Dis langnaweek, ou pellie. As jy besluit het om by die huis in die pisvelle te lê, good for you. As jy egter moerse graag iets lekker wil doen en nie weet wat daai iets lekker is nie het ons vir jou ‘n lekker voorstel – gaan Otterlake Easter Festival toe. Ag lekker man!
Met meer as twintig bands, ‘n biertuin, camping, ‘n geswemmery en ‘n jumping castle indien jy enkelbyters het kan so naweek net lekker raak in die bosveld. Jy hoef ook nie ses dae te perd uit die stad uit te fok nie – dis maar 30 minute se ry buitekant Pretoria. Nog ‘n bonus is dat ‘n gedeelte van die festival se profit aangewend sal word om rhino poaching te fight, so terwyl jy geswaai raak en jou horing verloor kan jy moontlik ‘n renoster s’n red, jou ou keyboard activist, jy…
Vir meer info, check die Facebook event uit. Ons gooi vir jou die flyertjie hieronder asook die padkaart sodat jy nie hoef te verdwaal nie.