Doos van ‘n hippie vas oor hy alligators befluister
Daar is mense in hierdie wêreld wat besonder baie doen vir die dierlewe. Soos Pamela Anderson. En … uhm … o, Mark Boucher. En daai Steve Irwin-ou. “Croickey! Look êt de soize of the pecka on thees bugga!” Hy is weird. Shit, is hy nie ‘n paar jaar terug dood nie? Okay, jammer. Hy wás weird.
So, ja, daar is mense wat harde werk doen om die dierlewe te verryk en te beskerm. Of dit nou effens misguided is, soos Greenpeace hulle soms aan skuldig maak, en of dit nou daai antie buite Spar is wat jou so fucked-up skuldig laat voel as sy op ‘n Dinsdagaand ‘n blikkie met ‘n hondjie se gesig op laat klingel terwyl jy verby haar stap en mompel “Sorry, no change” terwyl jy die drie bottels Romanoff Vodka in jou arms beskerm asof dit ‘n miljoenêr se ontvoerde pasgebore baba is … ja, daar is mense wat sterk voel oor die saak.
En dan is daar mense soos Hal Kreitman. Hal kom van Florida in Amerika. Hy noem homself die “Haligator”. Of nog erger, die “Alligator Whisperer”. Wat ‘n kont.
Hal reken hy en die alligators (as jy nie uitmaak van ‘n alligator nie, dis basies ‘n klein krokodil, maar minder klein as ‘n akkedis) van die Keys is dik tjommies. “When I’m in the water, I’m thinking what he’s thinking, he’s thinking what I’m thinking, I think the alligator feels peace,” sê Hal. Duidelik die soort ou wat by ‘n braai opdaag en al hierdie pseudo-spiritual kak kwytraak en selfbelangrik kopskud as jy iets stupid sou sê soos “Dis ‘n fokken reptiel, nie ‘n monnik vol skubbe nie”. In die hoop dat hy naai sal kry na die braai sal hy waarskynlik nog ‘n rukkie woorde soos “enlightenment” en “spiritual journey” rondgooi. In so ‘n geval moet genoemde doos se gesig altyd teen die warm braairooster gedruk word. Daar’sy, lekker skubbe vir jou mombakkies. Voel jy nou één met die natuur, huh? HUH?
Anyway, Hal maak die afgelope tyd ‘n bestaan daaruit om toeriste tot $250 te charge om te kyk hoe hy in die water met die alligators speel. Nou, dit klink dalk nie soveel anders as iemand wat by ‘n akwarium met dolfyne speel nie, maar hier’s twee main probleme volgens regte egte bewaringsbeamptes. Eerstens, die alligators is ‘n beskermde spesie, wat beteken jy kan nie net tussen hulle inswem en hulle betas soos jy luskry nie. Tweedens is hulle aggressiewe vleisvreters. Hulle chow gewoonlik vis, skilpaaie, voëls en selfs takbokke, maar nie regtig mense nie. Die soort interaksie wat ons vriend Hal met hulle het, maak egter dat hierdie outjies hul vrees vir mense verloor. Dit stel dus mense in die gebied in gevaar en van die alligators met wie Hal so snoetjie-snoetjie speel sal dalk van kant gemaak moet word.
Hal het dalk net te veel keer ‘Dances with wolves’ gekyk. Hal, ek gaan vir jou sê wat ek elke dag vir die ondersteuningsroep vir alkoholistiese tienermeisies skree deur die venster van die biblioteek waar hulle vergader: Kevin Costner is nie, en was nog nooit, cool nie. – Sky News
Franse burgemeester plaas verbod op narre
Ek het nooit die movie ‘IT’ as kind gekyk nie. Later, in post-skool-jare, het ek en ‘n klomp tjommies dit na ‘n party halfdronk en effe gerook gekyk, want dit sal mos nou funny wees. ‘n Ou, apparently scary movie. Haha, whatever. Ons is mos sterk want ons speel touchies en het al aan tiete gevat (sommige van ons net aan een, maar dis besides the point. Maar as jy hierdie lees – hallo, Liezel.)
Fokkit, maar was ons verkeerd. Nie een van ons het geslaap daai aand nie en Gerhard het in sy slaap gespuitkak op Petrus se Gameboy terwyl hy geskree het “No, I don’t want a balloon! No!”
Die punt van die storie is, die burgemeester van ‘n klein dorpie in Frankryk het blykbaar dieselfde soort ervaring gehad en is sedertdien kakbang vir narre. Soveel so dat hy nie net rondom die Halloween-tyd ‘n verbod daarop geplaas het om narkostuums aan te trek nie, maar ook om enige vorm van nar-makeup op te sit.
Wel, burgemeester Pierre Dudieuzere was nie heeltemal sonder rede hiervoor nie. In die aanloop tot Halloween is ‘n hele paar tieners in die dorp van omtrent 6 000 inwoners in hegtenis geneem nadat hulle soos narre aangetrek en mense met wapens geteister of sommer net gebliksem het. Een of ander veldtog op social media het die kids glo geïnspireer om dié kak aan te jaag.
Maar burgemeester Dudieuzere (ons weet jy het hierdie artikel gevind en ge-Google Translate, want fokweet, wat anders doen ‘n burgemeester in ‘n dorp van 6 000 mense as om narre te verban en homself te google), is dit nie effe kortsigtig om bloot narkostuums en -makeup te verban nie? Is dit nie dalk meer in die belang van die gemeenskap om te probeer vasstel waarom die tieners dit smaak om random mense te poes terwyl hulle soos narre aangetrek is nie? Wat van, hier’s ‘n kak weird idee, práát met die fokken kinders?
Hulle sal waarskynlik vir jou iets waardevols kan sê. Soos: “Wil jy nie ‘n ballon hê nie, Pierre? Wil jy nie? Komaan, Pierretjie …” – BBC
Nuwe app tune jou wanneer jy gaan sterf
Mens kan net raai wat in hierdie company se boardroom aangegaan het toe hulle op hierdie idee afgekom het …
Ou 1: “Hey ouens *trek diep aan tik-bulb*, sal dit nie cool wees as jou wekker jou elke oggend laat weet hoe lank jy oorhet om te lewe nie? Soos in, ‘Goeiemôre, jy skop oor nege dae, vyf ure en twaalf minute die emmer in sy poes in. Lekker dag!”
Ou 2: “Fok wekkers.”
Ou 3: “Okay, wat van ‘n app?”
Ou 4: “Ek sal JOU app.”
*Homo-orgie volg”
Ou 5: “Ek wil ook in die orgie wees.”
Ou 3: “Jy’s die enigste een wat ‘n app kan bou. En jou kar is ‘n Honda. Fokof.”
En siedaar, so ontstaan die nuwe iPhone-app “Deadline”, wat jy teen slegs 99 Amerikaanse sent kan download. Deadline gebruik data wat deur ‘n ander app, Healthkit, ingesamel word op grond van wat jy daarvoor gee – die hoeveelheid treë wat jy per dag neem, jou geslag, jou ouderdom, al daai kak. Deadline gebruik dan algemene stats om te raai wanneer jy die dak gaan lepel. Askies, het ons gesê raai? Ons bedoel dit gee vir jou tot op die sekond hoeveel tyd jy nog oorhet om te wonder of jou girlfriend ooit gaan uitvind dit was jy wat in haar ouma se pantoffels gekots het kort voor die ouma se dood aan ‘n skrik-vir-pantoffelkots-verwante hartaanval.
Die ontwikkelaars van Deadline het al bietjie kak gekry oor die onakkuraatheid van hul skattings – waarskynlik van mense wat toe nou nie op die voorspelde sekonde gesterf het nie. Of dalk effe vroeër as die voorspelde sekonde en hulle uit die hiernamaals gedagvaar het (al die goeie lawyers is mos in die hel, ka-ka-ka). Either way, die ontwikkelaars sê toe nee, dis nie regtig veronderstel om ‘n akkurate voorspelling te wees nie, maar eerder ‘n aanmoediging om gesonder te leef. Nadat hulle vroeër ge-brag het oor die akkuraatheid van die fokken ding.
Ek skat ‘n mens kan sê…
…*sit donkerbril op*…
… hulle het by die dood omgedraai.
YEAAAAAAAAAAAAAH! – Techtimes
En die suigvideo van die week is …
Daardie ou wat beweer hy eet nie van die vloer af nie (hoekom is soveel van die goed wat uit sy mond uitkom dan niknak-retoriek wat ver verby die vyfsekonde-limiet is?) was die afgelope tyd so baie in die nuus, ons is nie regtig lus om verder oor hom te praat nie.
Net een ding: As jy hom en dit wat hy kwytraak ernstig opneem en hom as ‘n leier beskou, hou in gedagte dat jy die ou in die video hieronder dus as jou leier aanneem. Jy wil dus hierdie ou volg.
Hierdie.
Fokken.
Ou.