Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Bantu Continua Uhuru Consciousnesses en Bittereinder Bliksem ‘n ding in Bassline

$
0
0

As jy die troepe van Soweto al in aksie gesien het sou jy verstaan het. As jy nog nie die geleentheid gehad het nie, maak of jy ‘n Blou Bul is en gooi ‘n mission na hul buurt vir ‘n experience wat jou so al in die bolloks sal skop.

BCUC gee elke keer alles my bra, en ‘n live performance van hulle is een wat jy nie gou sal vergeet nie. Selfs ek wat die tendency het om na ‘n dop of drie te veel iewers in ‘n hoekie uit te paas sal sukkel om die tipe show te vergeet.

#‎MusicForThePeopleByThePeopleWithThePeople – if you can truly comprehend what that means, you will love their tunes.

Imagine gou vir jou ‘n Newtown Across the Bridge session – ‘n cultural mishmash of sorts – waar die woedende wit en swart Suid-Afrikaner saam oor die obvious fokops van die land sing of rap of praat of net die frustrasies so mooi uitbeeld dat jy skoon ‘n pielstyf kry.

Dit was insane. Dit was ook in ‘n weird way dalk baie soos ‘n venster tot dit wat in ons land aangaan.

Kief poetry vibes voor die main acts, baie van die slim kids soet op hul stoele, woorde wat jou so bietjie laat dink oor die exact positioning van die Afrikaner, en die nasie wat hy so erg in die verlede opgefok het en hoe hulle vandag mekaar in die oog staar uit verskillende backgrounds.
01_Bassline_Ronel_DSC_8191_5 01_Bassline_Ronel_DSC_8215_3 02_Bassline_Nomsa Mazwai_DSC_8336_8Bittereinder kom uit die Moot waar daar obviously aansienlik meer geleenthede as in Soweto is. Hulle gebruik dik next-level technology en moer slim woorde wat die boer amper super-cool laat lyk terwyl die spiertiere van die township met hul groot dromme en insane harmony jou in ‘n trans-like state los.

Dit is nou maar hoe dit is en saam het hulle iets semi-historical gepleeg daar in Bassline.
04_Bassline_Bittereinder_DSC_0332_76 04_Bassline_Bittereinder_DSC_0416_2Fokkit, BCUC is soos ‘n goedgeoliede agterlyn met senters en fly-halves wat kan off-load in the tackle. Bittereinder was by daardie show meer soos ‘n super-sub wat opgebring is nadat die starting XV reeds 30 punte op die bord gesit het.

Saam het hulle vir een kiefpiele aand met dik lekker tunes gesorg, maar in all honesty, skiem ek dit is dalk nie die maklikste ding om na Bantu Continua Uhuru Consciousnesses te moet perform nie.

Twee redes…

Jaco van der Merwe, bra, ek het net na @TheLindenLadies langs my gekyk toe Jovi die knope aan sy hemp so stelselmatig begin losmaak het. Die dames het groupies geword en die groupies het vir so rukkie vergeet waar hul was. Toe hy teen die einde kaalbolyf daar rond gespring het was daar nie ‘n meisie in die huis wat nie sy solid sixpack wou betas nie.

Vir @henry_e was dit ‘n photofest of note. Ek meen jirre, check die pics.

Bittereinder gooi dalk so bietjie minder van ‘n befokte show as hul nie die heavy ligte en kief costumes aan het nie, tog was dit ook ‘n lekker treat net so voor Super Rugby weer ons lewens oorneem.

Ek skiem as die Bokke bietjie BCUC in hul doosduur Beats by Dre earphones bliksem sal ons die World Cup lag-lag wen…
03_Bassline_BCUC_DSC_8816_74 03_Bassline_BCUC_DSC_9617_10


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127