Quantcast
Channel: Watkykjy, huh?
Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127

Ons Parklife so bietjie in Mark se Park

$
0
0

Deur AnniBrand

Ons het laas Sondagoggend met baie moeite opgestaan (want boks vroeg die oggend, jy weet, en omtrent fokkol slaap) en deurgeskiet Mark’s Park toe vir hierdie jaar se Parklife Festival. Die moegheid was egter gou vergete toe ons daar aankom, want die vibe wat in die lug gehang het was een van opgewondenheid en lekker tye.

Parklife is ‘n familie-vriendelike day festival in so ‘n lekker park (umm, obviously) in Johannesburg, met oorgenoeg plek vir baie mense. Daar is sulke lekker groen gras waarop mens die hele dag net kan lê en chill en kyk vir al die mense, want daar was letterlik iets van alles. Wat my nogal verbaas het, bygesê, want ek het aanvanklik gedink dat die kaartjies nogal pricey is. Maar as ek sien hoe baie mense daar was, oud en jonk, dan is daar ‘n paar duisend ander mense wat gedink het dat die dag se vermaak die toegangsgeld werd is, en aan die einde van die dag moet ek erken dat hulle reg was.

Wat musiek aanbetref het daar 13 acts op 3 verskillende stages deur dag gespeel. Op die groter verhoë was dit sulke pop-rock vibes deur ouens soos Jesse Clegg, Connell Cruise, Monark, Jimmy Nevis, Gangs of Ballet en Prime Circle, wat goed gepas het by die hele dag se atmosfeer. Kahn het gewys dat hy op sy eie kahn, ek bedoel, kan, sing, maar dit het vir my net soos nog ‘n Parlotones gig geklink. Sê egter wat jy wil van Jeremy Loops, maar die ou kan ‘n crowd pull en hy het defnitief die mense aan die beweeg gehad.

Ons het nie te veel tyd by die doef-doef stage spandeer nie, maar die twee acts wat ons daar gesien het was uiters cool. The Kiffness was defnitief kief verby en Phfat het gewys hoekom hy deesdae op internasionale verhoë ook besig is om naam te maak. Tienermeisie techno-moshpits was aan die orde van die dag.

Parklife se lang naam is eintlik die “Parklife Gourmet Food and Music Festival” wat beteken dat dit nie net oor die musiek gegaan het nie en dat daar oorgenoeg gourmet (lees: kaklekker) kos was om aan te smul. Daar was iets na elkeen se smaak en aan die einde van die dag het ek gewens dat die festival nog ‘n dag langer kon wees sodat ek iets van alles kon proe.

Die hoogtepunt van die dag was die twee internasionale bands wat opgetree het. American Authors en Modest Mouse, albei van Amerika af was ongelooflik lekker. Nadat ek vir Modest Mouse so gestaan en luister het, het ek geweet hoekom ek myself in ‘n staat van totale sleep deprivation die oggend na Parklife toe moes sleep, want dit was verseker die moeite werd.

My enigste klagte vir die dag is oor die smaaklose fat-free Litchi roomys wat iemand my die oggend in die hand gestop het toe ons by die hek ingegaan het. Sies gag, ek moes die hele dag my mond met bier uitspoel. Die. Hele. Liewe. Dag.

Hier is ‘n paar foto’s van die bands wat ons gesien het:

Jesse Clegg:
01_Jesse Clegg_DSC_5877_1Conell Cruise:
02_Connell Cruise_DSC_5928_1Kahn:
03_Kahn_DSC_6117_1-2The Kiffness:
04_The Kiffness_DSC_6410_1Monark:
05_Monark_DSC_6714_1Jimmy Nevis:
06_Jimmy Nevis_DSC_7153_1Gangs of Ballet:
07_Gangs Of Ballet_DSC_7377_1Phfat:
08_Phfat_DSC_7713_1American Authors (USA):
09_American Authors_DSC_7904_1Jeremy Loops:
10_Jeremy Loops_DSC_8589_1Prime Circle:
11_Prime Circle_DSC_8635_1Modest Mouse (USA):
12_Modest Mouse_DSC_9285_1 12_Modest Mouse_DSC_9359_1 12_Modest Mouse_DSC_9714_1 12_Modest Mouse_DSC_9721_1


Viewing all articles
Browse latest Browse all 3127