jou dagboek uit en trek ‘n dik, rooi streep deur daai dag. Want ek weet jy wil dit nie ‘n fok mis nie.
Hier is ‘n paar foto’s van die bands wat ons gesien het:
Legions Ablaze: Riddlebreak:
Bombs And Issues:
Wake To Wonder:
Arc Reactor:
Freedom For Your Lide:
Reason To Live:
Red Helen:
Zombies At My Girlfriend:
The Slashdogs:
Only Forever:
Deity’s Muse:
Underbelly:
Newtown Knife Gang:
The Drift:
Protest The Hero:
Unearth: