Jy mag dalk as ‘n laitie van die 80s Kids Incorporated episodes raakgekyk het. Dis waar Jennifer Love Hewitt se career begin het. Sy het in absolute fokken shockers van movies ge-act soos the Tuxedo en Garfield maar omdat sy sulke lekker 36d kanne het en al vir meer as tien kaar lank top 100 what-what spots kry in manstydskrifte, vergewe ons haar net vir vandag.
Jennifer Love Hewitt – Woensdag se warm bokkie
Fokofpolisiekar – gigs in Gauteng (wen tickets en ‘n moerse skaars vinyl)
Fokofpolisiekar rock Suid-Afrika vir meer as tien jaar lank al en het in 2004 hul eerste vollengte album, Lugsteuring, release. Nou tien jaar later is die outjie op vinyl beskikbaar (heavy limited – net 500 copies beskikbaar) en hulle gooi ook hulle “Bose Kringloop” toer hier bo in Gauteng.
“Op Lugsteuring is daar die song, ‘Sielswartgat’, met die lirieke: ‘Dis ‘n bose kringloop en onder draai die duiwel rond’. Toe ek aan ‘n toernaam gedink het, het dit by my gestick. Elf jaar terug het ons begin toer en ons doen dit nogsteeds. Dis ‘n bose kringloop…’’ tune Wynand Myburgh, Fokof se bassist.
Fokof se gigs hierbo in Gauteng (en een show in Skelmbos) lyk so vir die volgende maand. Maak veral seker jy mis nie die Barnyard shows nie – dis fokken lekker en volg weer die resep van half acoustic, half rock vir ‘n volle 120 minute.
- 29 Augustus: Firkin, Centurion
- 30 Augustus: Sundowners, Alberton
- 31 Augustus: Barnyard Teater, Parkview
- 18 September: Arcade Empire, Potchefstroom
- 19 September: Rumours Lounge, Roodepoort
- 20 September: Voortrekker Monument, Pretoria
- 21 September: Barnyard Teater, Cresta
- 23 September: Klein Libertas Teater, Stellenbosch
Ons het een vinyl om weg te gee hier op Watkykjy, asook een stel double tickets na elk van die volgende shows:
30 August: Sundowners, Alberton
18 September: Arcade Empire, Potchefstroom
21 September: Barnyard Theatre, Cresta
23 September: Klein Libertas Theatre, Stellenbosch
Al wat jy moet doen is om mooi daarvoor te gaan vra op die nuwe Watkykjy Facebook page waar jy die shared link na hierdie post sien. Like sommer die page ook vir good measure. Onthou ook om ons te tune watter shows se kaartjies jy soek (Alberton, Potch, Cresta of Stellenbosch) en hoekom ons die vinyl vir jou moet gee. Die wenner van die vinyl sal nie noodwendig ‘n ticket wenner ook wees nie.
Suzelle DIY – hoe om ‘n braaipaai te maak
Ons favourite local YouTube cherrie is weer terug met haar next level DIY idees. Vandag wys sy ons hoe om ‘n braaipaai te bou. Luuks.
Oortreffende klappe vir oortreffende trappe
Kyk, ek weet lankal ons is besig om ‘n spul sissies en pisgrille groot te maak. Elke generasie is groter softies as die vorige ene en ons is eeue verwyder van veg vir oorlewing en actual diere wees. Woef, ek sê!
Maar die jirre weet, die oordrewe, onnodige, en aanhoudende gebruik van die oortreffende trap maak my klaar. Dit, en as diep verdoemende en amper apokaliptiese frases vir alledaagse irritasies gebruik word.
Die oortreders is gewoonlik van die jonger generasie, meestal Engels en fokken baie op sosiale media. Anders Afrikaanssprekendes wat dit by Engelse “cool” kinders gesien het. Of net simpel is. Jy ken die tipe.
Hier is ‘n paar voorbeeldjies van die fokken oordrewe uitroepe wat dien as kommentaar op kak soos foto’s of t-shirt slogans of die rok wat Rihanna dra op die rooi tapyt of ‘n nuwe rap video. Sulke fokken snert.
I simply cannot deal.
I simply cannot. (nog fokken erger)
Gewoonlik gesê vir ‘n oulike prentjie van ‘n klein katjie/ seekoei/ hasie of ‘n baba wat in ‘n fokken slaaikop lê en slaap. Of ‘n dude met baard en tattoos wat ‘n babatjie vashou.
Waarvoor sal dit beter werk? As jou hele familie brutaal uitgewis word – voor jou, Kill Bill styl -en jy kan net nie meer die lewe in die oë kyk nie. Gesê net voor jy jou eie lewe neem. Met ‘n masjiengeweer in ‘n volgepakte kerk. Vol kinders.
It’s my absolute worst.
Gewoonlik gesê vir iets lame soos as dit reën en die poppie het fokken Uggs wolbootse aan. Of as spierbeertjie gym toe gaan en al die weights is in gebruik en sy ‘roids is laag.
Waarvoor sal dit beter werk? Anal.
Worst day ever.
Gewoonlik gesê as die Internet af was vir 7 minute en die irriterende persoon nie hulle Instagram feed freneties kon refresh om te sien of daar ‘n nuwe kak prentjie van iemand se hipster lunch êrens “cool” is nie.
Waarvoor sal dit beter werk? Die dag wat jy lewenslank gevonnis word vir ‘n moord – Kill Bill Styl – wat jy nie gepleeg het nie. In ‘n kerk. Vol kinders.
I cried.
Crying!!!1
(daai emojis met die watervalletjies uit hulle se ogies)
Gewoonlik gesê as iemand iets mildly snaaks tweet of post. Jy weet, daai tipe goed wat beswaarlik jou mondhoek laat trek (soos Nkandla style of enige iets op radio).
Waarvoor sal dit beter werk? As jy regtig lag van die huil (wat amper fokken nooit gebeur nie, kom ons wees eerlik) of sommer net as jy huil want jou vrou is weg met jou GTI, jou jetski, die pooltafel en jou seun se beste vriend. O ja, en sy het die kinders vir jou gelos. Al 5 van hulle. I cry. Fully.
I die.
I died.
I literally died. (nog fokken erger)
Gewoonlik gesê vir ‘n kak simpel band wat by iets droog soos Rocking the Daisies gespeel het, soos Prime Circle of die Parlo-poese.
Waarvoor sal dit beter werk? As jy actually fokken omval en begin stink. Soos in, like, literally. Of net na jy jou lewe geneem het met ‘n masjiengeweer. In ‘n volgepakte kerk. Vol kinders.
R.I.P. vaagweg-bekende celeb
Gesien veral op Twitter, maar ook Facebook. Een of ander persoon wat eendag dooslank gelede bekend was vir iets, heeltemal onbekend aan die huidige generasie, vrek en dis ‘n uitstorting van “R.I.P.” en “what a tragic loss” en “saddest day ever” en ongelukkige smiley faces en “you will be missed”. Tot die volgende tweet (1 minuut later) oor hoe hulle nie kan deal met die weer in Kaapstad vandag of rude mense by die Vida nie (“my absolute worst”).
Dis asof mense voel ander mense gaan dink hulle is (a) goeie mense omdat hulle jammer is Ray Liotta is dood en (b) culturally aware is en actually weet wie Frank Sinatra se drummer was. Sommer ‘n klomp kak man. ‘n Pot poes.
Waarvoor sal dit beter werk? As jou Oupa Joe doodgaan. Jou oupa wat jou liefdevol grootgemaak het want jou ouers is tragies oorlede met jou moeilike geboorte (sommer altwee), jou oupa wat jou beste vriend was en saam met jou die lewe as avontuur aangepak het. So iets. R.I.P. Oupa Joe. Slaap sag.
Daar’s obviously meer, maar ek kan nie bothered wees om meer tyd te spandeer op hierdie baaiers in die vlak kant van die genepoel nie. Ek hoop maar net dat ons as mensdom ons gesamentlike kop uit ons gesamentlike hol trek voordat ons in ons eie monde kak eendag.
Want tot dan, reken ek ons moet begin om oortreffende klappe (letterlik “oor” treffende) uit te deel vir oortreffende trappe sonder meriete. Hierdie kak moet stop. Once.
(Spoiler alert: Dis dalk reeds te laat. Onthou jy het dit eerste hier gehoor!)
Ice bucket challenge – get the fuck over yourselfie!
Nee, nie jy wat daar met jou iPhone wag om jou tietkop vriend af te neem wat ‘n emmer yswater oor homself gaan uitfok nie. Go ahead, have some fun. Youtube daai shit faktap! Ek praat met daai stupid self-righteous naai wat kwaad is vir die ice bucket challengers en reg is om ‘n foto van honger kindertjies in Afrika te tweet. Die slaktivis:
“Jirre, hoe durf mense soveel water mors?”
“Hoekom donate hulle nie eerder geld nie?”
“Suid-Afrika het soms twee dae in die week fokol water.”
“Julle weet nie eers waaroor die ice bucket challenge gaan nie!!111!”
en een van die bestes: “Die ice bucket challenge is basies narsisisme gemasker deur as altruisme” – dalk ‘n fokken woordeboek gesluk, ou dikpiel?
Hier is ‘n vinnige boodskappie vir daai ouens: get the fuck over yourselfie. Jy het moontlik jou neus-in-die-lug opinie van jou poesduur smartphone af gestuur (kindertjies in Afrika het nie fone nie) terwyl jy geïrriteerd in Woollies se queue staan en wag om vir jou Valpré te betaal (met jou platinum kaart) omdat kraanwater benede jou is. Probably in werkstyd terwyl iemand anders jou werk sit en doen.
As jy so gefokken pla is met mense wat water mors – ‘n hele fokken emmer, god forbid – antwoord die volgende vrae:
Oor swembaddens:
Het jy al ooit in jou lewe in ‘n swembad gepis? Trek ‘n miljoen punte af vir jouself as dit jou of jou familie se eie swembad is.
Wanneer jy in ‘n swembad klim, voel ooit jy skuldig omdat jy in potensieel 50 miljoen kindertjies van Afrika se drinkwater swem (“hulle” kry mos net ‘n Coke proppie vol water as “hulle” gelukkig is”)
Het jy al ooit ‘n bommie in ‘n swembad gemaak of keer die hoeveelheid water wat jy gaan mors jou?
Moes jy al jou swembad laat leegtap omdat jy hom moes laat regmaak vanweë jou eie neglect? Bietjie lui geraak in die winter?
Loop jy met ‘n fototjie van hongersnood in jou leerbeursie rond om agter die struik soos Green Peace uit te spring as pappa die pool backwash?
Kyk watse groot poes is my hond. Kyk hoe fokken mors hy met water:
Oor jou tuin:
Recycle jy reënwater om jou tuin nat te gooi?
Het jy al ooit ‘n spreier op die grasperk oop vergeet? Wat?! Meer as eenkeer? Fokken moordenaar!
Is daai tuinslang van jou hundreds of loop daar water uit soos ‘n krimpie se piel by daai lek wat jy met duct tape try fix het?
Pla daai lekkende kraan wat elke 30 sekondes ‘n druppel mors jou, of is dit “nie so erg nie”.
Was jy jou kar met stof of bid jy hom fokken skoon?
Oor jou kombuis, ablusie en wasgeriewe:
Jirre, het jy ‘n dishwasher? Fokken nice! ‘n Wasmasjien ook? Befok!
Los jy jou skottelgoed en was dit net eenkeer per week met ‘n koppie water of lek jy net jou bord mooi af om water te bespaar?
Het jy al so groot kak gehad laat daai baba-arm vir jou lê en kyk terwyl jy die toilet drie keer moes flush? Blerrie doos, iemand kon daai water gedrink het. Iemand in Afrika. Mos.
Hopelik bad of stort jy. En hopelik doen jy dit met een of ander vorm van vloeistof. Ek gaan ‘n fokken wilde raaiskoot vat en reken dis water. Is ek reg? Is dit water?
Hoe vol gooi jy daai bad en hoe poesduur is jou bubble bath?
Ek neem aan jy naai soms. As jy en jou goose ‘n lekker morsige gulpvrugpolka gegooi het, klim julle dadelik in die stort, of wag julle dat alles sulke lekker droë skubbe maak sodat jy dit wind-af die volgende oggend met ‘n sponsie afskuur dat die skilfers oor die bure se muur waai?
Waarmee borsel jy jou tande? Kak?
Oor drank:
Hoe hou jy jou dop of koeldrank koud in die somer? Met eish?
Hoeveel doppe doos jy om in jou dronkenskap? (daar is water in drank ook, glo dit as jy wil)
Daai sak ys wat so lê en smelt het in die cooler box – roep jy almal laat hulle in ‘n sirkeltjie staan en gooi water in hulle keelgatte af deur ‘n tregtertjie? Ek het nie so gefokken dink nie.
You get what I’m saying? Hou op om jou hande in onskuld te was. Gebruik water soos die fokken res van ons.
Dit is waar dat die hele ice bucket challenge nie die heeltyd zak insamel of aangewend waarvoor dit oorspronklik beoog is nie, maar seriously, who gives a fuck? Vir sommige mense is dit pret om water oor hullself uit te fok en ‘n video daarvaan te maak en op YouTube te laai. Wat wel gebeur het is dat ‘n kakhuis vol mense nou actually weet van ALS (amyotrophic lateral sclerosis) of die split-off insameling vir MNS (motor Neurone Disease) – gaan lees op daaroor. Julle weet miskien nie waddefok dit is of beteken nie, maar julle hoor daarvan. Gaan dit my ewe skielik laat geld skenk daarvoor? Noddefok nie, maar dit gaan my miskien laat wonder oor ander charities en of ek genoeg doen. Miskien stuur ek my goose om weeshonde te gaan stap. Dalk skenk ek weer geld vir ‘n hond iewers in Amerika se operasie. Fuck knows, maybe skenk ek tog geld vir Joost se foundation en hoop iemand koop nie Cat met die zak nie. At least kry dit mense aan die praat en aan die dink. Fok, at best laat die hele gedoente jou dink aan hoe om water te bespaar, maar jy gaan my nie laat skuldig voel oor een ou fokken emmertjie vol water en ys nie. Jou poes, man. Jy kan gaan kak.
Terug by die lekker mense: jy wat daar met jou iPhone wag om jou tietkop vriend af te neem wat ‘n emmer yswater oor homself gaan uitfok – ons het nog ‘n game vir jou en jy kan gerus saamspeel. Dit is National Breast Cancer Awareness Month in Oktober.
Hier is wat ons graag wil he jy moet doen vir… kom ons noem dit sommer #CheckJouTiete:
Ons challenge julle (obviously meestal die chicks) om wit hemde aan te trek sonder bra’s en water oor julleself uit te gooi en op YouTube te laai en nog mense te nominate. Fok, nominate sommer drie mense vir ‘n beter hit rate. Skenk geld aan Cansa as jy so voel, maar kry die boodskap uit want at least gaan een meer persoon hulle tattas check vir lumps en possibly ‘n disaster voorkom. Eintlik wil ons net graag julle woefies se nat neusies sien.
Die eksperiment kan een van die volgende ses gevolge hê:
Absoluut fokol gaan gebeur.
At least een chick sal haar tiete laat check.
Baie dudes gaan happy wees omdat hulle nat, fantastiese heuewels te sien kry.
‘n Hele paar feministe gaan uit die krake kruip.
Dit gaan jou dalk laat dink oor waar jy met enige charity van jou keuse staan en of jy genoeg gee vir enige cause.
Mense met stokke in hulle holle gaan op social media kla oor hoe jy water mors en foto’s tweet oor honger kinders in Afrika terwyl hulle by die queue in Woollies staan en wag om vir hulle Valpré te betaal met hulle platinum kaarte…
Net ‘n nagedagte: “The ALS Association has received $94.3 million in donations compared to $2.7 million during the same time period last year (July 29 to August 27). These donations have come from existing donors and 2.1 million new donors.”
http://www.alsa.org/news/media/press-releases/ice-bucket-challenge-082714.html
So moenie kom met tos dat die ice bucket challenge fokol tot die sukses bygedra het nie.
Download Feed The Wolf se nuwe tune “Mr Considerate” for free!
Ons gabbas van die Pretoria rock band, Feed The Wolf het vandag ‘n splinternuwe track, Mr Considerate release. Jy kan hom hierso download verniet. Gee dit bietjie ‘n luister, hy’s fokken lekker:
Dis naweek, kom ons fokken duik!
As jy wonder waaroor die #CheckJouTiete vibe gaan, lees miskien hierdie storie deur. Scroll ook af in hierdie post vir die wenners van die Foo Fighters kompetisie.
OP jou merke… gereed… duik!
Ons moet net vinnig ‘n laaste uitstaande sakie afhandel – Baie geluk aan Divan en Reed wat elkeen double tickets gescore het na die Foo Fighters show in Joburg. Ons het ‘n hele klomp entries ontvang maar ongelukkig was die res se standaard nie up to scratch gewees om in aanmerking te kom vir die kompetisie nie. Ons sal dus besluit wat om met die twee oorblywende double tickets vir Kaapstad te doen (julle Kapenaars handig knoeiwek in). In die meantime kan julle aanhou probeer enter vir Kaapstad tot ons besluit het wat is wat.
Saterdag short – Blinky TM deur Ruairí Robinson
Ruairí Robinson is ‘n Ierse skrywer en director en het sover nog net short films gemaak, behawle vir een feature film, The Last Days on Mars (2013) waarin Ray Donovan actor, Liev Schreiber die hoofrol vertolk wat deur Robinson direct is. Die feature film was nie juis moerse nie, maar sy short films het al vir hom ‘n Academy Award nomination besorg. Gaan kyk gerus na so paar clips op die dude se site ook as jy wil:
https://ruairi-robinson.squarespace.com/
Die grapgat som sy eie sukese as volg op:
“Ruairí is known as an incredibly serious and important genius, and wants you to know that not only was he nominated for an Oscar, in case he hadn’t made that clear already, he would also like to remind you that he was nominated for an Oscar, as well as being an Oscar nominee, having been to the Oscars, because he was invited to, on account of being nominated for one. When he was at the Oscars, as an Oscar nominee, he had a great time. A much better time than when he got refused into that shitty nightclub in Dublin by some asshole bouncer who didn’t know or care who he was, or just how damn important I am. I mean uhhhm… he is.”
Terug by vandag se short film:
Blinky TM volg die storie van ‘n laitie, Alex, wie se ouers te besig is om met mekaar te fight as om oor hulle laitie te worry. Moderne tegnologie kom tot die redding in die vorm van Blinky, ‘n robot wat ontwerp is om ‘n tipe van ‘n assistent te wees maar uiteindelik Alex se beste tjommie word. Die laitie raak egter verveeld met Blinky en begin hom soos kak hanteer. Kyk maar self hoe die storie verder unfold:
Sondag. Skêre met skietgoed.
Laasweek se zefspotters
Die BMW met die lekker tekke was geparkeer by Canala Walk Mall, Kaapstad.
Groete,
Wimpie
Die SWAG-wagen was oppad uit die Kaap op die N1 Bellville toe, waar die eienaar meer tuisvoel.
Groete,
Wimpie
Baie lanklaas iets gepost, so ek dog ek stuur hierdie Fokwagen in.
Niks so kief soos ‘n Dodge Ram lowrider nie, neh?
Spekkies
Plank
Yes Griff
Ek weet nie of hierdie hel vir Lego werk en of hy bloot net sy Porsche wou optos nie, maar hy het dit reggekry…
Plank
Check die review vir AfriForm Navigator – BWHAHAHA
Cyber7
Ek dink ek het Johhny Bravo se vrou in Pick ‘n Pay raakgesien!
Plank
Het die Nissan Puke gespot in Sinoville.
Groot Frik
Oos Rand. – Blixempie
Checkie douche plates
Egbert
Oppikoppi Odyssey – 40 tunes om 20 jaar te celebrate
Oppikoppi Festival het besluit om Oppikoppi Odyssey vry te stel – ‘n album met 40 tunes van local en international acts wat al oor die jare by die festival gejol het. Dit sluit onder andere tunes in van Wolfmother, aKING, Karen Zoid, Bittereinder, Wonderboom, Flash Republic, Editors, The Awakening, Chris Chameleon, Shortstraw en ‘n hele kakhuis vol ander.
Kry Oppikoppi Odyssey nou op iTunes, jy kan na so paar sekondes van elke tracck luister om te besluit of jy dit wil koop:
Elf waarhede van toepassing op jou alledaagse lewe
Sexy baby. Afrikaanse musiek. Uit die onderste rak. Van die closet.
“Hoelykit man! Hoelykit!”
*kak high fives all around*
“So wat’s ons planne vir die aand?”
(hoor verkeerd)
“Dude, girls naai!”
*soek verskoning om soos meisies aan te trek omdat hulle in hulle harte eintlik simpel meisies is wat ‘n video wil maak. In Afrikaans.*
Kak music video met kak back track en horrible acting volg…
Albert Frost chat met Wat Kyk Jy? oor The Blues Broers.
Ons het so rukkie terug ‘n ou ietsie gaan tand saam met guitar wizard, Albert Frost hierso in Snor City en met hom gesels oor The Blues Broers, hulle nuwe CD, Into The Red asook Albert se nuutste CD wat live in Grahamstown record is. Daar is so paar copies van beide albums beskikbaar gestel op Zefshop, so jy kan dit loop aanskaf sou jy so voel. Details oor die albums hier onder die interview, maar luister solank ook na een van die Blues Broers se tracks, Caroline van hulle nuwe CD af:
Albert Frost gesels met Watkykjy:
As jy ‘n blues fan is, kort jy defnitief hierdie twee nommertjies vir jou collection. Dis befok verby. Beide die Blues Broers en Albert se nuwe CDs is beskikbaar op Zefshop.
The Blues Broers – Into The Red
Albert Frost Blues Trio – Live in Grahamstown
Rosie Huntington-Whiteley – Woensdag se warm bokkie
Tit-bits:
Sy rook deesdae Jason Statham se vleispyp, so moenie worry as jy begin bles raak nie – daar is hoop vir jou
In 2011 het sy die lead female rol geland in Transformers: Dark of the Moon en in dieselfde jaar nommer 1 posisie gevat vir die wamrste chick op aarde in about elke magazine daarbuite (behalwe natuurlik Huisgenoot).
Brett Newski tours South Africa
Hi, I’m Brett Newski. I write heaps of songs and tour my face off in an effort to keep my A.D.D. under control. There are two people who refer to my style as, “American Folk Armageddon,” which happens to be the name of my new record. Other people tell me I sound like the Violent Femmes, Frank Turner, Jake Bugg and Ben Kweller.
n 2011, I was job-less, girl-less and band-less so I bought a one-way ticket to Bangkok and wandered around for six months, recording in dirt-floored makeshift studios in the hills of Thailand, Vietnam, Hong Kong and the Philippines. Lost, I moved to Saigon on a $100 motor-scooter. Back in ‘Nam, I wrote nearly 100 power-folk songs.
After two years and two albums, I choked down my final bowl of pig ear soup and boarded a flight to America. Since then, I have graduated from my parent’s basement and spend my time touring the world 200+ dates per year, including Europe, Australia and South Africa.
In September and October 2014 I’ll be touring South Africa for my 3rd time bringing my own brand of punk influenced power folk.
Catch me live at here:
Sep 19 Cheers Pub Kimberley, ZA
Sep 20 – Library At Brazenhead Sandton – Johannesburg, ZA
Sep 23 Rumours*** – Johannesburg, ZA (w/ Fuzigish)
Sep 26 Railways Cafe*** – Pretoria, South Africa (w/ Jay Bones)
Sep 27 White Mountain Festival*** Estcourt, ZA
Sep 28 Park Acoustics*** – Pretoria, ZA
Oct 03 The Music Kitchen* – Port Elizabeth, ZA
Oct 04 Champs* – Grahamstown, ZA
Oct 10 Gecko Bar* Hermanus, ZA
Oct 11 Annex – Cape Town, ZA (w/ Jonny Bud)
Oct 17 Alma Cafe* – Cape Town, ZA
***Denotes full band dates featuring Naming James
*Denotes dates w/ Jon Shaban
Kom neem deel aan die Watkykjy Dooskar Derby 4 Oktober by die Melkery
Weet jy van die Dooskar Derby, huh? Ons klap hom Satedag 4 Oktober laatmiddag so tussen die oggend en die aand se bands by die Melkery. Jy skryf in vir R20 cash. Hoe meer mense deelneem, hoe groter is die cash pryse vir eerste, tweede en derde plek. Ons vat fokol van die zak – dit gaan alles na die wenners toe.
Versamel solank allerhande karton vibes, foelie en what-what om saam te bring en jou dooskarretjie te bou. Ons sal ‘n dooskar-depot ook daar iewers gaan neerplak as jy extra spare parts kort.
Kom check ook al die bands uit, vreet lekker kos, maak ‘n paar kappe en kamp verniet oor die aand. Entanrance is 150 bucks, tensy jy in Oktober verjaar – dan kom jy verniet in en enige tjommies saam met jou in die kar by die hek betaal halfprys. Deal? Fok ja!
Meer details op die Facebook events page:
https://www.facebook.com/events/1411940159066758/
Hier is vir jou ‘n bietjie van ‘n aansporing in die shape van ‘n video invite. Tag somemr al jou tjommies, kom neem deel aan die pret, kyk bands, kap ‘n paar doppe en kom geniet jouself in jou moer in.
Tien jaar van Taxi Violence – Wat Kyk Jy? interview Taxi Violence
Om vir tien jaar in die SA rock scene bymekaar (en befok) te bly, sit nie in enige band se broek nie. Fokkol. Meeste clutch uit, gee op, fok op of fokken bekeer of iets simpel. Maar vir die manne van Taxi Violence is dit ‘n brotherhood of sorts, hulle is bra’s en dit wys. Hierdie maand vier Rian Zietsman, George van der Spuy, Jason Ling en Louis Nel tien jaar in die business en ook hulle vyfde album, Tenfold wat more release word.
Die eerste single, Beaten by the gun, is giftig (en verniet op Soundcloud ) EN ons launch vandag die music video vir die tune net hier waar jy sit en kyk. Hier, op Watkykjy. Dis ‘n plesier ou dier. (Video deur die Image Engineer )
Ons het ook natuurlik so bietjie met die manner loop chat daar by Kill City Blues in Woodstock (waar die guitar tracks vir hulle album ook opgeneem is).
Maak seker jy vang Taxi Violence op hulle toer regoor die land, wat more aand begin. Hulle bly een van die beste live bands, so gaan verloor jou kak (en jou waardigheid) op die dansvloer. Daar sal album vouchers en t-shirts by die shows wees, so vat ‘n geldjie. Ag toe man.
Check wanneer hulle in jou neck of the woods is by: https://www.facebook.com/taxiviolence?fref=ts
Dis naweek, kom ons fokken duik!
Saterdag short – Pockets en Dogboarding deur Daniels
‘n Boemie raak gatvol om elke aand dieselfde kos te tand en tune sy skêr dat hy vir haar ‘n special dinner gaan score. Omdat boemies nie juis jou top tipe earners is nie, besluit hy om iemand te beroof sodat hy zak het om vir hulle aandete te koop. Die ou wat hy try beroof het ‘n special power en moerse weird goeters gebeur…
Hierdie absurde shortfilm is deur Daniel Kwan en Daniel Scheinert gemaak en ons moet net nog ‘n movie deur hulle ook met julle deel – Dogboarding. Die video gaan presies oor wat die title tune: Skateboarding. Op fokken honde. Dis fokken absurd.