Vakansie is veronderstel om jou te laat uit chill en om te vergeet van al die kak en drama by die huis en especially die werk. Om net weg te kom van daai yawn fest wat hulle meetings noem op Maandae is klaar ‘n moerse bonus round. Sommige base haat hulle vrouens en kinders en like van meetings reel op Vrydae. Geen big boss fights vir jou nie, pellie – gooi 20 sent in, maak level drie klaar en klok uit by die graft. Skip die bonus round. Jou vakansie is die bonus round. Vat die langpad.
Disclaimer:
Ek neem verskriklike kak foto’s met my iPhone, so voor jy verder lees, kyk dalk eerder die video. Ek is effens beter daarmee:
Ongelukkig kan jy nie net in jou tjor klim en ski-daddle nie – daar is so bietjie beplanning en alles moet ge-double check word want dit wat jy saamneem op vakansie en dit wat jy agterlaat by die huis moet opgepas word of at least insured wees. Dis ‘n kak gevoel om terug by die huis te kom na ‘n lekker holiday en daar is net sulke skaduwees teen die muur waar jou TV, Xbox en hi-fi gestaan het. Omdat Watkykjy nie op foodstamps, draties en hand-outs werk nie, word vandag se post ge-sponsor deur King Price insurance, so gaan check hulle gerus uit vir ‘n instant quote online.
Baie mense like van see toe gaan vir holiday. In fact, die hele Vereeniging like van 5am opstaan op die eerste dag van die Desembervakansie en saam met die Hele Vanderbiljpark op die N3 se traffic te sit op pad Margate toe. Kan ons iets anders as die see voorstel? Julle outjies wat nie die natuur smaak nie kan nou maar ophou lees en meeting toe gaan – vir die res van julle, may we suggest Mpumalanga? (Oos-Transvaal vir die ouens wat nog nie die memo gekry het dat dit al 2015 is nie). Suid-Afrika het van die heel mooiste natuurskoon op aarde en Mpumalanga hoort in die top 10.
Omdat hierdie ‘n shoestring-budget vakansie is, gaan ons meestal die cheapskate vibes bespreek, maar ons sal hier en daar so paar extra options drop vir die ouens wat ekstra coins in hulle sakke het, maar eers vir so paar general tips:
- Probeer ‘n 6-dag vakansie. Jy sal alles kan doen in 6 dae, tensy jy ‘n moerse hangover het en ‘n hele dag in die bed moet spandeer (wat fokken dom is).
- Die Graskop/Sabie area is basies dood na Kersfees vir een of ander rede – ons het die 28ste Desember uit Snor City gewaai en die traffic was nie ‘n probleem nie. Toeriste was ook aansienlik minder. Hopelik het jy nog nie Kaapstad se strande na Kersfees probeer aandurf nie. Wat ‘n fokken gemors – die Capies wat nog nie uit die kas geklim het nie, sluit hulleself daarin toe oor daai tydperk.
- As jy in ‘n groter groep gaan, raak dinge baie cheaper. Jy maak uit van bulk vibes soos Makro? Dis hom daai. Bulk is better. Kos en petrol raak cheaper en jy kan dalk die verblyf ook so bietjie afstry as jy moet.
- Jy het ook ‘n groter gemeenskaplike skill set in ‘n groter groep. Daai een pel van jou met die double cab wat Zulu kan praat, ‘n meester braaier is en vroeg opstaan om vir almal ontbyt te maak? Vat hom saam, dan hoef jy amper fokol te doen. Maak net seker jou ratio is reg – ons was drie ouens en ses chicks gewees.
- Petrol en kos gaan jou grootste uitgawe wees. Moenie te weel worry oor die verblyf nie – amper enige shithole in die Laeveld het ‘n befokte view. Jy soek net ‘n tipe home base waar jy in die aande kan braai, fles vat en jou ogies vir so paar ure kan toemaak voor jy weer die pad vat die volgende dag om dinge te gaan suss.
- A little planning goes a long way – beplan ‘n roete en kyk wat julle elke dag kan besoek, hoeveel K’s julle gaan klok, hoeveel tyd julle by elke stop min of meer gaan spandeer en waar julle lunch gaan munch. Jy hoef nie weermag beplanning toe te pas nie.
- Maak die pad terug huistoe deel van die holiday. Jy wil nie 500km straight huistoe jaag en net stop om te pis, chips te koop en te rook nie.
- As jy ‘n stel of drie cheap walkie-talkies het met ‘n 3km range het – vat dit saam. Dis moerse handy (en dalk sal ‘n post oor convoy vibes ‘n artikel op sy eie wees een of ander tyd). Ons het vergeet om ons s’n saam te vat. Dit het die selfoonrekeninge nogals hard gezaber. *maak mental note*
Die roete:
‘n Goeie home base om soveel natuur as moontlik in te neem, is in Graskop. Andersins as acid, kan jy noit te veel natuur inneem nie. Ons het by drie chalets ingeklok by Panorama View. Dis nogal heavy old school, maar dis dirt cheap en die view maak op vir die karige meubels. Moenie dat die kak fotos van die mis en die groen infinity pool jou flous nie. Dis genuine mooi, veral as die mis later opklaar:
Vandaar het ons deurgeskiet Pelgrimsrus toe en die res van die dag daar gechill. Die town is nie meer so fucked soos wat hulle op Carte Blanche getune het so jaar of wat terug nie en omdat almal dink dat die town in die ANC se poefgaatjie op verwdyn het, was dit lekker stil en rustig gewees. Goed vir ons, kak vir besigheid. Jy kan die hele town in so 4 ure rustig deurloop en dit sluit jou lunchtyd in asook om te gaan pose vir so paar 18-voetsek fotos in ou klere. Tip – dudes, trek soos hoere aand, chicks, trek soos myners aan. Hier is so paar fotos (nie van hoere of myners nie). Dit sluit in ‘n ou slot machine in, ‘n view van die hartseer straat en so bietjie kakhuiskuns:
Oppad terug later die middag het ons net buitekant Graskop verby die Big Swing gery en ‘n mental note gemaak dat ons die Poolse bra wat saam met ons gekom het vol vodka gaan stop terwyl ons braai die aand en hom convince om die volgende dag daar af te spring. Dis redelik duur teen net so oor die 300 skille per jump, maar dis die moeite werd as spectator value om net te gaan check hoe mense daar afbliksem en bloumoord skreeu – dit kos nie ‘n sent nie. Ander mense se stress is altyd verniet. As jy wel daar wil afspring, maak seker jou life insurance is in orde, right?
Ons het egter vroeër die dag eers so paar watervalle gaan besoek in die area. Daar is kakbaie van hulle, maar die vernaamste sou ek reken is die Lone Creek, Horse Shoe, Bridal Veil en Mac Mac Falls. Gaan vang ook gerus ‘n goof in die Mac Mac Pools. Die water is fokken koud maar dis refreshing. Verloor eerder ‘n paar sentimeter in jou broek vir ‘n rukkie as punte, want dis iets wat jy nie moet skip nie. Iets wat ek nie mooi kon kop nie, was dat hulle R5 per persoon entrance vra by die watervalle. Dis cheaper om almal te gaan check bymekaargetel as wat ‘n medium popcorn jou by die movies sal kos om Fast & Furious 36 te gaan kyk.
Op hierdie stadium moet ek seker maar die kaart van die area share sodat jy jou eie roete kan beplan, want ons roete deviate effens – ons het in ‘n luxury lodge in Hoedspruit gaan bly vir so 3 dae. Dit help om vriende te wees met oorsese mense met dik beursies wat insist om vir alles te betaal.
Om egter by die topic van die armgat vakansie te bly gaan ek nie te veel uitwei oor die lodge in Hoedspruit nie, maar daar is kakbaie echo lodges in daai area wat deel vorm van die Kruger Wildtuin (hulle deel wild) en is moontlik ‘n goedkoper opsie as verblyf in die Kruger self. Wat is nou beter as ‘n befokte kampvuur om die nuwe jaar mee in te gaan of om ‘n moerse braai reg langs die Olifantsrivier te gooi? Dit help ook om die eienaar te ken:
Oppad terug van Hoedspruit af, weer in die rigting van Graskop en omliggende omgewing het die twee van die drie karre ‘n moerse beating gevat en hier het ons armgat vakansie die beursie begin date – tyres is duur. Net nog ‘n tip terwyl ons op die subject is – jou kar se waarde depreciate en jou versekering is veronderstel om minder te word soos jou kar se waarde val. Min mense bel gereeld hulle versekering om die premies te verlaag. Glo my nie? Bel dadelik jou versekering, tune hulle jou kar is ouer en jy wil minder betaal. Om net weer vinnig by ons post se sponsor, King Price ‘n draai te skiet – hulle verlaag jou kar se premie automaties maandeliks.
So paar duisend rand en twee ure later was ons weer op die pad terug Pretoria toe via Graskop. Een van die plekke wat ons oppad na die plaas toe moes skip omdat tyd uitgehardloop het, was die Echo Caves. Dis so 90 skille per persoon vir ‘n uur se guided toer en as jy onfiks is, is dit kakharde oefening. Moenie lunch chow daarso nie – hulle het net basic goed soos toasted what-whats. Hou eerder uit vir nog so uur, want daar is ander options. Gaan maak ‘n draai by die Drie Rondawels se uitkykpunt (asem-fokken-rowend) oppad terug en as jy regtig dan moet eet, skiet gou in by Forever Resorts in Blyderivier Canyon vir ‘n cheaperige restaurantete. As jou timing egter cool is, jaag straight verby Blyde en gaan kokkenodge Bourke’s Luck Potholes wat net om die draai is:
Sowat 8km vanaf Bourkes Luck is die Boskombuis – trust my, jy WIL daar gaan lunch vreet. Goeie fok, hulle steaks, potjiekos, wors… man, alles is befok lekker en dis cheaper as jou naaste Spur. Hulle het yskoue bier en die view is unbeatable. Probeer net voor 15:00 daar wees voor hulle toemaak.
As jy jouself klaar dik gevreet het kan jy verder met die pad aankarring en by God’s Window ‘n draai gaan gooi vir ‘n uitsig waar jy so ver as Pretoriuskop in die Kruger Wilduin kan sien op ‘n goeie dag. Laatmiddag is die beste tyd om te gaan en as jy daar klaar is kan jy vir jouself allerhande handgemaakte toeriste kakkies koop met die paar sente wat jy oorhet. Ons het nou so vieslike sout-en-peper stel buite op ons stoep. Ek sal graag my goose wil blameer, maar ek is die sot wat die gekoop het…
Daar is moerse lekker plekke om in Mpumalanga te gaan uitcheck. Jy gaan net slim moet werk met jou beplanning, veral rondom die weer. Moenie in ‘n kamer sit as dit reen of as daar te veel mis is nie – go out and do something. Hierdie is min of meer wat ons in ses dae kon in squeeze. Maybe het jy al beter gedoen en meer gesien in hierdie area? Was jy al daar? Tune ons bietjie met tips en FFS, moenie met jou volgende vakansie weer suidkus toe fok nie – gaan explore bietjie die res van Suid-Afrika. Ons land is Mejuffrou Wêreld.