As jy iemand is wat die kitaar al so paar keer opgetel het en probeer tokkel het, is hierdie paar tips dalk vir jou. Miskien is jy een van daai mense wat elke jaar by Oppikoppi die bokskitaar langs die vuur sit en strum met die drie akkoorde wat jy soortvan ken en jou eie liedjies (wat vir jouself fokken snaaks is) dronk uit tune uit sit en mompel, sigaret ge-wedge aan die einde van die kitaar se nek. Of erger, met ‘n zol in jou bek en jol Koos Kombuis covers. Sorry, die enigste een wat jy ken: AWB Tiete…
Die probleem om enige instrument baas te raak is tyd en oefening. Ongelukkig is dit die main issue. Dit en so klein bietjie talent en ‘n oor vir musiek. In ‘n mate kan talent aangeleer word, so moenie te veel daaroor worry nie, maar jou oor mag jou dalk rondfok.
Old school is vir meeste mense die makliste uitweg. Iets wat jou forseer om elke week terug te gaan en te oefen. Dalk het jy bietjie tyd en zak om so paar lesse te loop by ‘n kitaar omie of tannie in hulle sitkamer of buitekamer waar hulle jou met ‘n Shatterprufe liniaal oor die kneukels bliksem as jy opfok. Check, jy moet elke week terugkeer vir jou les en wys wat jy die vorige week geleer het. Huiswerk vibes. Hopelik spoor die feit dat jy geld daarvoor betaal jou aan. Teen so vier lesse en enige iets tussen R650 en ‘n R1000 per maand behoort jy na so twee maande iets vir jou geld te kan wys en dan sit jy met ongeveer 10 ure se ondervinding onder die belt. Maybe kan jy dalk ‘n basic tune jol op een snaar. Of leer om AWB Tiete fokken reg te speel.
Daar is ook ander options – van hulle verniet en van hulle effens cheaper as weeklikse lesse, maar dan moet jy fokken hard op jouself wees en seker maak dat jy oefen. Jy gaan steeds ‘n once off investment moet maak in ‘n kitaar as jy nie een het nie en ‘n tweedehandse electric guitar is the way to go. Jy kan moontlik een optel vir ‘n grand of twee. Hoekom nie ‘n acoustic nie? Check, jy weet nog nie of jy die dedication het nie, ‘n electric (sonder ‘n amp) maak minder geraas en jy gaan dieselfde (indien nie meer) tegnieke leer. Die ander bonus is dat indien die kitaargogga jou wel byt, kan jy altyd later ‘n amp aanskaf. Maybe ‘n pedal of twee ook. Imagine jy koop ‘n acoustic en raak hom baas en besluit dan dat jy wil oorslaan electric toe? Dan moet jy NOG ‘n fokken kitaar koop. As jy heeltemal fokken useless is en op die ou end nie kans sien vir oefening nie, is dit in elk geval makliker om ‘n electric guitar aan een of ander snotkop laitie te verkoop. Heel moontlik vir R100 meer as wat jy daarvoor betaal het. Score! ‘n Bottel brannas!
As jy jouself wil leer speel is daar ‘n hele paar opsies. ‘n Boek met al die chords en tegnieke in is ‘n moerse goeie begin. Iets soos die Guitar Bible gaan vir omtrent ‘n grand, maar dit het about alles wat jy gaan nodig kry en kom met iets soos 5 DVDs met ‘n kakhuis vol video en audio. Min of meer dieselfde prys wat jy sou betaal vir ‘n maand of twee se lesse.
Dis ook iets wat jy heeltyd kan reference as jy agterkom dat jy besig is om kak aan te jaag. As jy byvoorbeeld ‘n papsak sit en drink eenuur die oggend terwyl jy try oefen gaan jou juffrou nie daarvan hou as jy haar bel en vra “Waaar shit die g-string nou weeer?” nie. Dis jy en jou boek. En jou hand voor in jou broek. Alleen. Veilig.
In my opinie is home-schooling met musiekinstrumente die beste manier. As jy die boekroete volg moet jy net versigtig wees met die eerse paar bladsye laat niemand oor jou skouer loer nie. Die “how to use this book”-gedeelte kan jou nogal soos ‘n dom poes laat voel en lyk:Aan die ander kant as jy mooi sit en oefen en so paar drukke regkry gaan jy tunes wil begin jol. Baie van Guns ‘n Roses se songs is verspot
maklik om te speel. Die ouer acoustic tunes nou, nie Slash se leads wat jou rugstring uitruk nie. Hopelik sien iemand in die huis jou “dedication” raak en koop vir jou ietsie soos die Guns ‘n Roses Anthology vir krismis, soos wat met my eenkeer die geval was so paar jaar terug.
As jy die verniet roete wil loop het jy net ‘n guitar en die internet nodig. Ultimate Guitar Tabs is sekerlik die grootste resource as dit kom by guitar chords en guitar tabs. Dit gaan jou fokol lesse of tegniek leer nie, maar as jy effens uitmaak van, of dalk reeds bietjie jol en net tunes soek om te cover, is hierdie jou to-go-to interwebsbladsy. Hier is byvoorbeeld die chords vir Coldplay, The Scientist met lyrics en what-what. Wat Ultimate Guitar Tabs ook befok maak, is dat jy die app kan download vir jou tablet of smart phone as jy dit saam met ‘n tjommie wil sit en jam. Daar is ook ‘n Pro option (waarvoor jy moet betaal) om saam met die musiek te jam en met hierdie option kan jy actually leer speel ook. Teen $50 is dit steeds ‘n bargain in vergelyking met fisiese lesse en jy het access tot hulle hele moerse catalog.
Die verniet option op die internet waarvaan jy egter die heel meeste van gaan hou, is YouTube lesse. Jy kan fokken alles wat jy ooit van alles af wil weet straight van YouTube af kry as jy weet waar om te soek. Erich Andreas is ‘n bra in Nashville met oor die 160k subscribers en amper 40mil views en hy gee verniet lesse op YouTube. As jy nie weet hoe om ‘n fokken kitaar vas te hou nie, is Eric die man. Hy vat jou deur alles. Jy moet net deur sy channel gaan krap want hy het al ‘n kakhuis vol videos gemaak. Die beste feature van sy channel is hoe hy jou leer om bekende songs te jol. Hy vat hom mooi stadig van begin tot einde, maar as jy ‘n beginner is, gaan soek sy basic lesse en werk jouself op met die leertjie. Hierso tune hy ons byvoorbeeld om Sweet Home Alabama te jol:
Of miskien is jy meer van ‘n ZZ Top fan. ZZ Top laat die panties klop.
Fok, die bra cover even Tailor Swift en het al op ‘n stadium een of ander fokken dubstep tune ook op kitaar gegooi. Mal kak.
Daar is ‘n ander stukkie software ook, genaamd Guitar Pro 6, maar dit lyk meer soos iets wat jou help met notation en ander kak. Daar is mixed reviews daarbuite maar jy is welkom om dit iewers skelm van ‘n torrent site af illegally te gaan download en ons te kom vertel wat jy daarvan dink. Ek dink dis die kakbaie bladmusiek en note wat my dalk aanvanklik afgesit het. Dit lyk na baie werk. Actually lyk dit soos fokken algebra huiswerk. Not want.
As jy ‘n gamer is het ek vir jou fokken goeie nuus. Jy het moontlik al te doen gekry met Guitar Hero op Xbox of Playstation. Dis ‘n fokken lekker game waar jy gekleurde plastic knoppies druk soos ‘n spastiese wasbeertjie saam met musiek wat oor die screen scroll, maar dis juis dit – dis net ‘n game. Ure se dronk pret maar dit help jou nie veel met jou musikale abilities nie.
En toe kom Ubisoft uit met Rocksmith 2014. Let op die 2014, want die eerste version, alhoewel baie cool en revolutionary, is nogal kak teenoor die nuwe uitgawe. “A lifetime’s worth of bass and guitar lessons, all in one box” - en die ouens praat nie kak nie. Jy plug jou eie gewone electric guitar by jou Xbox of Playstation in (jy kry die kabel saam met die game) en daar fokken gaan jy. Hierdie game is jou guitar meneer. Hy weet fokken alles en hy vertel jou alles. Van hoe om jou guitar te tune, hoe om te strum, te staan en speel, chords, bends, leads, power chords, you fokken name it. Die game vat jou stap vir stap, amper soos ‘n klein universiteit en help jou waar jy opfok. “Druk die derde snaar, jou fokken nool. Jy is op die verkeerde enetjie nou. Moet ons dit bietjie stadiger vat? OK, kom ons begin oor. Moet mamma jou toggos afvee?”
Daar is even mini-games wat jou allerhande skills leer (skiet zombies faktap met power chords of jol Frogger) en soos met Guitar Hero, jol jy saam met befokte songs met die verskil dat jy actual fokken guitar speel en nie rondfok nie. Jy kan even op jou eie saam met hulle “ingeboude band” speel wat aanpas by jou styl. Hoe vinniger, hoe aapkakker. Dit fokken breek mens se brein hoe mense hierdie kak kon develop, maar dis daar. Un-fokken-real. Hier is ‘n vinnige run-down van die game se features:
Hulle het ‘n 60-Day Guitar Challenge (gaan soek YouTube videos en kyk vir jouself) wat reken dat jy na sestig dae (‘n uur se oefening per dag) die kitaar se absolute baas sal wees. Klink dit na bullshit? Maybe, want wie gaan elke dag werklik vir ‘n uur lank guitar speel, sestig dae in ‘n ry? Maar kom ons sit dit in perspektief: As jy 60 ure se lesse neem teen ‘n uur per week by ‘n oom of ‘n tannie, is die kanse goed dat jy na ‘n jaar en twee maande (60 weke) heel fokken oraait op die kitaar gaan wees, nie waar nie? Die game werk dalk net ‘n bietjie goedkoper uit?
Elke song se unieke amp of sound kom ook by jou guitar uit deur die game (oftewel jou TV of surround sound setup). Om jou ‘n beter idee te gee van die saamjol vibes, check bietjie hoe hierdie laitie Seven Nation Army looi op Rocksmith 2014:
So watter opsie gaan vir jou die beste werk? Dis maar ‘n personal isssue. Ek is al deur al die bogenoemde en gebruik steeds alles (behalwe actual lesse by ‘n meneer of juffrou – dis ‘n horror storie vir ‘n ander tyd) maar hier is vir jou ‘n moerse waardevolle tip vir Kersfees. Jy gaan fokken groot moet gaan en hier is hoe jy mamma en pappa gaan convince:
‘n Tweedehandse Xbox/Playstation, ‘n guitar en die game gaan hier by die R4500 uitwerk. Tune jou ouers (of jou liefie) dat jy graag ‘n jaar se kitaarlesse vir krismis soek. Kitaarlesse gaan hier by die R6k kos op die minste. Werk jou pad terug na die Xbox toe met fokken briljante redenasie oor kostebesparing. Gooi ‘n kopkou of muff dive in die deal in (nie aanbeveel wanneer ouers of direkte familie die present moet koop nie).
As jou kitaarloopbaan uitfok het jy ten minste ‘n befokte gaming console. En ‘n kitaar wat jy vir drank kan verkoop…