Sondag. Skêre met skietgoed.
Laasweek se zefspotters
Smaak my some automotive art!
Eddie
Lyk my disse Kaapse ding
Eddie
Soek nie kak met die een nie
Eddie
I recall paging through these in the 80’s… onthou julle nog?
Charl
Saw this car parked outside our building… Leka ZEF!!!
Shaun
Wat skiem jy vervoer hierdie ouens?
K-Lo
Gesien in Brits
Deon
Mayville Pretoria
Die Skot
Hi Griff
Hierdie pic het op my Facebook muur opgedaag..
Weet nie waar dit geneem is nie…..maar ek is doodseker julle wil by die auditions wees…
Cheers
Craig H van Parow
Het vandag gesien by Retail Crossing in Ruimsig.
Jannie
Wonder of hoere die wors verpak of die wors van hoere gemaak word?
Egbert
Watkykjy se Super Dosyn – Score tickets na die Bokke vs All Blacks!
Kyk, ons weet sommige van julle is bang om te kom party en bands te kyk die 4de Oktober. Van julle wil eerder die rugby kyk. Toe maak ons maar ‘n plan…
Ons gaan twaalf van julle (die Watkykjy Super Dosyn, het ons sommer besluit) in ‘n bussie met booze pak by Monte Casino en julle na die rugby toe neem by Ellispark om te kyk hoe die Bokke hopelik die All Blacks opfok die 4de OKtober. Kaptein Kortbroek gaan julle vir die dag join, so jy hoef glad nie te worry dat jy die grootste marabs by die party gaan wees nie.
Om in te skryf is heel eenvoudig. Al die details en die entry metode is op Watkykjy se kraakvars Facebook page. Klap ‘n toon soontoe.
Bittereinder! Nuwe album! Nuwe video! Nuwe toer!
Bittereinder se nuwe music video vir “Skerm” is sopas uitgepomp op die interwebsmasjien. Dit handel oor hoe ons almal ons lewens agter skerms lei. Moerse fokken diep vibes. Diep seuns met dik beats.
Jy kan ook Bittereinder se nuwe album pre-order op iTunes. Click net op die prentjie, hoor. En heel onder is ‘n flyer met al hulle toerdatums.
Ons sal kyk of ons paar tickets vir die toer na julle kant toe kan skiet:
Steve Hofmeyr is heavy fokken ghetto
Jirrrr, maats. Waar sal ons begin? Die gooses wat almal op die strand opgeline is (waarvan Steve sekerlik ‘n paar try broeknaai het), daai fokken lekker help-my-sterk-lyk skippie wat die marabs dra – dit tune “road safety” en is ingesteek by sy broek, sy delectable nineties kraagkroon? Die video is fokken besig. Wat sien jy alles raak?
Amber Heard – Woensdag se warm bokkie
Tit-bits:
Sy het in 2005 Charlize Theron se karakter gespeel in die flash backs van North Country. Sy lyk ook nogal so bietjie soos Charlize.
Sy is effens van ‘n weird goose – sy is dik tjommies met Joseph Gordon-Levitt, maar ons skiem sy friend-zone hom so bietjie. Check, sy het in Januarie 2014 verloof geraak aan Johnny Depp, maar sy het in 2010 uitgekom as ‘n boksbyter. Johnny gaan nog een aand so op een been rondhop terwyl hy sy belt afhaal in die hoop op Amber te zaber en dan gaat hy ‘n rooilig slaat as hy check sy is besig om een of ander fotograaf flossie op hulle hemelbed te skêr.
Hoe bly is ons nou dat die Bokke verloor het?
Voor ek begin kots oor kak rappie, wil ek net verduidelik dat kak rappie ook die rede is waarom ons so bietjie minder belangstelling in die game begin toon het. Superbru suig dik zaber want jy moet deesdae eerder kyk wie die ref is voor jy jou raaiskoot kan maak. Nee donner.
Back to business – as jy die storie al klaar lees wen jy dalk tickets vir die Bokke se game op Ellis Park… Once.
Sorry my chinas, maar daar is meer as genoeg rede vir ons om bly te wees dat die Bokke verloor het. Ons het amper op ons moer gekry teen die Pumas en nou het die Aussies ons so bietjie in die stort beetgekry en yes boys, ons het letterlik die seep laat val.
Hoekom sou ons dan bly wees om sonder enige teken van Vaseline, shots in die chutney te vat?
Wel, dis eenvoudig – ons coaches bly kak besluite maak en die boeremafia pas vir Heineken so mooi op dat die bra nie regtig ‘n voet verkeerd kan sit nie.
Voor ons verder moan oor die Aussie fokop, kom ons kry net gou een ding klein – Heineken is die regte bra vir die job. Yes hy is, maar vir hom om sy job reg te kan doen moet hy en sy span ook so elke nou en dan ‘n reality check kry. Ons kak en kerm daagliks oor die ANC en hoe deur die kak hulle is, maar waar is die DA, Solidariteit en al die klakouse as dit kom by iets waaroor ons so half ‘n fok voel? Net soos ons vir PDivvy opgefok het verdien die vormalige chief in charge van Blou Bul rappie ook so elke nou en dan ‘n PK.
Ek is bly ons het verloor want:
- Heineken bly Ruan Pienaar kies (die week weer) en die realiteit is dat ons skakelpaar meeste spanne laat lag. Sorry Morras, maar daai penalty wat moes uit wees is die fokken tip of the iceberg. Morras kan ‘n match winner wees, maar is nie naastenby op sy beste nie. Kies Lambie en Reinach en kry klaar. Ruan is die beste utility back in die wereld, laat hom daai job doen. Capish? Die laaitie wat julle die week gekies het is nog nie reg vir All Black rappie nie… Nes Goosen… ai ons leer nie
- Wat doen Hougaard in die span? Kyk julle fokkers nie Super Rugby nie of is ons die enigste span wat ‘n vleuel op die bank sit?
- Matfield Square hoort op die bench – finish en klaar.
- Ons speel sonder ‘n buitesenter. Kies ‘n buitesenter wat actually ‘n buitesenter is. Hierdie les is redelik laerskool. Ek gaan nie ‘n plumber bel as ek ‘n fokken sparkie nodig het nie. Wat is fout met Juan de Jongh of Subaru Sithole? Toetsrugby is so half gespesialiseerd boys – kies spesialiste vir die job of stuur punte. Dit is ook nie die plek waar ‘n bra moet leer hoe om te jol nie.
- Hou op kak praat. “Ons kan die All Blacks wen” is ‘n stupid stelling om te maak, ou Heineken. Ons kan ook ‘n man op die maan sit, maar dit gaan nie noodwendig volgende week gebeur nie. Ons was kak teen die Pumas in altwee daai games en ons was kak teen die Wallabies. “Ons speel tans kakkerig” is dalk ‘n beter angle.
So is dit verkeerd om bly te wees dat ons veloor het? Nie regtig nie. Check, ons sou befok bly gewees het as ons gewen het, want met die besluite wat tans deur die ringkoppe in ons rappie gemaak word sou ‘n sege een moerse surprise gewees het – en wie is nie happy as ‘n gamble vir ‘n slag werk nie?
Nou vir die tickets
Bra Griffin gee 12 tickets weg vir die game tussen die Bokke en die All Blacks op Ellis Park. Gaan check bietjie op Facebook hoe jy saam met die Watkyjy Super Dosyn met ‘n boozebus van Monte na die game kan gaan. Kiefpiele!
Volg Kaptein Kortbroek op twitter en check bietjie hoekom Toks hom geblock het.
“Wag vir die volgende een, dooskop” – ‘n Gids tot hysbaketiket
Sommige van ons werk in hoë geboue. Sommige van hierdie geboue is nogal hoog. Dit beteken dat sommige van hulle hysbakke het. En dit beteken dat jy ná jy ‘n uur of meer op die fokken snelweg (voel meer soos die … stadigweg! *drops microphone*) in jou metaalomhulsel met wiele moes ry tot by jou gebou, skielik in nog ‘n metaalomhulsel moet klim om by jou vloer en jou sad werkstasie uit te kom. Gelukkig is jou enigste vermaak by jou werkstasie nie een of ander sot op die radio wat dink jy hou daarvan om te luister hoe hy/sy vir sy/haar eie grappies lag nie. By die werk kan jy skelm Watkykjy lees, tot jou baas verbykom en oor jou skouer loer in die hoop om grafieke met mooi opwaartse ereksiepyltjies te sien. Soos nou. Hallo, oom baas! Piet se grafieke is disfunksioneel, jy kan maar fokof. Die probleem is nie jy nie, dis Piet. Hy’s net moeg van al die druk by die werk. So, jy is die probleem. Fok jou, oom baas.
Anyway, hysbakke. ‘n Mens sou dink etiket is redelik voor die hand liggend, want almal moet die goed gebruik, daar is net soveel van hulle en hulle is ook net so groot.
Ons by Watkykjy het egter besef die etiket is nie vir almal so duidelik nie. Daarom maak ons nou gratis hierdie gids tot hysbaketiket beskikbaar. Deel dit met jou kollegas. En met die hele wêreld. Asseblief.
(1) Wag tot mense uitklim voor jy probeer inklim
Hey, kontkop, ek weet jy’t ‘n tas by jou en dit beteken jy wil hê ek moet dink jy is belangrik. Ek het ook in ‘n stadium met ‘n tas rondgestap sodat mense dit dink. Maar eendag val die ding in ‘n hysbak oop. Slegs ‘n vrotterige appel tuimel toe na die vloer en ‘n Loslyf van 1999 dwarrel grondwaarts. Nee, ek joke net. Dit het nie gedwarrel nie.
Of jy haal nie jou oë vir ‘n oomblik van jou iPad af nie. Want jy’s mos besig om ‘n email te tik. Net poes belangrike mense stuur mos emails. Selfs al kan ek sien jou subject line is “Re: Fwd: Fwd: Fwd: Fwd: Fwd: Fwd: FUNNY CAT!!11!!!” is dit kakbelangrik – so belangrik dat jy nie kan wag vir mense om uit te klim voor jy inklim nie.
Fokken fok jou, dude. As almal gelyk probeer uitloop én gelyk probeer inloop, is dit maar basies net ‘n skrum. ‘n Skrum met een span wat in ‘n metaalblik staan wat aan ‘n kabel hang. Dis nie regverdig nie. Nes kapitalisme en shit. Nog erger as die skrum is die over polite verskonings ná die onafwendbare gestamp. Want dit vat vir fokken ewig. Want jy’s mos nie net belangrik nie, jy’s kamma nice ook. Nadat jy sonder enige geduld om waar te neem wat die mense om jou se behoeftes is net voortgepoes het in die rigting wat jy graag wil, stamp jy ‘n liggaamlik gestremde persoon se rolstoel dat dit so skeef buig, en dan sê jy “Askies, ou maat, askies,” want jy’s nice. Doos.
Nee. Jy wag tot mense afklim, dan klim jy in. Dis eenvoudig.
(2) Moenie op jou selfoon praat in die hysbak nie
Hysbakritte is reeds effe ongemaklik. Jy moet vir daai minuut of minute ‘n baie nou ruimte deel met mense wat jy nie noodwendig ken nie. Vriendelike kleinpraatjies is soms orraait. Byvoorbeeld:
“Hoe gaan dit daar by julle departement, met die nuwe (insert nuwe ding by jou departement)?”
“Nee wat, orraait. Ons leer ken nog die nuwe ding, maar dankie dat jy vra.”
“Ek is bly om dit te hoor.”
Dis pynlik, sure, maar dis draaglik. Wat ondraaglik is, is een of ander kont wat reeds kliphard op sy selfoon praat wanneer hy in die hysbak klim en dan daarmee aanhou wanneer hy in is. Jirre, man. Die acoustics is nogal sleg in ‘n hysbak, jy weet. Dis hoekom nie baie bands hysbak-gigs doen nie. So dan moet jy in gedagte hou dat jy jou volume kan aanpas, of bloot fokken nie op jou selfoon praat in die lift nie. Ek stel nie belang in hoe humorgedrewe jy en die persoon aan die ander kant van die lyn se verhouding is nie. Hou op kliphard lag in my oor. Of for that matter vra hoe dit met jou kind, of hond, of watookal gaan oor die selfoon. Fok, man, jy praat mos nou reeds hard op die selfoon, hoe suksesvol wil jy hê ons moet dink jy is? Jy’t ‘n hond en ‘n kind. En ‘n selfoon. Bra-fokken-vo. Ek het ‘n Xbox, maar ek bel nie ‘n babysitter van die hysbak af om te vra of Grand Theft Auto nog steeds effe fucked-up maar tog heerlik is nie. Fok.
En jirre, jy moet mos weet selfoonsein in hysbakke is erratic. Ek sweer, as een ou nog in ‘n hysbak klim, so hard op sy selfoon praat en dan wanneer die ding op of af gaan met eskalerende volume beginne “Sorry? Sorry? SORRY? SORRY!!!!!!”, steel ek sy beursie. Of, as dit net ek en hy is in die hysbak, poep ek kliphard. Dis meer aanvaarbaar as wat hy doen, so ek is nog steeds die beter mens.
Speaking of which …
(3) Moenie poep in die hysbak nie
Kyk, daar is min dinge so bevredigend soos ‘n lekker poep in ‘n openbare of ‘n semi-openbare ruimte. Veral as jou skill al genoegsaam gevorder is dat jy dit kan verskuil met ‘n hoes, of as jou acting skills next-level is, verontwaardig en fronsend kan rondkyk ná die poepgeluid duidelik uit jou algemene gebied opgeklink het, jou blik hou op een of ander doos van ‘n kollega waarvan jy nie hou nie, jou kop in ongeloof skud en sien hoe ander kollegas ook duidelik vir dooskollega blameer. Respek.
Maar jirre, ‘n hysbak is ‘n erg klein ruimte. Dis fine in jou kar, want jy’s alleen. Maar as jy op of af in die hysbak ry, is daar ‘n goeie kans dat dit binnekort gaan stop en iemand gaan inklim enkele sekondes ná jy daardie lieflike rrrrt-geluid losgelaat het. En die reukie wat daarmee saamgaan.
Hier’s jy alleen, dude. Jy kan nie fronsend en beskuldigend rondkyk nie, want daar’s niemand anders nie. Tensy jy fronsend en beskuldigend vir jouself kyk. As dit die geval is, het jy bes moontlik sielkundige probleme. Die hysbak bestaan nie eens nie. Jy gaan in die skag afval! Vlieg, vinnig! Oppas vir die CIA helikopters wat jou volg! Klim op labradorzilla se rug, voer hom ‘n oorskiet tjoppie en fokof Swakopmund toe! Die Duitsers sal jou veilig hou. Hulle is lekker mense. Bratwurst, die Matrix trilogy en grappies ten koste van David Cameron, heelnaweek. “Gutentag, ich komme aus Engeland, ich bin ein poeskopf, wo ist die bibliotheke?” Lekker, man. Goeie tye.
So, ja, moenie poep in die lift nie, asseblief.
(4) Moenie “Schindler’s List”-grappies maak nie.
Ja, “list” klink soos “lift”. Dis nie snaaks nie. En jy gaan bes moontlik as ‘n onsensitiewe drol beskou word, want dit lyk of jy Frikkie met die erge lisp spot, en dan kry jy ‘n dissiplinêre verhoor en Frikkie getuig jy’f ‘n doof en ‘n rifiko vir die maatfkappy, en dan’s jy werkloos. Is dit die moeite werd? Nee.
(5) Moenie die lift vat vir net een vloer nie
Dit is suiwer luigeit, en jy mors almal se tyd. Moenie lui wees nie. Durf daai vyf tot tien trappies aan, Rocky.
Dit is dan die einde van ons gids vir hysbaketiket. Voeg gerus verdere voorstelle by in die kommentaardosies. Saam kan ons die wêreld ‘n beter plek maak.
Dis naweek, kom ons fokken duik!
Kom ons skop die naweek eers af met ‘n nommertjie deur Vana, een van die members van The Oh So Serious. Hierie outjies gaan ook by die Watkykjy party jol die 4de Oktober. Dis maar net een van die 8 bands vir daardie lekker Saterdag by die Melkery, so gaan check die Facebook event uit en join. Hierdie tune se naam is City Kid Blues. Ons het nie geweet wat om met hierdie one-take video te doen nie, toe skiet ons hom sommer in die vuil back-yard. Met ‘n ou mirror. So dis nie arty vibes nie. Ons het maar net uit idees gerun. Want drank…
Vir die bra’s van julle wat eerder daai dag die Bokke teen die All Blacks wil gaan kyk, gee ons twaalf kaartjies weg na die game. Jy word met ‘n booze bussie opgetel en afgelaai by Montecasino. Gaan enter daai kompetisie op Watkykjy se plinternuwe Facebook page. Kan ons asseblief orderlik verdaag? Dis nou naweek…
Sondag. Skêre met skietgoed.
Kry vir jou ‘n vissie. Want Maandag.
Laasweek se zefspotters
Rapsaad olie klink lekkerder in Deens, maar die Sweede naam vir panty liners – trosskyd… nee jissis !!
Groete Paulus
Gespot in Bellville Suid
Wesley
Zeph Nairobi style
Gert
Fok maar bellville suid kook met die tange vandag
Wesley
Mafoko
Piet
Zef Spotter in Polokwane
Potties
‘n Boks in Doosburg
Thelsa
Gesien in Rustenburg….
Peet
Check wat ek gesien het buite die Costume Shop in Centurion.
Reed
Gespot in JHB
Sumixx
Gespot by n kuierplek in Mokopane
Sumixx
aKing release hulle vierde studio album, Morning After.
aKING launch moreaand (Woensdag 17 September) hulle vierdie studio album, Morning After by Assembly in Kaapstad. Hierdie album het hulle so net oor die agtien maande geneem om te record en hulle het die hele storie op hulle eie produce. Dis opgeneem in sitkamers en slaapkamers van band members.
Slat more uit by Assembly vir ‘n lekker show. Details vir die launch/gig is hierso onder hulle nuwe video vir Man Unkind.
Datum: Wednesday, 17 September
Plek: The Assembly, Cape Town
Adres: 61 Harrington Street, District Six
Deure maak 21:00 oop
Tickets: R30 voor 10pm / R50 na 10pm / R40 by Webtickets
Facebook event: https://www.facebook.com/events/273717319503470/
Jennifer Aniston – Woensdag se warm bokkie
Tit-bits:
Meeste mense weet wie sy is en ken haar van Friends af. Dis 20 jaar terug. Jirre, jy voel nou lekker oud, huh? Wat jy maybe nie geweet het nie, was dat haar heel eerste rol in Mac And Me was – so horrible boktos ET rip-off wat in 1988 uitgekom het. Dis fokken aaklig.
Meer onlangs sal jy haar onthou vir haar rolle in We’re the Millers waar sy ‘n kakhot stripper is asook Horrible Bosses – waar sy ‘n vreeslike jagse dentist is wat net heeltyd haar assistent wil naai.
Dis half moelik om te besluit of Brad Pitt kak aangejaag het deur haar te los. Angelina is net so fokken lekker.
Maak jy uit van die Melkery?
Jy behoort teen hierdie tyd heel bewus te wees van Watkykjy se moerse party die 4de Oktober by Die Melkery, maar sommige van julle weet dalk nie watse befokte venue die plek is nie. Behalwe dat Watkykjy jaarliks ‘n vet somer jol daar gooi, is die Melkery ook ‘n kief plek om jou birthday, bachelor’s parties of weddings te klap. Hoekom pop jy nie sommer by ons party in om die plek te kom scope nie? Om jou die plek bietjie te leer ken het ons verlede week so paar shots gaan neem daarso en sommer gemix met so paar highlights van verlede jaar se party (wat befok lekker was). Die tune in die video se naam is Black & Blue deur The Slashdogs (wat jy ook by die party te siene gaan kry).
Jou line-up lyk so vir die dag:
Panjo The Missing Tiger – https://www.facebook.com/PanjoTheMissingTiger?fref=ts
Liela Groenewald – https://www.facebook.com/zafolkpunk?fref=ts
Die Skynmaagde – https://www.facebook.com/pages/Die-Skynmaagde/279081948796806?fref=ts
The Oh So Serious – https://www.facebook.com/pages/The-Oh-So-Serious/475884372557492?fref=ts
Coelacanth – https://www.facebook.com/Coelacanthband?fref=ts
Bright Lights Big City – https://www.facebook.com/BLBCband?fref=ts
Cortina Whiplash – https://www.facebook.com/cortinawhiplash?fref=ts
The Slashdogs – https://www.facebook.com/pages/The-Slashdogs/24028039802?fref=ts
Teen slegs R150 is hierdie ‘n absolute fokken bargain. Bring jou tent en kom kamp verniet oor sodat jy lekker gesous kan raak die aand. Daar sal moerse lekker kos te koop wees, craft bier asook ander stalletjies wat goedjies gaan smous. Kom support die beste local musiek in die mooiste maand en neem sommer deel aan die Dooskar Derby om zak te wen. Bring cash saam – daar is nie ‘n ATM of credit card fascilities nie.
As jy in Oktober verjaar kom jy for fokken free in, en al jou tjommies saam met jou in die kar betaal net halfprys.
Join die Facebook event vir die Watkyky jol – https://www.facebook.com/events/1411940159066758/
GPS:
-26.032280, 28.347516
-26° 1′ 56.21″, +28° 20′ 51.06″
O ja, en hier is die Skynmaagde om jou op hulle eie weird manier uit te nooi na die jol toe. Die kakwarm chicks van Cortina Whiplash was gister by Watkykjy HQ, so ons sal daai video volgende week vir julle drop…
Paaldanser rook zol en smeer ‘n paal iets vreesliks
Die goose moet net bietjie ‘n trick of twee leer: As jy 40 liter zol in jou longe intrek voor jy jou paaldansery begin, gaan jy noodwendig jou video in fokken portrait skiet in plaas van landscape – laat dit sommer ‘n les vir julle daarbuite ook wees. Dit lyk fokken tos.
Maar mens kan seker nie veel verwag van ‘n hippe wat ‘n tattoo van ‘n pappegaai op haar bobeen tattoo het nie. Sy het seker bedoel om ‘n prentjie van papegaaslaai aan te bring. Sy noem haarself Soren Shine (haar regte naam moet iets viesliks wees) en sy weet hoe om ‘n paal te bewerk.
Dis naweek, kom ons fokken duik!
Kom ons hou dit kort:
Reminder 1: Die fokken Watkykjy party 4 Oktober (jy kan jou eie coolerbox vol drank ook bring, het ons besluit)
Reminder 2: Join die Watkykjy Facebook page en score kaartjies na die Bokke vs Die All Blacks (ook op 4 Oktober)
Saterdag short –“Where are They Now?” deur Steve Cutts
Al gewonder hoe die lewens van Jessica Rabbit en haar tjommies in cartoon land vir ‘n bol kak gegaan het sedert die 80s? Steve Cutts ook. Toe animate hy so ‘n ietsie daaroor. Cutts is ‘n illustrator en animator wat vanuit Londen werk en voorheen vir groot companies soos Coca-cola, Google, Reebok, Kellogg’s, Virgin, Nokia, Sony, Bacardi en Toyota so paar dinge aanmekaargeslaan het. Hy werk meestal met After Effects, Flash en Photoshop.
Behalwe vir die “Where Are They Now?” video met Jessica Rabbit as die narrator, het hy so rukkie terug ook ‘n animation opgetower oor Melissa Bachan, daai trigger happy sker met skietgoed (en poesgroot tiete) wat diere so wild en wakker in Suid-Afrika kom skiet het en selfies geneem het. Jirre, die hele Suid-Afrika was die fok in gewees vir haar…
Volg sommer vir Steve op Twitter ook:
https://twitter.com/Steve_Cutts
Sondag. Skêre met skietgoed.
Visgat. Want jy’s ‘n zefgat.
Lekker fokken damduiker vibes hierdie. Dis hoekom jy soms ‘n dag in die week moet af vat as jy wil gaan speel by die dam, want hierdie ouens hang daar uit oor die naweke. Sondae gelukkig eers van 11am af, want hulle sit met hangovers in die kerk en bid solank die volgende week se sondes weg…