Ierse pop-rock band, The Script is volgende week in Suid-Afrika en jol gigs in Joburg, Kaapstad en Durban (Hello, Durban! Julle kry ook musiek vir die eerste keer in ‘n moerse lang ruk. Geluk, man!). Die ouens het ook laat verlede jaar (so 5 maande terug) hulle musiekvideo vir Superheroes in Alexandra in Joburg kom skiet en die views trek al hier by oor die 27 miljoen.
Hulle word support deur Philip Phillips – een van die min American Idols wenners (2012) wat luisterbare musiek maak.
Hierdie is ‘n heavy last-minute notice en die gigs se details lyk as volg, indien jy wil tickets koop:
Johannesburg
4 Februarie 2015
The Dome
Tickets: R365 – R550
Durban
6 Februarie 2015
ICC Durban Arena
Tickets: R295 – R520
Cape Town
8th Februarie 2015
Grand Arena, GrandWest
Tickets: R325 – R520
Jy kan ook ‘n kans staan om tickets hierso op Watkykjy te wen:
Al wat jy hoef te doen is om ons nice te vra daarvoor in die comments section op ons Facebook Page waar hierdie link verskyn.
Ons het 3 stelle double tickets vir die Joburg show
Ons het ook 4 van Phillips Phillips se Behind The Light CDs om weg te gee as troospryse (die outjie hieronder) vir die ouens wat nie tickets kon score nie.
Die wenners sal randomly uit die comments gekies word en die wenner sal hierdie Vrydagmiddag 30 Januraie teen 15:00 op die Facebook page aangekondig word. Dis ‘n vinnige kompetisie, so moenie fokken slaap nie.
Hier is twee videos vir die fans, of vir die ander van julle wat die musiek nog nooit gehoor het nie:
The Script – Superheroes
Phillip Phillips – Gone, Gone, Gone