…maar dit weet weet julle nou al lankal. Wat julle maybe nie weet nie is dat daar nog tickets beskikbaar is. Check, met enige groot show wat SA toe kom sit die mense die servers plat in die eerste halfuur en dan skiem almal "sold out". Ons is mos fokol gewoond. Toe skiem ek omdat vandag payday is dat ek gou gaan kokkenodge of dit wel die geval is en blaas my siel, ek kon tickets koop vir sy show in Joburg. Ongelukkig kan ons nie soos met Metallica 'n hele mission daarvan maak nie, want Kaapstad is sold out.
Check, daar is nog so paar seats oor by FNB vir 1 Februarie (volgende Saterdag)
Nog 'n belangrike ding is om te weet watse tunes die ballie gaan spin, sodat ek dit met my goose se haarborsel voor die spiëel kan oefen, toe kom ek op hierdie lekker infographic af. So paar hipsters in Kaapstad het gaan staan en info opgrawe oor Bruce Springsteen se laaste 2000 concerts sodat fans kan check wat die kans is dat hulle favourite tunes gejol gaan word. Klink na 'n moerse mission, maar die werk is gedoen, so jy hoef nie te komkommer nie. Click op die ding vir full size. Checkityt:
As jy te arm is vir tickets of jou pay nog nie geclear het nie (hello, kredietkaart!), hier is in elk geval so paar lekker tunes van Oom Bruce om jou Vrydag met so 15 minute korter te maak. Eet sommer jou toebas by jou desk en sit laag terug in jou stoel:
Born to run (#1)
Born in the U.S.A. (#7)
Dancing in the dark (#10)








